SuperSport Schools Plus

Monnas steeds baas in Krugersdorp, Grey stof Affies met rekord-telling af

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2023-05-20 Tags: , , , , , , ,

KRUGERSDORP. – Daar was nie ‘n plek vir ‘n muis nie.

Ja, skolerugby is sonder twyfel deesdae ‘n groter trekpleister vir toeskouers as proffesionele rugby.

Dit sou veilig wees om te sê dat daar te minste tien skolerugby-wedstryde Saterdag plaasgevind het, wat meer toeskouers as enige van die proffesionele wedstryd regoor Suid-Afrika gelok het.

In Krugersdorp het Monument voor ‘n volgepakte veld vir Noordheuwel op sy tuisveld met 28-17 in die Beker-afdeling van die SDC Noordvaal Cup getroef. Ongeveer 8 000 toeskouers het die kragmeting tussen die stad se twee voorste rugbyskole bygewoon.

Vir Monnas se hoofafrigter, Tjaart van der Walt, was dit ‘n spesiale dag met die feit dat dit sy 100ste wedstryd aan stuur van die Wit Bulle was.

Die grondslag vir Monnas se sege is voorlangs gelê met veral die slot Jacques Botha, flank RJ Barnard en die agtsteman, Jamaal Feldman, wat inklimspel gelewer het.

Nories het nie genoeg gehalte balbesit gehad om die Wit Bulle veel probleme te besorg nie. Die span se losskakel, JT Kapank, asook die vleuel Keaton van Deventer, het egter ‘n hele paar keer gewys dat hulle spelers van gehalte is.

In Bloemfontein voor ‘n skare van meer as 13 000 mense het Grey-kollege die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria sy grootste drag slae van sy geskiedenis toegedien.

Grey het Affies se Wit Bulle met 60-19 afgeslag. Dit is boonop 100 jaar na die eerste kragmeting tussen die twee skole in 1923.

Grey se buitesenter, Benito Goeda, het met ‘n blitzkrieg van drie drieë laat in die tweede helfte Affies moedeloos gehad. Die span van die Rosestad het met dié vertoning gewys dat hy oor die vermoë beskik om ook sy agterhoede los te laat.

Die span se binnesenter, Pieter van der Merwe, asook die losskakel, Ian van der Merwe, het ook weer blink vertonings opgedis. Vir Affies het Dieter Schubert (agtsteman) moedig probeer.

In Middelburg is die hele dorp tot stillstand geruk met die jaarlikse interskole tussen HTS Middelburg en die Hoërskool Middelburg.

Daar was werklik nie ‘n enkele sit of staanplek langs die veld beskikbaar toe die kragmeting wat ook ‘n wedstryd in die Plaat-afdeling van die Noordvaal Cup was.

Na raming het sowat 9 000 mense die kragmeting bygewoon.

Middies het gesorg dat die dorp vir die volgende jaar ‘n skakering van groen sal wees met ‘n oortuigende oorwinning van 21-3. Die span se heelagter, Divan van der Westhuizen, het met sy skopskoen die Rooi Bulle uit die wedstryd geskop.

Die vier topspanne van die Wynland – Paarl Gimnasium, die Hoër Jongenskool Paarl, Boland Landbou en Paul Roos Gimnasium het hul vier teenstanders van die suidelike voorstede van Kaapstad omgedop.

Paarl Gimnasium het 11 drieë ingeryg in sy wegholsege van 73-3 oor SACS. Boishaai is terug op die wenpad na hy vir Wynberg Boys’ High met 33-29 getroef het.

Boland Landbou sal baie tevrede met hul sege van 22-19 oor Bishops wees, terwyl Paul Roos die bordjies teen Rondebosch Boys’ High na verlede jaar met ‘n oorwinning van 24-7 verhang het.

Stellenberg het op sy tuisveld ‘n gulde geleentheid verbrou om Oakdale Landbou te troef. Die twee spanne het met 13-elk gelykop gespeel. Die Jade Brigade se agtsteman, Marco Ferreira, het gaan druk na speeltyd reeds vertreke was om sake gelyk te trek.

Eldoraigne het in sy jaarlikse FNB Classic Clash teen Zwartkop met 23-10 as oorwinnaars van die veld gestap. In Welkom se Classic Clash het Welkom Gimnasium met 41-17 oor te veel skietgoed vir Goudveld-Hoërskool beskik.

Hoërskool Sasolburg het sy vlam hoog laat brand toe hy in die doodsnikke ‘n sege van 18-17 oor HTS Sasolburg in hul jaarlikse Classic Clash in die DP de Villiers-stadion beklink het.

Feitlik al hierdie wedstryde kan weer gekyk word op SuperSport Schools (www.supersportschools.com). SuperSport Schools spog nou ook met sy eie kanaal op DStv – SuperSport 216.

Al die uitslae: 

SDC NOORDVAAL CUP

GROEP 1

Beker: Monument 28, Noordheuwel 17; Waterkloof 37, Menlopark 6; EG Jansen 24, Helpmekaar 15; Marais Viljoen 26, Hoërskool Nelspruit 12. Plaat: Hoërskool Rustenburg 57, Hoërskool Klerksdorp 27; Transvalia 22, Montana 19; Hoërskool Middelburg 21, HTS Middelburg 3. Skild: Heidelberg Volkskool 33, Jeugland 27; Hugenote (Springs) 21, Lichtenburg 12; Ligbron Akademie 26, Ben Vorster 25. Bowl: Hoërskool Pietersburg 45, Dr. Malan 3; Die Anker 57, Hoërskool Alberton 7; Potchefstroom Volkskool 28, Wesvalia 28.

GROEP 2

Blou Bulle: Midstream College 59, Hoërskool Tuine 7; Pretoria-Noord 35, Centurion 31; Wagpos 24, Wonderboom 22. Goue Leeus: Randburg 41, Florida 7. Limpopo: Ellisras 50, HTS Tom Naudé 14; Frikkie Meyer 23, Ben Viljoen 19; Hans Strijdom 27, Frans du Toit 12. Luiperds: Potchefstroom Gimnasium 45, Bergsig Akademie 5. Pumas: Piet Retief 42, Pionier 14; HTS Witbank 24, Hoërskool Ermelo 14; Rob Ferreira 43, Ferrum 32. Valke: Leeuwenhof 41, Driehoek 7; Hans Moore 43, Oosterlig 13.

GROEP 3

Blou Bulle: Die Wilgers 64, HTS Tuine 10. Goue Leeus: Riebeeckrand 43, Fochville 26. Limpopo: Louis Trichardt 59, Northern Academy 10; Curro Heuwelkruin 38, Stanford Lake College 0; Piet Potgieter 37, Eric Louw 17. Pumas: Standerton 27, Kanonkop 17; Lydenburg 29, Lowveld High 19.

GROEP 4

Blou Bulle: FH Odendaal 46, Kwaggasrand 0; Maragon Mooikloof 26, Silverton 0. Goue Leeus: Bekker 28, Goudrif 8; Allen Glen 59, Glenharvie 24.

KWAZULU-NATAL

Glenwood 38, Clifton 10; King Edward VII 33, Westville Boys’ High 14; Jeppe 50, Northwood 17.

NOORDVAAL

Eldoraigne 23, Zwartkop 10; Pretoria Boys’ High 38, St Benedict’s College 19; Hoërskool Sasolburg 18, HTS Sasolburg 17; St Stithians College 31, St Alban’s College 24; St John’s College 13, Parktown Boys’ High 0; St David’s Marist 26, Springs Boys’ High 0; Northcliff 13, Pretoria Boys’ High II 12.

OOS-KAAP

Selborne College 31, Dale College 23; Grey high School 19, Queen’s College 13; Marlow Landbou 21, Framesby 19; Graeme College 23, Nico Malan 12; St Andrew’s College 41, Hudson Park 19; Kingswood College 59, HTS Port Rex 15; Pearson 32, Muir College 31; Despatch 35, Andrew Rabie 14; Die Brandwag (Uitenhage) 20, Bergsig 18; Graaff-Reinet Volkskool 36, Aliwal-Noord 5; Union High 18, Stirling 10.

VRYSTAAT/GRIEKWAS

Grey-kollege 60, Affies 19; Jim Fouché 36, Diamantveld 22; Welkom Gimnasium 41, Goudveld-Hoërskool 17; Fichardtpark 43, Louis Botha 0; Witteberg 17, Hoërskool Trio 15; Duineveld 18, Noord-Kaap 15; Voortrekker 38, Hentie Cilliers 13; President Steyn 25, St Andrews 7; Brandfort 27, Zastron 15; Ficksburg 31, Paul Erasmus 7; Ladybrand 43, Marquard 7; Harrismith 17, Reitz 9; Vrede 6, Retief 0; Hoopstad 30, Bultfontein 8; Douglas 22, Hopetown 19; Hendrik Potgieter 46, Sand du Plessis 10; Bothaville 73, HTS Welkom 3; Hartswater 43, Vaalharts 17.

WES-KAAP

Hoër Jongenskool Paarl 33, Wynberg Boys’ High 29; Stellenberg 13, Oakdale Landbou 13; Paarl Gimnasium 73, SACS 3; Paul Roos Gimnasium 27, Rondebosch Boys’ High 7; Boland Landbou 22, Bishops 19; Robertson 47, Worcester Gimnasium 21; DF Malan 24, Hoërskool Punt 23; Curro Langebaan 38, Augsburg Gimnasium 33; HTS Bellville 33, Milnerton 29; Montagu 26, Labori 24; Charlie Hofmeyr 31, Swartland 25; Vredendal 22, Lutzville 14; HTS Drostdy 69, Hopefield 0; Porterville 55, Jan van Riebeeck 10; Hugenote (Wellington) 32, New Orleans 19; Brackenfell 26, Strand 18; Melkbosstrand 34, Vishoek 5; Parel Vallei 13, Tygerberg 12; Gordon High 23, Kasselsvlei 8; Langenhoven Gimnasium 41, Hoërskool Oudtshoorn 33; Bosmansdam 41, Settlers 22.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.