SuperSport Schools Plus

Midstream College die laaste hoop om Afdeling 2 se trofee uit Limpopo se hande te hou

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2022-08-13

Midstream College is die laaste span staande in Afdeling 2 van die Noordvaaltrofee van buite Limpopo en dus die enigste span wat kan sorg dat die trofee nie vanjaar staanplek in die provinsie kry nie.

Die span vanuit Centurion kom vandag op sy tuisveld teen Frikkie Meyer van Thabazimbi te staan.

Frikkie Meyer is die Limpopo-liga se naaswenner na hy teen Merensky in die eindstryd met 12-20 die knie gebuig het. Die span van Thabazimbi het egter nog nie te veel probleme ondervind om tot die halfeindronde van die Noordvaaltrofee te vorder nie.

Hy het tot dusver vir die Hoërskool Randburg (66-12) en Brandwag van Benoni (28-10) verslaan om sy plek tot hier oop te speel.

Die span se vaskopstut, Vian Horn, is soos ‘n Okey Geffin van ouds ook ‘n stelskopper. Almal jonger as 40 kan maar vir Geffin Google saam met 1949, All Blacks en Whitewash. Horn is die susterskind van die voormalige Springbok-slot, Victor Matfield. Is dit lyk of hy net so veelsydig soos sy oom is.

In ag genome dat die Limpopo se Cravenweek-stelskopper en binnesenter, Tristan Brits, ook vir Frikkie Meyer uitdraf is ‘n bewys dat Horn weet hoe op pale toe te korrel.

Midstream het reeds die enigste span van Limpopo wat uitgeskakel is, Hans Strijdom van Mookgophong met 24-15 in die uitspeelronde verslaan. In die kwarteindronde was hy met 32-17 oor Piet Retief baas.

Merensky wat sover vanjaar een van sy beste seisoene in dekades beleef kom Saterdag op sy tuisveld, Plasiepark, in Tzaneen in die ander halfeindstryd teen Ellisras te staan.

Daar kan verwag word dat die tuisspan se twee generaals, Carl Dohse en Phillip Ludick, te veel planne agterlangs sal hê vir Ellisras om vir ‘n opskudding te sorg. Die duo was ook die Limpopo Blou Bulle se skakelpaar tydens die Cravenweek-toernooi in Kaapstad.

Merensky het tot dusver vir Leeuwenhof-akademie (50-12) en die Hoërskool Ermelo (45-5) in die reeks uitgeskakel. Ellisras het sy pad tot in die halfeindronde met seges oor Florida (22-5) en Oosterlig (36-24) oopgespeel.

Die spanne is: 

Merensky vs Ellisras om 12:10 op Plasiepark in Tzaneen: 

Merensky: 15 Dirk de Nyschenn, 14 Clifford Ledwaba, 13 Reese Coetzee, 12 Neil van Vuuren, 11 Mahlatse Semosa, 10 Phillip Ludick, 9 Carl Dohse, 8 Waldi Haasbroek, 7 Nyakala Sethaba, 6 Tian Viljoen-Krugel, 5 Zander Heydenrych, 4 Henro Delport, 3 Wessel de Kock, 2 Johan van den Heever, 1 Divan Pietersen.

Ellisras: Geen span ontvang nie.

Frikkie Meyer vs Midstream College om 10:00 in Centurion:

Frikkie Meyer: 15 Ulrich Gilbert, 14 Jacques Kotze, 13 Edward Terblanche, 12 Tristan Brits, 11 De Wet van der Walt, 10 Jeselte van Rooyen, 9 Tommy Swanepoel, 8 HJ Janse van Rensburg, 7 Driekus du Plessis, 6 Ruan Stander, 5 Tristan Baard, 4 Ulrich Taylor, 3 Vian Horn, 2 Kian Coetzee, 1 Janco van Deventer.

Midstream College: 15 Jaedon de Leeuw, 14 Hilton Thomas, 13 Justin Hattingh, 12 Rowan Lindeque, 11 Nathan Manonga, 10 Christiaan Mare, 9 Rhynardt Henning, 8 Anru Cronje, 7 Joshua Smit, 6 Ndzalama Manyike, 5 Jacques Vos, 4 Zander Theron, 3 Luc Osmani, 2 Franco du Toit, 1 Mika Lubbe.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.