Middies en Allies eindig VKB Prestige-week met onoorwonne status in plek

Voortrekker in Bethlehem se sportgronde het verlede naweek met aktiwiteit gewemel, met 14 o.16-spanne wat in hul VKB Prestige-rugbyweek deelgeneem het, asook hul eerstespan wat Saterdag teen Helpmekaar meegeding het.
Al die wedstryde van die rugbyweek asook die eerstespan-wedstryd kan weer na gekyk word op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).
Helpmekaar beleef ‘n moeilike seisoen tot dusver, ondanks die feit dat hulle goeie rugby gespeel het om teen Michaelhouse gelyk te eindig en hulle sal verlig wees om hul eerste wen vir die jaar op die boeke te kry nadat hulle vir Voortrekker 41-3 verslaan het.
Darius Haasbroek (slot) en Ruan Welman (haker) het elk twee keer deur die swart truie van die Voortrekker verdediging gebreuk om punte aan te teken.
Michael Benzien (senter), Junayden Seffier (losskakel) en Ulrich Swart (flank) het ook uitstekend gespeel vir die besoekers.
In die VKB Prestige-rugbyweek wat deur die Trekkers aangebied word het die tuisspan se o.16s die naweek goed begin met ‘n sege oor Kemptonpark. Transvalia het om dag twee egter vir hulle meer probleme veroorsaak en daardie wedstryd het gelykop 17-elk geeindig.
Frikkie Meyer van Thabazimbi het hul veldtog begin met ‘n harde wedstryd teen die gekombineerde B- en -C-span van Grey-kollege, waarin hulle goed terug gekom het om daardie wedstryd gelyk met 19-elk te eindig. Hy het op die momentum voort gebou en vir Sentraal Saterdag met 50-5 gewen.
Hoërskool Middelburg se span lyk soos die uitblinkers die naweek, na hulle twee groot oorwinnings oor Witteberg en Grey se gekomnineerde span behaal het.
Die laaste wedstryd van die rugbyweek was ook ‘n hoogtepunt, met Middies wat uitstekende rugby gespeel het om die tuisspan se onoorwonne status tot ‘n einde te bring.
Puntemakers:
Helpmekaar 41 (24) – Drieë: Darius Haasbroek (2), Ruan Welman (2), Michael Benzien, Junayden Seffier, Rynardt van der Linden. Verdoelings: Benzien (3) Voortrekker 3 (3) – Strafdoel: Tiaan van Rooyen.
Al die uitslae VKB Prestige Rugbyweek (o.16):
Dag 3
Hoërskool Alberton 19, Frikkie Meyer 12
 Lichtenburg 19, Goudveld-Hoërskool 15
 Witteberg 42, Pretoria-Noord 20
 VKB XV 13, Sentraal 10
 Welkom Gimnasium 37, Kempton Park 5
 Grey-kollege II 26, Transvalia 22
 Hoërskool Middelburg 36, Voortrekker 20
Dag 2
Hoërskool Alberton 19, Goudveld-Hoërskool 10
 Voortrekker 17, Transvalia 17
 Welkom Gimnasium 24, Lichtenburg 10
 Kempton Park 43, Witteberg 24
 Pretoria-Noord 10, VKB XV 7
 Frikkie Meyer 50, Sentraal 5
 Hoërskool Middelburg 40, Grey-kollege II 12
Dag 1
Transvalia 29, Welkom Gimnasium 12
 Voortrekker 21, Kempton Park 19
 Hoërskool Middelburg 66, Witteberg 5
 Pretoria-Noord 12, Goudveld-Hoërskool 10
 Hoërskool Alberton 29, VKB XV-tal 0
 Frikkie Meyer 19, Grey-kollege II 19
 Lichtenburg 30, Sentraal 12
 
 

 
 




 
  
  
  
  
  
  
  
  
 