SuperSport Schools Plus

Milnerton pak Boland Landbou by AFGRI-Rugbydag

By Willem Louw , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-03-07 Tags: ,

FOTO: Frans Lombard

Hoër Landbouskool Boland maak Saterdag gebruik van hul AFGRI-Rugbydag op die plaas om litte los te maak teen Milnerton High School, voordat beide spanne volgende naweek hul eerste toere van die seisoen onderneem.

Benewens die aksie wat die hoofwedstryd behoort op te dis, is daar boonop nog spanne van 13 ander skole deur die loop van dag in verkorte opwarmingswedstryde in aksie.

Beleef al die opwinding regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die toernooi

Boland Landbou sal gretig wees om op te tel presies waar hulle verlede seisoen opgehou het, toe hulle vir Hoër Landbouskool Oakdale op Riversdal met 17-11 kon baas raak – danksy ‘n skitterende drie in die doodsnikke van die wedstryd.

Daarmee het Boland weer die bordjies verhang, nadat Oakdale in 2022 daarin geslaag het om, vir die eerste keer in 12 jaar, vir Boland in die Paarl te kon klop.

Dieselfde Boland-span het verlede jaar ook ‘n droogte van 14 jaar teen Hoër Jongenskool Paarl gebreek met ‘n sege van 26-22 in Brugstraat.

Retagan van Rooi, wat die wendrie teen Oakdale verlede jaar verdoel het, is weer op sy pos in die nr. 10-trui, met nog van verlede jaar se staatmakers, soos Lyle Lewis (heelagter), Wehan Lume (senter), Enslin Claasen (vleuel) en hul kaptein, Ruan Viviers (slot), wat uitsien na die geleentheid om voort te bou op die sukses wat hulle reeds behaal het.

Claasen het verlede jaar sy skool by die Cravenweek verteenwoordig as deel van die WP XV.

Milnerton moet egter geensins onderskat word nie. Hul spelbreker, Frank Hitimana, het verlede jaar al gewys hoe giftig hy kan wees op binnesenter, en het ook by die Akademieweek vir die WP-span uitgeblink, saam met Van Rooi en Viviers.

Keenan Togni (slot) en Keagan Harding (haker) se ervaring in die besoekers se agttal behoort ook deurslaggewend te wees indien Milnerton daarin wil slaag om die groot Landbou-seuns te tem.

Die tuisskool se jonger spanne speel ook gedurende die dag teen Hugenote Kollege, terwyl laasgenoemde ook teen SACS se junior spanne sal uitdraf om voor te berei vir die seisoen.

Volgende naweek vertrek Boland Landou na George waar hulle vir Hoërskool Outeniqua sal aandurf, terwyl Milnerton hulself gaan meet teen St Charles College in Pietermaritzburg.

Boland Landbou t. Milnerton om 13:30

Hoër Landbouskool Boland: 15 Lyle Lewis, 14 Wehan Lume, 13 Xavier Vorster, 12 Juan Swart, 11 Enslin Claasen, 10 Retagan van Rooi, 9 Jayden Brits, 8 Karst Smits, 7 Blake de Kock, 6 Hans Verster, 5 Ruan Viviers, 4 Kody Nel, 3 Derico Messina, 2 Heinrich Bezuidenhout, 1 Henry Rudder.

Milnerton High School: 15 Chadlin Sellidon, 14 Rami Moatshe, 13 Morgan Lodewyk, 12 Frank Hitimana, 11 Jaydin Smit, 10 Chadwin Sellidon, 9 Devon Damons, 8 Briint Davids, 7 Dylan Peverett, 6 Jeremy Armstrong, 5 Mathew Gabriel, 4 Keenan Togni, 3 Chadley Davids, 2 Keagan Harding, 1 Sheldan Puma.

Ander bepalings:

Perdeberg
12:30 – o. 19 – HTS Bellville t. Monument Park
11:50 – o. 19 – Augsburg t. New Orleans
11:10 – o. 19 – Vredenburg t. Hoërskool Parow
10:30 – o. 19 – Paulus Joubert t. De Kuilen
09:50 – o. 19 – Curro Langebaan t. Hugenote
09:10 – o. 19 – Jan van Riebeeck t. Hottentots-Holland
08:30 – o. 19 – Boland Landbou II t. Hamiltons

Groenberg
12:30 – o. 19 – 
Boland Landbou III t. Curro Langebaan
11:50 – o. 19 – Hugenote t. Jan van Riebeeck
11:10 – o. 19 – Boland Landbou IV t. Hugenote II
10:30 – o. 19 – Hamiltons t. Hottentots-Holland
09:50 – o. 19 – Boland Landbou II t. New Orleans
09:10 – o. 19 – Boland Landbou V t. Vredenburg
08:30 – o. 19 – Augsburg t. De Kuilen

Tafelberg
12:30 – o. 19 – Boland Landbou V t. Stellenberg IV
11:50 – o. 16 – Boland Landbou t. Hugenote
11:10 – o. 15 – Boland Landbou t. Hugenote
10:30 – o. 14 – Boland Landbou t. Hugenote
09:50 – o. 19 – Stellenberg IV t. Parow
09:10 – o. 19 – Boland Landbou III t. Milnerton II
08:30 – o. 19 – Boland Landbou IV t. Paulus Joubert

Paarlberg
12:30 – o. 19 – 
Hugenote II t. Milnerton II
11:50 – o. 16 – SACS t. Milnerton
11:10 – o. 15 – SACS t. Milnerton
10:30 – o. 14 – SACS t. Milnerton
09:50 – o. 16 – Hugenote t. SACS
09:10 – o. 15 – Hugenote t. SACS
08:30 – o. 14 – Hugenote t. SACS

Alfons
09:50 – o. 16 – 
Boland Landbou C t. Milnerton
09:10 – o. 15 – Curro Langebaan t. Milnerton
08:30 – o. 14 – Hoërskool Parow t. Milnerton

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.