Middelburg weer in Rooi en Groen verdeel


Middelburg is weer in rep en roer voor Saterdag se jaarlikse derby tussen Hoër Tegniese Skool Middelburg en Hoërskool Middelburg.
Volg al die aksie regstreeks op Supersport Schools – (www.supersportschools.com)
Verlede jaar het die Rooi Bulle van HTS Middelburg in albei kragmetings koning gekraai, nadat hulle eers met 31-24 in die uitspeelrondes en toe met 22-17 in die halfeindronde van die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling geseëvier het.
Die moontlikheid bestaan dat dié twee spanne mekaar weer in ‘n uitspeelronde van dié afdeling kan raakloop.
Die Rooi Bulle spog reeds met ‘n gemaklike sege van 44-15 oor Hoërskool Marais Viljoen in die vorige ronde, terwyl die Middies litte losgemaak het teen Afrikaanse Hoër Seunskool se derde span, die Rooiharte.
Matthew Abbey, die Middies se losskakel, was sy span se groot uitblinker in verlede jaar se derby, maar sal graag vanjaar dinge ‘n stappie verder wil neem en hulle tot ‘n sege lei.
Vir die Rooi Bulle behoort haker, Hanru Terblanche, die vuur voorlangs te stook in sy tweestryd met Middies se Roux Grobler, terwyl HTS se hemelbesem-slot, Janco Botha, die oorhand sal probeer verkry in die lynstane.
In Kempton Park, wil Hoërskool Kempton Park vergoed vir sy nederlaag die week vantevore wanneer hy vir Hoërskool Marais Viljoen op die Oos-Rand welkom heet. Die span van Alberton lek ook wonde, maar het vroeër vanjaar gewys dat hy oor die vermoë beskik om te herlaai, en dan kan hy gevaarlik wees.
Rio Tshimbalanga, ‘n sterk aanspraakmaker as agsteman vir die Leeus se Cravenweekspan, sal oudergewoonte die pas aangee vir Marais Viljoen, maar hy kan taai teenstand verwag van Kempies se woelwater-flank, Marco van der Walt.
Ligbron Akademie durf die tog van 373 km aan na Klerksdorp, waar hy teen Hoërskool Wesvalia te staan kom. Die Wessies behoort oor te loop van selfvertroue nadat hulle verlede naweek vir die tweede keer vanjaar met Hoërskool Klerksdorp afgereken het.
Die Liggies, gekwes na ‘n nederlaag van 15-59 teen Hoërskool Zwartkop, het egter ‘n punt om te bewys en hul gevaarlike duo bestaande uit Neo Zwane (regtervleuel) en Siyanda Dennison (buitesenter) kan met die nodige voorvoetbal vir Wessies se agterlyn heelwat hoofbrekens besorg.
Die spanne:
HTS Middelburg t. Hoërskool Middelburg om 14:30 in Middelburg:
HTS Middelburg (moontlik): 15 WJ Enslin, 14 Kwanele Mkhize, 13 Jacques Greyling, 12 Tercius Bezuidenhout, 11 CJ Muller, 10 Nathan Jansen van Vuuren, 9 Reece Botha, 8 Kayden Wessels, 7 Regard Blake, 6 Dewan Coetzee, 5 Janco Aucamp, 4 Ethan Kock, 3 Marinus Oberholzer, 2 Hanru Terblanche, 1 Janco Botha.
Hoërskool Middelburg: 15 Katlego Baloyi, 14 Kefilwe Phamotse, 13 Jaco Truter, 12 Lingelo Maseko, 11 Lesego Rakale, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Hencoe Jane van Rensburg, 7 Wihan Jordaan, 6 CW Hanekom, 5 Jabu Mathebula, 4 Khensani Buthelezi, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Carlo Joubert.
Hoërskool Kempton Park t. Marais Viljoen om 12:30 in Kempton Park:
Kempton Park: 15 Ben Steyn, 14 Ethan botha, 13 Wian Riekert, 12 Jethro Williams, 11 Ettienne Stroebel, 10 Stian de Villiers, 9 Ferdi Smith, 8 Ruan Mostert, 7 Marco van der Walt, 6 Matthew Vermaak, 5 Luca du Plooy, 4 Louis Mouton, 3 Dihan Keeve, 2 Matthew Swannevelder, 1 Piet van den Heever.
Marais Viljoen: 15 Raynhardt Kruger, 14 Cayden Scheepers, 13 Juan van den Heever, 12 Jonno Morkol, 11 Kabelo Tlhoaele, 10 Claude do Cotto, 9 Ethan Wiedeman, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Munga Mwengehya, 6 Lloyd Shoko-Schenck, 5 Dean Scheepers, 4 Jermaine Crause, 3 Sifiso Shongwe, 2 Ondisa Njili, 1 Juan Cooper.
Wesvalia t. Ligbron Akademie om 12:30 in Klerksdorp:
Wesvalia: 15 Henco Greyling, 14 Martin Bierman, 13 Jeandré Snyman, 12 Wian du Preez, 11 Wilson Letholi, 10 Eduard Dreyer, 9 Barry Niemand, 8 Franco Dumond, 7 Tiaan de Kock, 6 Quewen Fourie, 5 JP Hatting, 4 Joshua Pieterse, 3 Ignus Nel, 2 Fanie Linde, 1 Ulrigh du Preez.
Ligbron Akademie (moontlik): 15 Bandile Thanjekwayo, 14 Neo Zwane, 13 Siyanda Dennison, 12 Lethi Ngwenya, 11 Ndumiso Dlamini, 10 Eben Degenaar, 9 Renier van Staden, 8 Janco Claasen, 7 Jurgens Bezuidenhout, 6 Tiaan Botha, 5 Ian Booysen, 4 Henco Scheepers, 3 Devan Scheepers, 2 Regard Janse van Rensburg, 1 WP Human.