SuperSport Schools Plus

Monnas, Nelspruit, Helpmekaar bult spiere op eerste dag van Noordvaal Sewes

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-09-24 Tags: , ,

Rugby Noordvaal Sewes 2016Die verdedigende kampioen van die Noordvaal Sewestoernooi, Monument van Krugersdorp, is na die eerste dag van die toernooi steeds onoorwonne. Monnas sal vandag in die kwarteindronde van die toernooi teen Eldoraigne te staan kom. 

Al vandag se wedstryde op die hoofveld word regstreeks op School of Rugby gebeeldsend. 

Monnas het verlede jaar vir Garsfontein met 36-5 in eindstryd verslaan. HTS Middelburg het in 2014 die eerste kroon as kampioen gedra. Monnas het sy drie groepwedstryde teen Oos-Moot (26-19), EG Jansen (45-5) en Rustenburg (33-14) gewen. 

In Groep C het Helpmekaar-kollege, Garsfontein en Kemptonpark elk agt ligapunte ingesamel. Garsfontein het Helpies met 17-14 verras. 

Garsies het egter daarna in sy laaste groepwedstryd teen Kempies met 14-19 vasgeval. As jy in ‘n groep met Ben Vorster van Tzaneen ingedeel is en die Vossies kom laaste dan weet jy, jy het ‘n tawwe loting gekry. 

Boonop het Garsies ‘n terugslag beleef dat Jurich Claassen wat steeds ‘n o.15-speler is nie verder in die o.17-afdeling vir hom mag deelneem nie. 

Helpmekaar kom in die kwarteindronde teen ‘n vlugvoetige span van Florida te staan. Garsies sal sake teen Menlopark in die kwarteindronde uitspook. In die ander kwarteindronde sal die onoorwonne Nelspruit teen EG Jansen van Boksburg sake om ‘n plek in die halfeindronde uitspook. 

Helpies se Mark Snyman was soos verwag op sy stukke, terwyl EG Jansen se Ruben Beytell ook tot dusver ‘n goeie toernooi beleef. 

Al die uitslae (o.17):

Groep A: Eldoraigne 19, Die Anker 17; Nelspruit 38, Louis Trichardt 0; Louis Trichardt 21, Die Anker 12; Eldoraigne 49, Louis Trichardt 7; Nelspruit 20, Eldoraigne 15; Louis Trichardt 21, Die Anker 12.

Groep B: Monument 26, Oos-Moot 19; EG Jansen 24, Rustenburg 12; Monument 45, EG Jansen 5; Oos-Moot 26, Rustenburg 7; EG Jansen 26, Oos-Moot 21; Monument 33, Rustenburg 14.

Groep C: Kemptonpark 21, Ben Vorster 14; Garsfontein 17, Helpmekaar 14; Helpmekaar 48, Ben Vorster 5; Kemptonpark 19, Garsfontein 14; Garsfontein 27, Ben Vorster 7; Helpmekaar 26, Kemptonpark 7.

Groep D: Menlopark 17, HTS Middelburg 14; Florida 47, Pretoria Boys’ High 0; Menlopark 12, Florida 7; Florida 22, HTS Middelburg 21; Menlopark 21, Pretoria Boys’ High 7; Pretoria Boys’ High 32, HTS Middelburg 17. 

Vandag se bepalings: 

Hoofveld – Bowl Kwarteindronde: 09:00: Louis Trichardt vs. Rustenburg; 09:20: Kemptonpark vs. HTS Middelburg. Beker Kwarteindronde: 09:40: Nelspruit vs. EG Jansen; 10:00: Helpmekaar vs. Florida. 

B-veld – Bowl Kwarteindronde: 09:00: Oos-Moot vs. Die Anker; 09:20: Pretoria Boys’ High vs. Ben Vorster. Beker Kwarteindronde: 09:40: Monument vs. Eldoraigne; 10:00: Menlopark vs. Garsfontein. 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.