Noord/Suid Derby groei van krag tot krag

Die Noord-Suid Derby gaan van krag tot krag.
Daar sal vanjaar agt skole aan die toernooi deelneem. Vanjaar se toernooi vind van 16 tot 20 Maart by HTS Daniël Pienaar in Uitenhage plaas.
Hoewel Kearsney College nie weer vanjaar aan die toernooi deelneem nie, het drie ander skole Nico Malan van Humansdorp, Ben Vorster van Tzaneen en die Hoërskool Strand is die nuwelinge.
Die gasheer sal op die eerste dag teen Marais Viljoen van Alberton in die hoofwedstryd van dié dag te staan kom. Die Tiere van Uitenhage sal vanjaar wil verbeter op sy vertonings wat hy verlede jaar gelewer het.
Marais Viljoen was verlede jaar met 27-12 in die wedstryd tussen die twee spanne baas.
Die vernaamste voorwedstryd op die eerste dag sal ook ‘n herontmoeting tussen HTS Drostdy en Transvalia wees. Albei die spanne het verlede jaar onder die voorste 20 skolespanne in die land getel en verlede jaar se stryd was sonder twyfel die hoogtepunt van die toernooi.
Die Donkies van Drostdy was op die dag met 30-21 baas danksy stukkies skitterende spel deur die heelagter, Cohen Jasper, en losskakel, Shaun Baxter.
Die wedstryd tussen Nico Malan en Ben Vorster op die eerste dag sal ook heelwat aandag trek. Albei skole se rugbyprogramme is feitlik in dieselfde bootjie dat hulle weens hul ligging nie so gereeld van die groter honde die stryd kan aansê nie.
Albei skole speel aanvallende rugby en dit behoort vir heelwat vuurwerk op die eerste dag te sorg.
Transvalia sal in sy ander twee wedstryde van die toernooi teen HTS Daniël Pienaar en Nico Malan te staan kom. HTS Drostdy het waarskynlik die moeilikste loting van al die spanne met ontmoetings teen Ben Vorster en Marais Viljoen wat ook op hom wag. Daar kan verwag word dat Marais Viljoen vanjaar ‘n veel meer gedugte span in die veld sal stoot.
Die bepalings is:
Saterdag, 16 Maart 2019
A-veld
08:00 – o.16 – HTS Drostdy vs Transvalia
09:20 – o.16 – Nico Malan vs Ben Vorster
11:00 – o.19 – Hoërskool Middelburg vs Strand
12:30 – o.19 – Ben Vorster vs Nico Malan
13:50 – o.19 – HTS Drostdy vs Transvalia
15:10 – o.19 – HTS Daniël Pienaar vs Marais Viljoen
B-veld
08:00 – o.16 – Hoërskool Middelburg vs Strand
09:20 – o.16 – HTS Daniël Pienaar vs Marais Viljoen
11:00 – o.15 – Ben Vorster vs Nico Malan
12:30 – o.14 – HTS Drostdy vs Transvalia
13:50 – o.14 – Nico Malan vs Ben Vorster
C-veld
08:00 – o.15 – HTS Daniël Pienaar vs Marais Viljoen
09:20 – o.15 – HTS Drostdy vs Transvalia
11:00 – o.14 – HTS Daniël Pienaar vs Marais Viljoen
12:30 – o.14 – Strand vs Hoërskool Middelburg
13:50 – o.15 – Strand vs Hoërskool Middelburg
Maandag, 18 Maart 2019
A-veld
08:00 – o.16 – Strand vs Marais Viljoen
09:20 – o.16 – HTS Daniël Pienaar vs Transvalia
11:00 – o.19 – Marais Viljoen vs Strand
12:30 – o.19 – Transvalia vs HTS Daniël Pienaar
13:50 – o.19 – Nico Malan vs Hoërskool Middelburg
15:10 – o.19 – HTS Drostdy vs Ben Vorster
B-veld
08:00 – o.14 – HTS Drostdy vs Ben Vorster
09:20 – o.16 – Nico Malan vs Hoërskool Middelburg
11:00 – o.15 – HTS Drostdy vs Ben Vorster
12:30 – o.15 – Nico Malan vs Hoërskool Middelburg
13:50 – o.14 – Transvalia vs HTS Daniël Pienaar
C-veld
08:00 – o.15 – HTS Daniël Pienaar vs Transvalia
09:20 – o.14 – Strand vs Marais Viljoen
11:00 – o.14 – Hoërskool Middelburg vs Nico Malan
12:30 – o.15 – Marais Viljoen vs Strand
13:50 – o.16 – Ben Vorster vs HTS Drostdy
Woensdag, 20 Maart 2019
A-veld
07:15 – o.19 – HTS Drostdy vs Marais Viljoen
08:30 – o.19 – Ben Vorster vs Strand
09:45 – o.19 – HTS Daniël Pienaar vs Hoërskool Middelburg
11:00 – o.19 – Transvalia vs Nico Malan
B-veld
07:15 – o.16 – HTS Drostdy vs Marais Viljoen
08:30 – o.16 – Strand vs Ben Vorster
09:45 – o.16 – HTS Daniël Pienaar vs Hoërskool Middelburg
11:00 – o.16 – Nico Malan vs Transvalia
C-veld
07:15 – o.15 – HTS Drostdy vs Marais Viljoen
08:30 – o.15 – Strand vs Ben Vorster
09:45 – o.15 – HTS Daniël Pienaar vs Hoërskool Middelburg
11:00 – o.15 – Nico Malan vs Transvalia
Bergsig
07:15 – o.14 – HTS Drostdy vs Marais Viljoen
08:30 – o.14 – Strand vs Ben Vorster
09:45 – o.14 – HTS Daniël Pienaar vs Hoërskool Middelburg
11:00 – o.14 – Transvalia vs Nico Malan
[powr-comments id=”3c427b79_1550919944828″]





