Noordvaal se uitslae van 7 Junie 2014
Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Nelspruit het die bordjies teen die Hoërskool Middelburg in die halfeindstryd van die Pumas se afdeling vir makro-skole verhang om tot die eindstryd teen die HTS Middelburg deur te dring.
Nelspruit se Rhinos het Middelburg met 27-12 uitoorlê nadat hy die vorige week teen die einste span met 11-10 die knie moes buig.
Wessel Muller, die Rhinos se puik losskakel, het 17 van sy span se punte aangeteken. Hy het een van sy span se drie drieë gedruk, al die drieë verdoel en ook twee strafdoele deur die pale gejaag.
Die Rhinos is met die oorwinning ook verseker van sy plek in die hooftrekking van die Beeldtrofee vir makro-skole. Pennypinchers en Timbercity is medeborge van dié reeks.
) Garsfontein se eerste span is vir die eerste keer in sy geskiedenis as provinsiale kam-
pioen van die Blou Bulle gekroon. Die span het Saterdag vir Centurion met 64-28 kafgedraf.
JP Wegner, Garsies se losskakel, het nie minder nie as 26 punte in die oorwinning aangeteken. Hy het twee keer agter Centurion se doellyn gaan kuier en ook met agt van die nege doelskoppe na die pale geslaag.
Affies het Eldoraigne met
44-18 geklop, maar sake het nie so vlot verloop in die eerste helfte vir die wenspan nie. DP du Plessis, Affies se vaskopstut, het drie keer agter Eldoraigne se doellyn gaan kuier.
) EG Jansen van Boksburg was Saterdag te sterk vir die Hoërskool Rustenburg en was met 57-15 in die twee spanne se kragmeting baas.
Martin van Wyk, die wenspan se heelagter, het met sy aanvallende spel beïndruk. Hy het telke male te veel vaart vir Rustenburg se verdedigers gehad en hulle aan die buitekant geklop.
Van Wyk het ook die aanvoorwerk vir twee van die vleuel
Juan Botha se vier drieë gedoen.
Van Wyk het self ’n driekuns aan drieë behaal. Sy derde drie was sy 100ste vir die skool van Boksburg sedert o.14-vlak, wat hy ook gepas met ’n bollemakiesie gevier het.
Voorlangs was Quinton van der Schyff, slot en kaptein, en Nico Peyper, haker, uitblinkers.
Rustenburg se troepe verdien egter lof vir hul veggees. Die span het nooit gaan lê nie en Danick Pheiffer, senter, Brenden Esterhuyse, flank, en Tokkie Visser, skrumskakel, het met hul spel beïndruk.
) Christopher Schimper, losskakel van Kemptonpark, was in ’n vernietigende bui in sy span se wedstryd teen Die Anker. Hy het 26 van sy span se punte in sy sege van 66-12 aangeteken. Schimper het dubbele driedruk-plesier ervaar en ook agt doelskoppe deur die pale gejaag.
) Bekker van Magaliesburg het op sy tuisveld met ’n naelbyt-sege van 17-15 oor Goudrif gesorg dat hy in die afdeling vir medium-skole tweede in die Leeus-streek op die puntelys eindig.
Monument het sy oorheersing in die Leeus se makro-skole bevestig deur Marais Viljoen gemaklik met 77-26 af te ransel. Armandt Grobler, Monnas se vleuel, en Gavin Delport, flank, het elk drie keer Marais Viljoen se doellyn oorgesteek.
S’busiso Nkosi, die Leeus se Cravenweek-senter, was aan die spits van Jeppe se sege van 47-7 oor die St. Alban-kollege met ’n driekuns aan drieë.
) Die Hoërskool Klerksdorp en Lichtenburg het met klinkende seges oor onderskeidelik Potchefstroom Gimnasium (60-27) en Potchefstroom Volkskool
(58-14) hul posisies in die Luiperds se grootskole-afdeling versterk. Lichtenburg is nog onoorwonne in die liga.
) BLOU BULLE
Garsfontein 64: Drieë: JP Wegner (2), Franco Naudé, Hencu Smit, Jaco Bezuidenhout, Lyle Maart, Embrose Papier, Conree Poole, Shakeel Fredericks. Doelskoppe: Wegner (8). Skepdoel: Arno Maree. Centurion 28.
Affies 44: Drieë: DP du Plessis (3), Eduan Keyter (2), Rohan Roelofse (2). Doelskoppe: Eddie Fouché (3). Strafdoel: Fouché. Eldoraigne 18: Drieë: Awie Smal, Jeandté de Kock. Doelskop: Tristan van Schalkwyk. Strafdoele: Van Schalkwyk (2).
Makro skole – o.16: Garsfontein 64, Centurion 13; Affies 71, Eldoraigne 7. o.15: Garsfontein 73, Centurion 3; Affies 29, Eldoraigne 3. o.14: Garsfontein 36, Centurion 0; Affies 44, Eldoraigne 0.
Groot skole – Eerste spanne: Tuine 49, Wagpos 11; Oos-Moot 30, Pretoria-Noord 18; Overkruin 27, HTS Tuine 6. o.16: Wagpos 20, Tuine 18; Oos-Moot 20, Pretoria-Noord 7; Overkruin 72, HTS Tuine 0. o.15: Tuine 35, Wagpos 7; Oos-Moot 50, Pretoria-Noord 5; HTS Tuine 19, Overkruin 15. o.14: Wagpos 38, Tuine 0; Oos-Moot 29, Pretoria-Noord 22; HTS Tuine 26, Overkruin 5.
Medium skole – Eerste spanne: Wilgers 17, Midstream-kollege 11; Erasmus 47, Southdowns-kollege 28. o.16: Southdowns-kollege 29, Midstream-kollege 19. o.15: Midstream-kollege 41, Southdowns-kollege 12; Erasmus 29, Wilgers 15. o.14: Midstream-39, Akasia 5; Erasmus 37, Wilgers 31.
) LEEUS
Monument 77: Drieë: Armandt Grobler (3), Gavin Delport (3), Jacques Joubert, Vean Roodt, Juan Lemmer, Stefan Fitzgerald, Jaco Holtzhausen, Len Massyn, Odwa Nkunjane. Doelskoppe: Grobler (4), Delport, Rhyno Herbst. Marais Viljoen 26.
Bekker 17: Ruan le Grange, Sandile Makhaza, Dirk Erlank. Doelskop: Willem Koegelenberg. Goudrif 15: Drieë: Jaco Lubbe, Gareth Campbell. Doelskop: Damian Britz. Strafdoel: Britz.
Jeppe Boys’ High 47: Drieë: S’busiso Nkosi (3), Emanuel Marowane (2), Robbie Hartly, Hachiva Dayimani, Sibusiso Mngomezulu. Doelskoppe: Bradley van Waardhuizen. St. Alban-kollege 7.
Makro skole – o.15: Monnas 77, Marais Viljoen 0. o.14: Monnas 41, Marais Viljoen 0.
Groot skole – Eerste spanne: Riebeeckrand 33, Dinamika 19; Randburg 43, Alberton 0; Bastion 44, Jan Viljoen 12. o.16: Dinamika 33, Riebeeckrand 3; Randburg 13, Alberton 13; Jan Viljoen 40, Bastion 12. o.15: Riebeeckrand 33, Dinamika 5; Alberton 28, Randburg 13; Jan Viljoen 19, Bastion 18. o.14: Riebeeckrand 21, Dinamika 14; Alberton 24, Randburg 5; Jan Viljoen 39, Bastion 5.
Medium skole – Eerste spanne: President 19, Carletonville 17; Leeuwenhof 21, Fochville 17. o.16: Bekker 41, Goudrif 7; President 14, Carletonville 14; Leeuwenhof 15, Fochville 15. o.15: Bekker 36, Goudrif 10; Carletonville 14, President 10; Leeuwenhof. 22, Fochville 21. o.14: Bekker 34, Goudrif 5; President 36, Carletonville 12; Fochville 15, Leeuwenhof 10.
Ander – Eerste spanne: Florida 38, Noordheuwel 11; King Edward VII 26, Pretoria Boys’ High 19; o.16: Noordheuwel 22, Florida 10; KES 34, Pretoria Boys’ High 14; Jeppe 40, St. Alban-kollege 16. o.15: Noordheuwel 24, Florida 19; KES 16, Pretoria Boys’ High 3; Jeppe 12, St. Alban-kollege 0. o.14: Noordheuwel 22, Florida 10; KES 17, St. Alban-kollege 0; Jeppe B 26, St. Alban-kollege A 0.
) LIMPOPO
Eerste spanne – Tom Naudé 35, Piet Potgieter 7; Ellisras 31, Warmbad 10; Hans Strijdom 29, Ben Viljoen 17; Frikkie Meyer 40, Affies III 7. o.16: Tom Naudé 20, Piet Potgieter 15; Ellisras 63, Warmbad 7; Ben Viljoen 34, Hans Strijdom 30; Frikkie Meyer 22, Affies C 15. o.15: Tom Naudé 24, Piet Potgieter 24; Ellisras 29, Warmbad 5; Ben Viljoen 7, Hans Strijdom 5; Frikkie Meyer 21, Affies D 0. o.14: Piet Potgieter 69, Tom Naudé 0; Ellisras 65, Warmbad 0; Ben Viljoen 26, Hans Strijdom 19; Frikkie Meyer 22, Affies B 0.
) LUIPERDS
Hoërskool Klerksdorp 60: Phillip Barlow-Jones (2), Des Waldeck, Thabang Pathidi, Adriaan Snyman, Ameru van Wyk, Edmund Rheeder, Paul Maluleke. Doelskoppe: Erick Hougaard (7). Strafdoele: Hougaard (2). Potchefstroom Gimnasium 27.
Vryburg 54: Drieë: Francois Pelser (2), Joe van Huysteen (2), Johan Meyer, BF van Staden, André Cloete, TD van den Berg. Doelskoppe: Van Staden (4). Strafdoel: Van Staden. Schoonspruit 5.
Schweizer-Reneke 36: Drieë: Freddie Botha, Wian Gagiano, Jaco Swanepoel, Johann Ekkerd, Benjamin Maass, Jano Smith. Doelskoppe: Hanno Smith (3). Zeerust 7.
Ander – Eerste spanne: Lichtenburg 58, Potchefstroomse Volkskool 14; Bergsig 50, Grenswag 0; St. David-kollege 44, Potchefstroom Boys’ High 14. o.17: Schweizer-Reneke 31, Zeerust 3. o.16: Potch Volkies 10, Lichtenburg 8; Bergsig 12, Grenswag 10; Zeerust 20, Schweizer-Reneke 11; Potchefstroom Boys’ High 28, St. David-kollege 28. o.15: Lichtenburg 43, Potch Volkies 0; Bergsig 24, Grenswag 12; Potchefstroom Boys’ High 22, St. David-kollege 20. o.14: Lichtenburg 20, Potch Volkies 17; Potchefstroom Boys’ High 17, St. David-kollege 14.
) PUMAS
Hoërskool Nelspruit 27: Georg Muller, Wessel Muller, Riaan le Roux. Doelskoppe: Wessel Muller (3). Strafdoele: Wessel Muller (2). Hoërskool Middelburg 12: Drieë: Chris Hanekom (2). Doelskop: Hanekom.
Secunda 43: Drieë: Bongeka Mahlangu (3), Dylan Erasmus, Christiaan Wessels, Mark Jacobs, Dalton Smit. Doelskoppe: Christiaan Naudé (4). Oosterland 19.
Groot skole – Eerste spanne: Piet Retief 29, Generaal Hertzog 20; Volksrust 22, Ermelo 12; Ligbron 29, Standerton 27; Lydenburg 26, Rob Ferreira 12. o.16: Secunda 78, Oosterland 3; Piet Retief 36, Generaal Hertzog 5; Ermelo 68, Volksrust 0; Ligbron 19, Standerton 17; Rob Ferreira 27, Lydenburg 19. o.15: Secunda 78, Oosterland 0; Piet Retief 69, Generaal Hertzog 0; Ermelo 45, Volksrust 5; Ligbron 40, Standerton 0; Lydenburg 25, Rob Ferreira 15. o.14: Secunda 81, Oosterland 0; Piet Retief 40, Generaal Hertzog 5; Standerton 17, Ligbron 10; Rob Ferreira 17, Lydenburg 5.
) VALKE
Kempton Park 66: Drieë: Christopher Schimper (2), Juandré van der Walt (2), Thinus Grundlingh, Marco Carstens, Hanno van Tonder, Stefan Martignalia, Daniël Terblanche, Michael Collins. Doelskoppe: Schimper (8). Die Anker 12.
EG Jansen 57 (33): Drieë: Juan Botha (4), Martin van Wyk (3), Eben Buitendach, Xander Crause. Doelskoppe: Delano Kotze (6). Hoërskool Rustenburg 15 (8): Drieë: Joggie Jansen, Carl Richter. Doelskop: Trevor Visser. Strafdoel: Visser.
Makroskole – o.16: Kempton Park 25, Die Anker 19. o.15: Kempton Park 26, Die Anker 12. o.14: Kempton Park 15, Die Anker 10.
Groot skole – Eerste spanne: Hugenote 74, Benoni High 7; Oosterlig 45, Springs Boys’ High 16; Hans Moore 68, Elspark 0; Transvalia 79, Dr. Malan 0. o.16: Hugenote 57, Benoni High 9; Oosterlig 78, Springs Boys’ High 5; Hans Moore 43, Elspark 0; Transvalia 31, Dr Malan 0. o.15: Hugenote 71, Benoni High 0; Oosterlig 41, Springs Boys’ High 3; Hans Moore 52, Elspark 0; Transvalia 20, Dr Malan 15. o.14: Hugenote 57, Benoni High 0; Oosterlig 32, Springs Boys’ High 5; Hans Moore 51, Elspark 0; Transvalia 68, Dr Malan 3.
Mediumskole – Eerste spanne: Brandwag 52, Birchleigh 0; Die Ankerskool 29, Drie Riviere 18. o.16: Birchleigh 12, Brandwag 10. o.15: Brandwag 62, Birchleigh 29; Drie Riviere 57, Die Ankerskool 12. o.14: Brandwag 39, Birchleigh 14.
- DBE Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-16
- IEB Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-15
- Rondebosch finish the prestigious Peninsula Festival as the only unbeaten side - 2025-01-12