Noordvaal Sewestoernooi word vanjaar regstreeks gebeeldsend
Die Noordvaal Sewestoernooi word vanjaar die derde keer aangebied. Al twee vorige toernooie was soos vanjaar se toernooi deur die Hoerskool Menlopark aangebied. Al die wedstryde op die A-veld sal regstreeks op School of Rugby gebeeldsend word.
Helpmekaar-kollege van Johannesburg sal as die vroee gunsteling om die kroon te dra die toernooi in die o.17-afdeling betree. Helpies kan sterk teenstand van Monument van Krugersdorp, HTS Middelburg en EG Jansen verwag.
Die Afrikaanse Hoer Seunskool wat onlangs as die Blou Bulle se kampioen gekroon is, neem nie aan die toernooi deel nie. Die span van Affies is waarskynlik die sterkte span noord van die Vaalrivier.
Garsfontein en Eldoraigne behoort ook nie sonder handskoene in die o.17-afdeling aangepak word nie.
Die o.15-afdeling se eindstryd skop Saterdag om 16:10 af, terwyl die hoofmaal, die eindstryd van die o.17-afdeling om 16:40 begin.
Die Groepe is (o.17):
Groep A: Eldoraigne, Die Anker, Nelspruit, Louis Trichardt.
Groep B: Monument, Oos-Moot, Rustenburg, EG Jansen.
Groep C: Kemptonpark, Ben Vorster, Garsfontein, Helpmekaar-kollege.
Groep D: HTS Middelburg, Menlopark, Pretoria Boys’ High, Florida.
Vrydag se bepalings (o.17):
Hoofveld – 13:00: Eldoraigne vs. Die Anker; 13:20: Nelspruit vs. Louis Trichardt; 13:40: Kempton Park vs. Ben Vorster; 14:00: Garsfontein vs. Helpmekaar; 14:20: Monument vs. EG Jansen; 14:40: Oos-Moot vs. Rustenburg; 15:00: Eldoraigne vs. Louis Trichardt; 15:20: Nelspruit vs. Die Anker; 15:40: Kemptonpark vs. Helpmekaar; 16:00: Garsfontein vs. Ben Vorster; 16:20: Monument vs. Rustenburg; 16:40: Eldoraigne vs. Nelspruit; 17:40: Garsfontein vs. Kemptonpark; 18:00: Helpmekaar vs. Ben Vorster; 18:20: HTS Middelburg vs. Pretoria Boys’ High; 18:40: Menlopark vs. Florida.
B-veld – 13:00: Monument vs. Oos-Moot; 13:20: EG Jansen vs. Rustenburg; 13:40: HTS Middelburg vs. Menlopark; 14:00: Pretoria Boys’ High vs. Florida; 15:40: HTS Middelburg vs. Florida; 16:00: Menlopark vs. Pretoria Boys’ High; 16:20: EG Jansen vs. Oos-Moot; 16:40: Die Anker vs. Louis Trichardt.
Vrydag se bepalings (o.15):
B-veld – 14:20: Transvalia vs. Pietersburg; 14:40: Centurion vs. Helpmekaar; 15:00: HTS John Vorster vs. HTS Tom Naude; 17:40: Monument vs. Klerksdorp; 18:00: Zwartkop vs. EG Jansen; 18:20: Secunda vs. Montana; 18:40: Menlopark vs. Florida.
C-veld – 13:00: HTS John Vorster vs. Kemptonpark; 13:20: Nelspruit vs. HTS Tom Naude; 13:40: Monument vs. Zwartkop; 14:00: Klerksdorp vs. EG Jansen; 14:20: Secunda vs. Menlopark; 14:40: Montana vs. Florida; 15:00: Monument vs. EG Jansen; 15:20: Zwartkop vs. Klerksdorp; 15:40: Transvalia vs. Helpmekaar; 16:00: Pietersburg vs. Centurion; 16:20: Secunda vs. Florida; 16:40: Menlopark vs. Montana; 17:40: HTS John Vorster vs. Nelspruit; 18:00: Kemptonpark vs. HTS Tom Naude; 18:20: Transvalia vs. Centurion; 18:40: Helpmekaar vs. Pietersburg.




