Noord Suid Derby se bepalings vir 2020 bekend
Die Donkies van HTS Drostdy sal heel gepas in die openingswedstryd van die jaarlikse Noord Suid Derby teen Ben Vorster van Tzaneen te staan kom. Dit behoort ‘n opwindende kragmeting te wees en die toon aan te gee vir die fees van rugby wat Worcester se 200ste bestaansjaar sal help vier.
Die twee spanne het mekaar vroeër vanjaar in Uitenhage tydens die Noord Suid Derby ook ontmoet. HTS Drostdy was toe met 26-12 baas.
Die Donkies en die Vossies se wedstryd onder spreiligte op Trappespark sal die enigste kragmeting op die eerste dag van die rugbyfees wees. Die Vossies het vanjaar die titel as kampioen van die Virsekerbeker Plaat-afdeling verower.
Worcester Gimnasium sal die daaropvolgende dag in die hoofwedstryd op Trappespark teen Marais Viljoen van Alberton te staan kom.
HTS Drostdy sal in sy ander twee wedstryde teen Secunda en Lichtenburg te staan kom. Worcester Gimnasium kom in sy ander twee wedstryde teen die Hoërskool Middelburg en Ben Vorster te staan. Die Middies het vanjaar in die eindstryd van die Virsekerbeker se Skild-afdeling teen Hugenote van Springs die knie gebuig.
Die bepalings is:
Vrydag, 20 Maart 2020
17:30 – HTS Drostdy vs Ben Vorster
Saterdag, 21 Maart 2020
09:20 – Tygerberg vs Hoërskool Middelburg
10:40 – Lichtenburg vs New Orleans
12:00 – HTS Daniël Pienaar vs Secunda
12:20 – Kearsney College vs Transvalia
14:40 – Worcester Gimnasium vs Marais Viljoen
Maandag, 23 Maart 2020
08:00 – HTS Daniël Pienaar vs Marais Viljoen
09:20 – New Orleans vs Transvalia
10:40 – Ben Vorster vs Kearsney College
12:00 – Hoërskool Middelburg vs Worcester Gimnasium
13:20 – HTS Drostdy vs Secunda
14:40 – Lichtenburg vs Tygerberg
Woensdag, 25 Maart 2020
Trappespark
08:00 – Transvalia vs HTS Daniël Pienaar
09:20 – Kearsney College vs Marais Viljoen
10:40 – Ben Vorster vs Worcester Gimnasium
12:00 – HTS Drostdy vs Lichtenburg
Steelkant
10:20 – New Orleans vs Hoërskool Middelburg
11:40 – Tygerberg vs Secunda
[powr-comments id=”c175a4ff_1572332485383″]