SuperSport Schools Plus

Marais Viljoen verower sewes-titel in doodsnikke teen Die Anker in Heidelberg

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-11-10 Tags: , , , , ,

Die Hoërskool Marais Viljoen is vanjaar bobaas by die Heidelberg Volkskool-been van die Darryl Weir o.17 sewestoernooi.

Hulle sluit die naweek onoorwonne af en kwalifiseer dan ook vir die Kampioenskap Toernooi in Bloemfontein in Oktober.

Vang al die aksie op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na toernooi

Die kampioene moes sweet vir hul oorwinning teen ‘n onvermoeide span van Die Anker in die eindstryd.

Teen halftyd was die twee spanne nog vas op 5-elk, en die tweede helfte was net so taai, tot ‘n drie teen die loop van spel in die doodsnikke van die wedstryd vir Marais Viljoen ‘n 19-12 sege kon besorg.

Met speeltyd iets van die verlede was Die Anker op die voorvoet in Marais Viljoen se gevaargebied, maar ‘n hanteringsfout het die besit terug gegee aan Marais Viljoen en sy spoedvraat, Brandon Els, kon die verdedigers in sy stof laat en van sy eie 22m-lyn af nael om die wendrie onder die pale te druk.

Die Anker het goed gedoen om te herstel na ‘n 12-5 nederlaag teen Oosterlig vroeër die naweek om hul plek in die eindstryd te verdien.

Die Brakpanners se eerstespan beweeg volgende jaar na die Skild-afdeling van die SDC Noordvaal reeks a hul vertoning in die Bowl-afdeling hierdie jaar.

Marais Viljoen kompeteer in die Beker-afdeling, so die manne van Die Anker sal trots wees op hul vertoning oor die naweek ondanks die feit dat hulle nie die trofee saam kon terug bring nie.

Montana is die Plaat-afdeling kampioene na ‘n 19-10 oorwinning teen Brandwag en Trinity House het die gasheerskool se tweedespan met 19-14 in die Bowl eindstryd verslaan.

Birchleigh het hul beste vertoning van die naweek gelos vir die laaste wedstryd om die Skild met ‘n 33-5 sege oor Belvedere te verower.

Al die uitslae:

Groep A: Marais Viljoen 14, Brandwag 10; Marais Viljoen 42, Trinity House 7; Brandwag 32, Trinity House 7.

Groep B: Kempton Park 41, Birchleigh 0; Hugenote 33, Kempton Park 0; Hugenote 26, Birchleigh 0.

Groep C: Oosterlig 45, Belvedere 0; Die Anker 36, Belvedere 0; Oosterlig 12, Die Anker 5.

Groep D: Heidelberg Volkskool 17, Heidelberg Volkskool II 0; Montana 24, Heidelberg Volkskool 17; Montana 28, Heidelberg Volkskool II 7.

Kwarteindronde:

Beker: Marais Viljoen 33, Kempton Park 7; Heidelberg Volkskool 26, Oosterlig 12; Hugenote 21, Brandwag 12; Die Anker 17, Montana 7.

Halfeindrondte:

Beker: Marais Viljoen 14, Hugenote 7; Die Anker 17, Heidelberg Volkskool 12.

Plaat: Brandwag 24, Kempton Park 14; Montana 21, Oosterlig 19.

Bowl: Heidelberg Volkskool II 41, Belvedere 0; Trinity House 17, Birchleigh 0.

Eindstryd:

Beker: Marais Viljoen 19, Die Anker 12; (Derde plek) Hugenote 12, Heidelberg Volkskool 10.

Plaat: Montana 19, Brandwag 10.

Bowl: Trinity House 19, Heidelberg Volkskool II 14.

Skild: Birchleigh 33, Belvedere 5.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.