Monnas wen klipharde stryd teen EG Jansen
Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Kempton Park sal waarskynlik Woensdag met ’n sege oor Marais Viljoen in Alberton sy plek bo-aan Groep B van die Tuks-reeks bespreek.
Dit beteken dat hy sake in die kwarteindronde met die gedugte span van die Hoërskool Pietersburg sal uitspook.
Kempies het Garsfontein Saterdag met 30-27 getroef, wat sy pad in die kompetisie vergemaklik.
Nelspruit se Rhinos het nog ’n kragmeting oor. Die span van die Laeveld kom Woensdag teen Florida te staan. Die Rhinos se sege van 30-21 oor Pieties kan hulle die boonste plek in hul afdeling gee. Dit sal beteken dat Nelspruit en Garsies mekaar in die kwarteindronde van die Tuks-reeks pak – ’n herontmoeting ná verlede jaar se eindstryd in die Beeldtrofee-reeks vir makroskole.
Monument het op die Ras van Rooyen-veld in Krugersdorp in ’n uiters fisieke kragmeting teen EG Jansen van Boksburg met 18-8 as oorwinnaar van die veld gestap.
Monnas is nou die vroeë gunsteling om as kampioen van die kompetisie gekroon te word. Die span van Boksburg is die verdedigende kampioen.
Dit was in die kragmeting duidelik dat albei spanne nog nie vanjaar behoorlik getoets is nie, maar te oordeel na hoe fisiek die kragmeting was, is albei spanne swaargewigte op skolevlak in Suid-Afrika.
Monnas sal nou in die kwarteindstryd teen die HTS Middelburg se Rooi Bulle te staan kom.
Eldoraigne van Pretoria sal sy bes moet doen om EG Jansen in die ander kwarteindstryd te kan uitstof.
Monnas se heelagter, Ivan Smit, is ná die sege oor EG Jansen as speler van die wedstryd aangewys. Dit was welverdiend. Hy was deurentyd vol planne en het ’n paar suiwer breekslae vanuit die laaste vesting gemaak.
Hy het onder meer vanuit sy eie halfgebied ’n aanval begin wat op die skrumskakel, Franco Tiedt, se drie uitgeloop het.
In die tweede helfde het hy self een van sy breekslae gaan afrond.
Die tuisspan se agtsteman, Len Massyn, was ook ’n sterk kandidaat vir aanwysing as speler van die wedstryd.
Hy het uitstekend verdedig en ’n hele paar deurslaggewende duikslae uitgevoer. Hy het ook met die bal in die hand ver ente veld gewen.
Vir EG Jansen het sy vaskopstut, André van der Merwe, en binnesenter, Erich Cronjé, goeie vertonings gelewer.
Cronjé is sterk op sy bene en het die tuisspan probleme in die middelveld besorg.
Jansies se slot Hendré Stassen en Monnas se flank Thomas Meyer moes ná ’n onderonsie elk tien minute in die koelkas deurbring.
Eldoraigne het bo-aan sy groep geëindig danksy ’n sege van 12-0 oor die Hoërskool Klerksdorp.
Eldos se kaptein en agtsteman, Brendan Heymans, het sy span van voor gelei. Hy is goed voorlangs deur die flank André Kruger bygestaan. Die senter Awie Smal het agterlangs goeie spel gelewer.
Puntemakers:
TUKS-REEKS
Monument 18 (8) – Drieë: Franco Tiedt, Ivan Smit. Doelskop: Xander Kruger. Strafdoele: Kruger. EG Jansen 8 (3) – Drie: David Mostert. Strafdoel: Ginter Smuts.
Centurion 14 – Drieë: Hannes van Dyk, Paul Roos. Doelskoppe: Ruan Brenner (2). Transvalia 14.
Eldoraigne 12 (7) – Drieë: Brendan Heymans, André Kruger. Doelskop: Trystan van Schalkwyk. Hoërskool Klerksdorp 0.
Kempton Park 30 – Drieë: Thinus Grundlingh, Mauritz Snyman, Jaco Rossouw. Doelskoppe: Snyman (2), Francois Erasmus. Strafdoele: Snyman (2), Erasmus. Garsfontein 27 – Drieë: Carling Forwood, Ambrose Papier, Ruan Henning, Strafdrie. Doelskoppe: JP Wegner (2). Strafdoel: Wegner.
HTS Middelburg 41 – Drieë: JC Pretorius (2), Eric Basson, Derik Willemse, Waldo Conradie. Doelskoppe: Brandon Parr-Bailey (5). Strafdoele: Parr-Bailey (2). Rustenburg 26.
Nelspruit Rhinos 30 – Eduan Engelbrecht (2), Coenie Kruger, Dewald Maritz. Doelskoppe: Wessel Muller (2). Strafdoele: Muller (2). Hoërskool Pietersburg 21 – Drieë: Wilrico Gadney, Salie Vermaak. Doelskop: Morné Venter. Strafdoele: Venter (3).
Ander eerste spanne: Florida 32 Vereeniging Gimnasium 14; Ermelo 8, Marais Viljoen 5.
Ander spanne:
o.16: EG Jansen 17, Monument 17; HTS Middelburg 17, Rustenburg 5; Garsfontein 22, Kempton Park 5; Eldoraigne 31, Klerksdorp 24; Nelspruit 15, Pietersburg 12; Transvalia 31, Centurion 10.
o.15: Monument 41, EG Jansen 11; Rustenburg 38, HTS Middelburg 14; Kempton Park 34, Garsfontein 14; Klerksdorp 22, Eldoraigne 17; Nelspruit 30, Pietersburg 10; Transvalia 38, Centurion 0.
o.14: Monument 15, EG Jansen 10; HTS Middelburg 50, Rustenburg 0; Garsfontein 17, Kempton Park 0; Klerksdorp 45, Eldoraigne 0; Nelspruit 27, Pietersburg 22; Transvalia 55, Centurion 0.
PUKKE 16
Vryburg 31 – Drieë: Joe van Huysteen, Joubert Fourie, Gert Jonker, BF van Staden, Willem van der Merwe. Doelskoppe: Van Staden (3). Fochville 0.
Bekker 39 – Drieë: Herman Roesch (2), Andy Bok (2), Martin Annandale, Jay-Gea Knoetze, Bennie Prinsloo. Doelskoppe: Ewald Oberholzer (2). Wolmaransstad 19.
Ander spanne:
o.16: Overvaal 5, Vryburg 0; Bekker 22, Wolmaransstad 0.
o.15: Vryburg 19, Alberton High 7; Schweizer-Reneke 15, Bekker 10.
o.14: Fochville 21, Vryburg 3; Bekker 12, Wolmaransstad 7.
PUK PRESTIGE-REEKS
Potchefstroom Gimnasium 34 – Drieë: Poen Euckerman, Martin Linde, Marcell Burger, Gerhard Steenkamp, Heinrich Siepker. Doelskoppe: Herman de Jong (3). Strafdoel: De Jong. HTS Witbank 8.
Potchefstroom Volkskool 26 – Drieë: Jandré Dreyer, Nicky Heunis, Roché van Aarde. Doelskop: Renier Barnard. Strafdoele: Barnard (3). Driehoek 12 – Strafdoele: Heino Keyser (4).
Hoërskool Middelburg 45 – Drieë: Duan van Wyk (2), Ruben Roodt, Fana Ngwenya, Barend Ditle, Cyprian Nkomo, Siyabonga Kha-liswayo. Doelskoppe: Chris Hanekom (5). Hoogenhout 22.
Ander eerste spanne: Oos-Moot 19, Montana 8.
Ander spanne:
o.16: Driehoek 29, Potch Volkies 28; Potch Gimmies 27, HTS Witbank 7; Hoogenhout 22, Hoërskool Middelburg 18.
o.15: Potch Volkies 47, Driehoek 5; Potch Gimmies 13, HTS Witbank 0; Hoërskool Middelburg 33, Hoogenhout 0.
o.14: Potch Volkies 43, Driehoek 0; Potch Gimmies 22, HTS Witbank 19; Hoogenhout 17, Hoërskool Middelburg 10.
SUPER-REEKS
Brandwag (Benoni) 10 – Drieë: Steven Coetzee, Zane Dippenaar. Tuine 5.
Eerste spanne: Jan Viljoen 10, Bergsig 10; John Vorster (Nigel) 15, Gerrit Maritz 7; Die Wilgers 20, Southdowns 18; Ligbron 29, Dinamika 11; Wagpos 15, Secunda 12.
o.16: Secunda 19, Wagpos 0; John Vorster 12, Gerrit Maritz 5; Tuine 24, Brandwag 10; Jan Viljoen 28, Bergsig 7; Die Wilgers 22, Southdowns 6; Ligbron 14, Dinamika 5.
o.15: Secunda 22, Wagpos 12; John Vorster 27, Gerrit Maritz 8; Brandwag 33, Tuine 0; Jan Viljoen 21, Bergsig 5; Die Wilgers 50, Southdowns 14; Ligbron 19, Dinamika 0.
o.14: Secunda 45, Wagpos 0; John Vorster 22, Gerrit Maritz 17; Brandwag 62, Tuine 7; Jan Viljoen 46, Bergsig 7; Die Wilgers 65, Southdowns 0; Dinamika 12, Ligbron 0.
NWU VAAL-REEKS
Linden 12 – Drieë: Ryan Johst, Letho Dlamini. Doelskoppe: Kyle Lewis. Standerton 10 – Drie: Mfundo Ndlovu. Doelskop: AJ Potgieter. Strafdoel: Potgieter.
Ander eerste spanne: Benoni High 22, President 0; Randburg 32, Hans Moore 0; Hoërskool Alberton 17, Brits 17; Elspark 27, Goudrif 15.
Ander spanne:
o.16: Linden 10, Standerton 8; Randburg 21, Hans Moore 5; President 21, Benoni High 7; Hoërskool Alberton 50, Brits 7; Goudrif 48, Elspark 5.
o.15: Linden 38, Standerton 7; Randburg 26, Hans Moore 5; Benoni High 19, President 7; Hoërskool Alberton 17, Brits 12; Elspark 49, Goudrif 5.
o.14: Standerton 26, Linden 7; Randburg 29, Hans Moore 0; Benoni High 19, President 0; Hoërskool Alberton 24, Brits 7; Goudrif 27, Elspark 0.
ANDER
Affies 24 – Drieë: Neil Bezuidenhout, Louritz van der Schyff, Eduan Lubbe, Christian Strydom. Doelskoppe: Ruan de Swardt (2). Helpmekaar 0.
Grey-kollege 50 (12) – Drieë: Sentle Lehoko, Mario Veira, Dawid Snyman, Dian Gouws, PR Serfontein, Gerrie Koegelenberg, Rewan Kruger. Doelskoppe: Veira (6). Strafdoel: Veira. Menlopark 27 (20) – Drieë: Wayne van der Bank, Stean Pienaar, Andell Loubser. Doelskoppe: Loubser (3). Strafdoel: Loubser. Skepdoel: Brian Bouwer.
St. John’s College 15 – Drieë: Frans Retief, Tom Kirk. Doelskop: Nic Zille. Strafdoel: Zille. King Edward VII 19.
Ander eerste spanne: Overkruin 73, Warmbad 0; Hans Strijdom 31, Generaal Hertzog 8; HTS John Vorster 43, Nylstroom 6; Die Anker 33, Oosterlig 13; Stella 36, Swartruggens 0; Koster 43, Sannieshof 8; Orkney 18, Christiana 17; Mafikeng 21, Bloemhof 12; Bryanston 14, Krugersdorp High 12; Wesvalia 38, Zwartkop 21; Jeppe Boys’ High 51, St. Stithians College 15.
Ander spanne:
o.16: Grey-kollege 39, Menlopark 7; Helpmekaar 20, Affies 17; Overkruin 27, Warmbad 7; Oosterlig 15, Die Anker 14; Hans Strijdom 53, Generaal Hertzog 0; HTS John Vorster 26, Nylstroom 17; Oos-Moot 43, Montana 3; Wesvalia 23, Zwartkop 10.
o.15: Grey-kollege 33, Menlopark 17; Affies 66, Helpmekaar 0; Overkruin 70, Warmbad 7; Oosterlig 18, Die Anker 12; Generaal Hertzog 14, Hans Strijdom 7; HTS John Vorster 49, Nylstroom 0; Montana 24, Oos-Moot 6; Zwartkop 20, Wesvalia 5.
o.14: Grey-kollege 8, Menlopark 7; Helpmekaar 12, Affies 5; Overkruin 21, Warmbad 0; Die Anker 10, Oosterlig 5; Generaal Hertzog 27, Hans Strijdom 3; Nylstroom 35, HTS John Vorster 17; Montana 17, Oos-Moot 5; Wesvalia 26, Zwartkop 5..




