Monnas versigtig vir Welkom Gim in Malcullum Marx-gedenkwedstryd

Monument van Krugersdorp se Wit Bulle sal so ietwat versigter as gewoonlik vir Welkom Gimnasium wees wanneer die twee spanne mekaar vandag om 13:20 op die Ras van Rooyen-veld pak.
Dit sal Monnas se eerste wedstryd van die seisoen wees, terwyl die span van Welkom al drie kragmetings agter die blad het.
Volg al die aksie rekstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).
Soos gebruiklik is Monnas se eerste tuiswedstryd van die seisoen ook die Malcullum Marx-gedenkwedstryd. Vanjaar sal dit die 30ste gedenkwedstryd sedert die afsterwe van die gewese Wit Bul Marx wees.
Welkom Gimnasium het in twee van sy wedstryde teen Jim Fouché (31-13) en Glenwood (26-21) die septer geswaai. In hul kragmeting teen Grey-kollege was hulle met 5-52 aan die verloorkant.
Dié gedenkwedstryd is altyd ‘n groot wedstryd vir die Wit Bulle. Twee van Monnas se Springbokke – Willem Alberts en Jaco Taute het die Wit Bulle se truie oorhandig.
Alberts, wat 1.92m in sy sokkies staan, sou moes opkyk vir Monnas se slot Jacques Botha. Laasgenoemde is ‘n volle 2.06m lank en kan vanjaar indien hy sy spelpeil lig een van die spelers wees om dop te hou. Voorlangs sal Welkom Gim ook die twee flanke, RJ Barnard en Jamaal Feldman, fyn moet dophou.
Welkom Gimnasium se losskakel, Renaldo Kiewiet, kan die tuisspan probleme besorg as hy op sy stukke is. Hy was verlede jaar tydens die Cravenweek in George met 48 punte as die voorste puntemaker afgesluit. Vanjaar se Cravenweek vind reeds op die Ras van Rooyen in Krugersdorp plaas.
Sy direkte teenstander, Justin Viljoen, het verlede jaar ook ‘n goeie seisoen beleef. Viljoen sal op sy goeie eerste seisoen vir die Wit Bulle met ‘n nog stewiger vertoningslys wil voortbou.
Die span van Welkom Gimnasium se breier, Roean Bezuidenhout, is van vanjaar af ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Skole-keurkomitee. So hierdie is ook ‘n ekstra geleentheid vir die spelers van Monnas om dalk al ‘n regmerkie in Bezuidenhout se boekie te kry.
Bezuidenhout het al voorheen ook die SA Skole-span afgerig. Monnas se breier, Tjaart van der Walt, is die Goue Leeus se Cravenweek-span se afrigter.
Die spanne is:
Monument: 15 Hanu Fourie, 14 Kealan Milton, 13 Jason Joubert, 12 Theuns du Plooy, 11 Ernesto Oersen, 10 Justin Viljoen, 9 Hanno du Toit, 8 Nathan Erasmus, 7 RJ Barnard, 6 Jamaal Feldman, 5 Luhan Swart, 4 Jacques Botha, 3 Wikus Meyer, 2 Kiyan Pretorius, 1 JC Oosthuizen.
Welkom Gimnasium: 15 Dylan Kemp, 14 Terence Tsholo, 13 Joshua Coertzen, 12 Jayden Weideman, 11 Bokang Lesenyeho, 10 Renaldo Kiewiet, 9 Rewaldo Farmer, 8 Ethan Jones, 7 Rylen Kirsten, 6 Rovaun van Niekerk, 5 Jayden Auld, 4 Diekie Beuken, 3 Alexander Olivier, 2 Kganya Molapo, 1 Buchle Ngxabayi.
Afskop: 13:20
Geskiedenis van die Malcullum Marx-gedenkwedstryd:
| nt_header_0 | nt_header_1 | nt_header_2 | nt_header_3 | nt_header_4 |
|---|---|---|---|---|
| 2023 | Monument | 41 | Hoërskool Nelspruit | 20 |
| 2022 | Monument | 45 | Welkom Gimnasium | 20 |
| 2021 | Monument | 28 | HTS Drostdy | 26 |
| 2019 | Monument | 30 | Menlopark | 8 |
| 2018 | Monument | 73 | Hoërskool Pietersburg | 3 |
| 2017 | Monument | 89 | Florida | 3 |
| 2016 | Monument | 66 | Transvalia | 0 |
| 2015 | Monument | 52 | Centurion | 10 |
| 2014 | Monument | 51 | Hoërskool Klerksorp | 17 |
| 2013 | Monument | 36 | Vereeniging Gimnasium | 16 |
| 2012 | Monument | 16 | Ermelo | 3 |
| 2011 | Monument | 29 | Kempton Park | 10 |
| 2010 | Monument | 31 | Hoërskool Klerksorp | 0 |
| 2009 | Monument | 55 | Marais Viljoen | 12 |
| 2008 | Monument | 44 | Ermelo | 0 |
| 2007 | Monument | 65 | Hoërskool Klerksorp | 13 |
| 2006 | Monument | 17 | Hoërskool Middelburg | 13 |
| 2005 | Monument | 76 | Hoërskool Klerksorp | 8 |
| 2004 | Monument | 34 | Hugenote (Springs) | 13 |
| 2003 | Monument | 17 | Menlopark | 13 |
| 2002 | Monument | 13 | HTS Springs | 0 |
| 2001 | Monument | 50 | Hugenote (Springs) | 10 |
| 2000 | Monument | 28 | Hoërskool Klerksorp | 12 |
| 1999 | Monument | 26 | Hugenote (Springs) | 12 |
| 1998 | Monument | 32 | Marais Viljoen | 17 |
| 1997 | Monument | 31 | Zwartkop | 17 |
| 1996 | Monument | 15 | Waterkloof | 24 |
| 1995 | Monument | 33 | Kempton Park | 18 |
| 1994 | Monument | 67 | Puerto Madryn RFC | 10 |




