SuperSport Schools Plus

Monnas of Menlopark moontlik laaste kampioen van Tuks-reeks

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2018-05-04 Tags:

NewsGMonnasGarsMonument of Menlopark sal waarskynlik Saterdag as die laaste kampioen van die gesogte Tuks-reeks in die LC de Villiers-stadion in Pretoria. Daar is sprake dat vanjaar se Tuks-reeks vir die laaste keer in sy huidige formaat plaasgevind het en dat die skole slegs op vriendskaplike vanaf 2019 teen mekaar sal meeding. 

Dié reeks se bestuur moet nog wel ‘n amptelike besluit oor die pad vorentoe neem. Monnas sal more poog om vir die derde agtereenvolgende as kampioen gekroon te word. Die span van Krugersdorp het verlede jaar vir EG Jansen met 50-13 in die eindstryd verslaan.

Menlopark sal vir die eerste keer in die eindstryd van die Tuks-reeks vir eerstespanne in aksie wees. Die span se kaptein en haker, Dewald Pienaar, sal dus geskiedenis maak wanneer hy sy span op die veld lei. 

Albei spanne was onoorwonne vanjaar voor die Wildeklawer-toernooi in Kimberley, maar die twee spanne kon nie ‘n enkele sege tussen hulle in die Diamantstad behaal nie. Monnas het sonder twyfel die taaiste Wildeklawer-bepalings van al die spanne gehad. Hulle het teen Paarl Gimnasium (34-31) en Grey-kollege (36-21) hul rieme styfgeloop. 

Menlopark het tydens Wildeklawer teen Paul Roos Gimnasium (68-23) behoorlik slae in sy eerste wedstryd van die fees gekry. Die Parkies het in die laaste wedstryd van die toernooi teen HTS Drostdy met 16-22 die onderspit gedelf.

Monnas sal as die guntelinge op die veld draf, maar moet nie verwag dat Menlopark net die stryd gewonne sal gee nie. Die span van Krugersdorp word deur sy SA Skole-haker, Morné Brandon, aangevoer. Hy sal saam met die slot Stephan le Roux en flank Tristan Dullisear hul span se aanslag voorlangs lei. 

Monnas se senter Douw Scheepers sal ook fyn deur die Parkies dopgehou moet word. Menlopark se hoop op ‘n opskudding sal op die skouers van sy skrumskakel, Bernard van der Linde, rus. Hy beskik oor ‘n gevaarlike breekslag en behoort die Blou Bulle se uitsoek Cravenweek-span te haal. Die span van Pretoria se haastige vleuel Nsuku Baloyi is gevaarlik indien hy in besit en spasie geplaas word.

Die eindstryd sal deur Niel Bosman geblaas word. Menlopark se drie junior-spanne sal ook Saterdag in die eindstryd in aksie wees. 

Die spanne is: 

Monument: 15 Dean Lategan, 14 Ruben Barnard, 13 Henco van Wyk, 12 Douw Scheepers, 11 Kagiso Nyamande, 10 Byron-Lee Wentink, 9 Zihan Coetzee, 8 Izan Esterhuizen, 7 Franco Schutte, 6 Tristan Dullisear, 5 Zander Oberholster, 4 Stephan le Roux, 3 Ruben Westraad, 2 Morné Branden (kaptein), 1 Brendan Pawson. Plaasvervangers: 16 Franco Prinsloo, 17 Danku Brits, 18 Dehan Niemand, 19 Hendré Fourie, 20 Corne Pennels, 21 Aiden Robberts, 22 Bradley Heunis, 23 Dewald Holtzhausen.

Menlopark: 15 Enrique Steffen, 14 Franco Conradie, 13 Jurgen van Zyl, 12 Ruan Oosthuizen, 11 Nsuku Baloyi, 10 Kenan Wessels, 9 Bernard van der Linde, 8 Divan Venter, 7 Lohan Potgieter, 6 Marcelle Mombers, 5 Gerhard van der Bijl, 4 Tiaan de Klerk, 3 Gerhard Viljoen, 2 Dewald Pienaar (kaptein), 1 Jaco Britz. Plaasvervangers: 16 Enrique Coutriers, 17 Nolan Pienaar, 18 Delano Opperman, 19 André Jacobs, 20 Reinhardt Koekemoer, 21 Heinrich Boshoff, 22 Shurwin Smith.

Vorige Eindstryde:

2017Monument50EG Jansen13
2016Monument25Nelspruit17
2015EG Jansen29Monument17
2014    
2013HTS Middelburg Nelspruit 
Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.