Met eerste sege agter die blad is Ermelo ’n perd van ‘n ander kleur


Met ‘n eerste sege in die SDC Noordvaal Cup se Bowl-afdeling, wat hulle lank ontwyk het, oplaas agter die blad, kan Hoërskool Ermelo voortaan ‘n moeilike perd wees om op te saal.
Volg al die Noordvaal Bowl-aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Dit is iets wat Bergsig Akademie, nóg ‘n nuweling in vanjaar se reeks, deeglik van bewus is op die vooraand van die twee spanne se stryd Saterdagmiddag in Rustenburg.
Die span van Mpumalanga het kort voor die skoolvakansie sy eerste sege as deel van die Bowl-afdeling behaal, en dit boonop teen een van dié afdeling se groot honde, Hoërskool Eldoraigne. Dit het gewys dat Bergsig op enige gegewe dag die wa deur die drif kan trek.
Duan Burger, die oopkantflank en held met ‘n drie in die doodsnikke teen die Eldos, sal weer ‘n vername rol hê om te speel, terwyl heelagter, WJ Pretorius, wat ook die span van Ermelo se skopwerk behartig, se tweestryd met die Eagles se ervare Alzandro dos Santos beloof om die skote agterlangs te laat klap.
Nog ‘n Dos Santos in die Eagles se midde, skrumskakel, Paulo, is oorgehaal om sy tweelingbroer van sy gebruiklike flink diens te voorsien. Albei het in die span van Rustenburg se laaste wedtryd voor die vakansie hul 50ste buiging vir die Eagles gemaak.
In Randburg wag daar ‘n titaniese stryd op Hoërskool Randburg wanneer Merensky Landbou Akademie van agter die sitrusgordyn, in Tzaneen, kom besoek aflê.
Die Randburgers moet die stryd sonder staatmakerslot, Philip Rykaart, aandurf. Rykaart is tot die volgende ronde buite aksie weens ‘n hou teen die kop in die Goue Leeus se Welpie-wedstryd by die onlangse Akademieweek in Middelburg. Hy word deur Branden Peterson vervang.
Voorts skuif Joshua Wiggett van heelagter na losskakel, met Eduan Bakkes wat hom vervang in die nr. 15-trui. Loskopstut en kaptein, Malan van Heerden, keer ook terug van ‘n besering.
Die Plasies pak die tog met ‘n onveranderde span aan wat beteken dat nuutverkose hoofseun, Jan Pretorius, weer saam met steelkantflank, PG Botes, aan die kant van die skrum diens doen. Kaptein en Cravenweek-losskakel, Maritz Meintjies, neem sy gebruiklike plek op binnesenter in.
Hoërskool Eldoraigne draf vir die eerste keer sedert die aanvang van seisoen met ‘n volsterkte span op sy tuisveld uit teen Hoërskool Dinamika. Daar is nietemin ‘n paar aanpassings gemaak, met vernaam Cameron Killian se skuif van flank na haker wat aandag trek. Binnesenter, Kevin Earle maak ook sy terugkeer na die beginspan.
Potchefstroom Volkskool, wat steeds in ‘n stoeigeveg vir ‘n plek in die halfeindrondes gewikkel is, sal sy staal teen Hoërskool Jeugland tuis in Potchefstroom wil wys.
Die eksperiment met Anro Nel op losskakel het duidelik ‘n indruk gelaat aangesien die Volkies besluit het om te volhard met die kombinasie van Lourenzo Louw (regtervleuel) en Lethabo Riet (heelagter) in die agterste driehoek. Riet se tweestryd met Jeugland se Kokets Maphopa kan vir aksiebelaaide hardlooprugby in Potchefstroom sorg.
Die spanne:
Bergsig Akademie t. Hoërskool Ermelo om 13:40 in Rustenburg
Bergsig Akademie: 15 Alzandro Dos Santos, 14 Keabetswe Daile, 13 Bradley Stonehouse, 12 Dan Bogopane, 11 Heinrich Krugel, 10 Carlo de Jager, 9 Paulo Dos Santos, 8 Stephan Harmse, 7 Thatano Bagwase, 6 Christiaan de Abreu, 5 Martin Pieterse, 4 Jacques Viviers, 3 Dylan Smith, 2 Marnus Dercksen, 1 Thabang Machubene.
Hoërskool Ermelo: 15 WJ Pretorius, 14 Luthando Mahlangi, 13 HJ Hobkirk, 12 Nicolas Steyn, 11 Thabo Mokwena, 10 Janco Kleynhans, 9 Dick Rouillard, 8 Cules Hamman, 7 Marco de Bruin, 6 Duan Burger, 5 Janneman Malan, 4 De La Rey Hattingh, 3 Jacques Diedericks, 2 Ruan Grobler, 1 Hennie Geel.
Hoërskool Randburg t. Merensky Landbou Akademie om in Randburg
Hoërskool Randburg: 15 Eduan Bakkes, 14 Bradley Butcher, 13 Dwaine Scotson 12 Zander Drake, 11 Jayden Oosthuizen, 10 Joshua Wiggett, 9 Rico Vosloo, 8 Cruwin Hill, 7 Chrisjan van Niekerk, 6 Victor van Blerk, 5 Branden Peterson, 4 Jayden Brown, 3 Kian Kritzinger, 2 Diedelov Fourie, 1 Malan van Heerden.
Merensky: 15 George Steenkamp, 14 Meschack Mohlala, 13 Jens Bezuidenhout, 12 Maritz Meintjies, 11 Henru Venter, 10 JD Boshoff, 9 Muis Koen, 8 Phuki Mpiti, 7 PG Botes, 6 Jan Pretorius, 5 Craig Walker, 4 Blessing Mathebula, 3 Otto Muller, 2 Marno Nel, 1 Carel Volschenk.
Eldoriagne t. Dinamika om 12:30 in Centurion
Eldoraigne: 15 Manie Buitendag, 14 Aiden Labuschagne, 13 Hanno Jacobs, 12 Kevin Earle, 11 Hugo Theron, 10 Damian Elferink, 9 Darren Bruwer, 8 Justin Meintjies, 7 Kyle de Bruin, 6 Juawan Pieterse, 5 MC Scheepers, 4 Esdee Kotze, 3 Wian White, 2Cameron Killian, 1 Marnes Prinsloo.
Dinamika: 15 Zavian Mathys, 14 Nico Greyling, 13 Shane Serfontein, 12 Caiden van der Merwe, 11 Nathan Kearns, 10 Keanu de Sousa, 9 Gustav Schutte, 8 Monré van Wyk, 7 Hendrik Albert, 6 Darren Pretorius, 5 Dewan Gomes, 4 Branden Smit, 3 Jayden Smith, 2 Duandré Boshoff, 1 Janco Fourie.
Potchefstroom Volkskool t. Jeugland om 12:30 in Potchefstroom
Potchefstroom Volkskool: 15 Lethabo Riet, 14 Lourenzo Louw, 13 Hennie Pretorius, 12 Rivel Samuel, 11 Juan Fourie, 10 Anro Nel, 9 Juhan Geldenhuys, 8 Johannes Lombard, 7 Marlu du Preez, 6 Wian Victor, 5 Henré Nel, 4 Joshua van der Westhuizen, 3 De Waal Coetzer, 2 Louis Fourie, 1 Koan Smith.
Jeugland (moontlik): 15 Kokets Maphopa, 14 Beya Nyathi, 13 Andrew Khoza, 12 Innocent Vilakazi, 11 Thando Ngomane, 10 King Agbanzo, 9 Zaydene Adams, 8 Jaden Kleyn, 8 Jaden Kleyn, 7 Alec Mohlala, 6 Joseph Ngoma-Ngoma, 5 Nivan Duvenhage, 4 Daniel Wawina, 3 Khumo Maimane, 2 Lesego Moitse, 1 Phenyo Nkoana.

Click here for everything you need to know about the SDC Noordvaal Cup




