SuperSport Schools Plus

Menlopark Stolk-loos vir afskop van Finsbury-reeks

By Franco Oberholzer , in Cricket | Featured Cricket | News Featured | Main , at 2024-01-18 Tags: ,

WIAN RUTHVEN (Waterkloof)

Die verdedigende kampioen van die Finsbury-liga se A-afdeling, die Hoërskool Menlopark, sal sonder die dienste van sy SA o.19-speler, Steve Stolk, moet klaar kom.

Stolk sal die grootste deel van die kompetisie misloop weens sy betrokkenheid by die o.19 Wêreldbeker wat op 19 Januarie in Suid-Afrika begin.

Die span van Pretoria bevind homself ook sonder die dienste van sy aanvangsbouler Tiaan Serfontein wat tans op die krukkelys is.

Dit maak egter die deur oop vir sy kaptein, Ewald Meyer, om sy stempel vroeg in die jaar af te druk. Meyer is ‘n sleutelspeler vir die span van die Jakarandastad. Die veelsydige-speler sal die kolfbeurt open asook die nuwe bal vir sy span opneem.

Willem Sevenster is nog ‘n belangrike pyl in die Menlo-koker. Sevenster is bekend vir sy aanvallende spel met die kolf in die hand. Hy sal ook weer in sy gereeelde posisie as paaltjiewagter diens doen. Menlo se draaibal-towenaar Pierre de Villiers is nog ‘n speler om voor uit te kyk. Saam met sy vernuf met die bal, speel hy ook ‘n belangrike rol in die span se kolforde.

Dit bring hope ervaring na die tafel, aangesien al drie reeds die Titans se o.17 span by verlede jaar se streekstoernooi in Benoni verteenwoordig het.

Waterkloof is sonder twyfel ook ‘n gunsteling om vanjaar aanspraak op dié titel te maak. Die span van Pretoria is in ‘n sterk posisie na hy die kern van sy suksesvolle 2023-span, wat as kampioene van die Titans A-Liga, die Noord/Suid T20-toernooi asook die Fain-reeks gekroon is.

Sy kaptein en paaltjiewagter, Beukes van den Berg, sal weer vanjaar die span aanvoer, terwyl Marcus Bakker ook weer vir die Klofies in aksie te siene sal wees. Bakker dra waardevolle ervaring by as die enigste oorblywende speler wat reeds in 2023 op die Khaya Majola-week in aksie was.

Wian Ruthven sal weer menigde boulaanvalle die skrik op die lyf jaag met sy terugkeer. Saam met Ruthven maak Divan Behrens en die opwindende Franco Cronjé ook hul terugkeur om die Klofie-span verder te versterk.

Alex Volschenk is nie beskikbaar nie as gevolg van internationale verantwoordelikhede. Die jong veelsydige-speler neem die leisels op vir die Namibiese o.19-span in vanjaar se o.19 Wereldbeker. GJ de Swart is ook afwesig weens ‘n ernstige kniebesering en sal eers aan die einde van die jaar in aksie wees.

Potchefstroom Volkskool sal in baie se opinies ‘n buiteperd in vanjaar se kompetisie wees. Die krieketkrag van Potchefstroom het oor die jare bewys dat hy onder die groter honde, meer as sy byt werd is.

Attie Liebenberg sal die die span se sleutel tot sukses wees. Die voorslag kolwer sal ‘n belangrike rol in die Volkies se kolforde speel. Liebenberg sal ook sy span aanvoer.

Die Noord-Wes aanvangsbouler Berno de Klerk maak ook sy terugkeur na die Volkie-span. Diaan van der Merwe neem weer sy plek as aanvangskolwer in en sal met sy linkerhandse draaiboulwerk in die middelste boulbeurte vir sy span goud werd wees.

Die ervare Dian Liebenberg se draaiboulwerk sal ook weer verwelkom word met die hoop dat dit teenstanders se kolwers behoorlik kan fnuik.

Hoërskool Nelspruit sal beoog om op ‘n moeilike 2023-seisoen te verbeter. Jayden Meyer, die Nellies se kaptein sal ‘n belangrike rol hierin speel. Hy is uiters gevaarlik met die kolf in die hand. Meyer het reeds die verantwoordelikheid om vir Mpumalanga met die nuwe bal tydens die Khaya Majola-week die leiding te neem.

Die Nellies het ‘n groot gros jong talent wat vanjaar kan deurbreek. Vaughn van Zyl, John Duncan en Janco Breyl is drie van dié spelers wat verlede jaar Mpumalanga se o.16-span verteenwoordig het, wat vanjaar onder Meyer se leiding ‘n impak sal wil maak.

Soos die meeste ander spanne in die afdeling het die Hoërskool Centurion ook ‘n groot deel van sy kern van die 2023-seisoen behou.

Die twee belangrikste is sekerlik sy provinsiale spelers, Charl Prinsloo en Rehan Lues. Pretorius sal die leisels neem in die komende jaar en al sy kolfvernuf in die middelorde sal van uiterste belang wees. Sy draaiboulwerk sal egter ook ‘n groot wapen in die Woeries se arsenaal wees.

Lues, die Woeries se aanvangsbouler, sal laer af die orde in aksie wees. Saam met sy vaardighede met die nuwe bal is Lues ook ‘n groot gevaar met die kolf. Die veelsydige-speler is wel-bekend in die Pretoria omgewing vir sy verwoestende kolfbeurte

Saam met Prinsloo en Lues is dit Anton Stassen, Logan Fourie, Nathan Willemse en Wouter Kielblock wat die Woeries se staatmakers behoort te wees. Al vier het reeds goeie ervaring op eerstespanvlak en sal die kern van die Centurion-span vorm.

Hoërskool Rustenburg is die sesde span wat in die A-afdeling van die reeks in aksie sal wees.

Die uitspeelwedstryd om promosie/relegasie sal op 24 Februarie plaasvind. Die span wat laaste in die A-afdeling eindig sal teen die voorste span in die B-afdeling te staan kom.

Die bepalings:

20 Januarie 2024

Hoërskool Rustenburg vs Waterkloof
Hoërskool Nelspruit vs Centurion
Potchefstroom Volkskool vs Menlopark

27 Januarie 2024

Potchefstroom Volkskool vs Hoërskool Nelspruit
Waterkloof vs Centurion
Menlopark vs Hoërskool Rustenburg

3 Februarie 2024

Centurion vs Potchefstroom Volkskool
Menlopark vs Waterkloof
Hoërskool Nelspruit vs Hoërskool Rustenburg

10 Februarie 2024 

Hoërskool Rustenburg vs Centurion
Waterkloof vs Potchefstroom Volkskool
Menlopark vs Hoërskool Nelspruit

17 Februarie 2024 

Potchefstroom Volkskool vs Hoërskool Rustenburg
Centurion vs Menlopark
Waterkloof vs Hoërskool Nelspruit

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.