Noord-Kaap verdedig trotse tuisrekord teen Klofies
Die rugbyspan van Hoërskool Noord-Kaap sal more sterk op ‘n getroue bondgenoot se steun staatmaak wanneer hy teen Hoërskool Waterkloof in Kimberley uitdraf. Northerns het laas in Kimberley en op sy tuisveld in 2008 teen Landboudal van Jacobsdal in hulle ligawedstryd die knie gebuig.
Die tuisspan sal moontlik more sonder sy inspirerende kaptein en slot, Lehan Muller moet klaarkom wat weens ‘n besering nog later vandag ‘n fiksheidstoets moet slaag. Die span het buiten Muller ook nog heelwat ander spelers wat met ligte beserings sukkel. Die span se afrigter, Henk Brand sal moontlik van hierdie spelers tydens die wedstryd moet vervang.
Landboudal van Jacobsdal het in 2008 ook in die halfeindstryd vir Noord-Kaap op Jacobsdal geklop. Die span van Kimberley sal egter vandag sterk op sy bondgenoot in sy tuisveld, Pirates staatmaak. Daar moet egter ook genoem word dat die span van Kimberley nie baie wedstryde jaarliks op sy tuisveld speel nie.
Waterkloof en Noord-Kaap kon albei nie daarin slaag om op die Wildeklawer-toernooi verlede week ‘n oorwinning te behaal nie. Klofies het teen die land se twee voorste spanne Outeniqua (19-39) en Paarl Gimnasium (6-34) die knie gebuig. Northerns was teen EG Jansen (12-36) en Boland Landbou (16-20) aan die verloorkant.
Klofies sal die wedstryd sonder sy gereelde kaptein en agtsteman, Nardus Erasmus aanpak. Hy sal ook die wedstryd weens ‘n besering misloop. Die span se Cravenweek-skrumskakel, Justin Phillips behoort die span in die Diamantstad aan te voer.
Die besoekers se losskakel, Tinus de Beer kan met sy skopskoen ‘n doring in Noord-Kaap se vlees wees. Hy was een van sy span se uitstaande spelers tydens die Wildeklawer-toernooi in Pietermaritzburg.
Die spanne is:
Hoërskool Noord-Kaap: 15 Ryan de Wee, 14 Austin Jooste, 13 Dimitrio Tieties, 12 Luke Mason, 11 Hillford Clarke, 10 Guillermo Minnie, 9 GM Bruwer, 8 Gerhard Holtzhausen, 7 Luaan Dowie, 6 Nico Graaff, 5 Lehan Muller (kaptein), 4 Thulani Njenje, 3 Doctor Booysen, 2 Willie van Aswegen, 1 Lux Khoza.
Waterkloof: 15 Marcel Smit, 14 Peet de Klerk, 13 Dewald Lindeque, 12 Wilbri Günter, 11 Divan Swanepoel, 10 Tinus de Beer, 9 Justin Phillips, 8 JP Snyman, 7 David Joyce, 6 Sean Joyce, 5 Werner Fourie, 4 Jeandré de Beer, 3 JD Burger, 2 Roan Venter, 1 Xander van Wyk.
Afskop: 12:00
Skeidsregter: Francois de Bruin (GWRU)




