SuperSport Schools Plus

Marais Viljoen té sterk vir Pieties, Volkies skok Montana

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-03-22 Tags: , , , , , , ,

FOTO: Hoërskool Marais Viljoen op Facebook.

Hoërskool Marais Viljoen was Vrydagmiddag in Alberton té sterk vir die besoekende Hoërskool Pietersburg in die kwarteindronde van die NWU Prestige-reeks.

Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

Alhoewel die Pieties hul man gestaan het teen die “groter hond”, was dit duidelik dat die span van Alberton oor meer ondervinding beskik vir die groot oomblikke en weet hoe om te wen wanneer dit saak maak. Hy het uiteindelik, na ‘n fisieke stryd teen die Pieties, met 27-23 koning gekraai.

Losskakel, Claude de Couto, was sy gevaarlike self en het nie geskroom om die Pieties se verdediging aan te vat nie, waarvoor hy met een van sy span se vier drieë beloon is. Hy het verder uitstekende diens aan sy agterlyn gelewer, wat gelei het tot drieë deur linkervleuel, Kabelo Tlhoaele, en binnesenter, Jonno Morkol, wat uiteindelik die uitklophou toegedien het.

Zhian Lombaard, die span van Polokwane se haker, was nietemin voorlangs ‘n doring in die vlees van die tuisspan, terwyl heelagter, Ryno Mienie, in die kol was met twee doelskoppe en twee strafdoele.

Potchefstroom Volkskool het vir die tweede agtereenvolgende week met ‘n sege van een punt huiswaarts gekeer, om vir die gevaarlike Hoërskool Montana met 20-19 te skok Die Volkies se heelagter, Anro Nel, was, nes verlede week, die groot uitblinker met sy venynige teenaanvalle en het dikwels die Montie-verdediging gefnuik.

Alhoewel die Monties die onderspit gedelf het, het haker, Aiden Vorster, steeds uithalerspel gelewer. Dit is altyd spesiaal as ‘n voorspeler, en meer spesifiek ‘n voorryman, ‘n driekuns aan drieë behaal, en dit is presies wat Vorster vermag het.

Bergsig Akademie se geluk het einde ten laaste gedraai, met die span van Rustenburg wat uiteindelik sy rekening geopen het met ‘n oorwinning van 26-25 oor Hoërskool Lichtenburg. Losskakel, Carlo de Jager, was grootliks verantwoordelik vir dié sege met ‘n drie en drie strafdoele vir ‘n peroonlike bydrae van 14 punte .

Puntemakers: 

Marais Viljoen 27 (13) – Drieë: Claude de Couto, Juan van den Heever, Kabelo Tlhoaele, Jonno Morkol. Doelskoppe: Raynhardt Kruger (2). Strafdoel Kruger. Hoërskool Pietersburg 23 (11) – Drieë: Zhian Lombaard, Elardus Erasmus, Andru de Beer. Doelskoppe: Ryno Mienie (2). Strafdoele: Mienie (2)

Potchefstroom Volkskool 20 (12) – Drieë: Hennie Pretorius, Anro Nel, Lorenzo Louw. Doelskop: Juhan Redelinghuys. Strafdoel: Redelinghuys. Montana 19 (12) – Drieë: Aiden Vorster (3). Doelskoppe: Hendrew Schoeman (2).

Bergsig Akademie 26 (13) – Drieë: Carlo de Jager, Heinrich Krugel, Garth Hofsta. Doelskop: Bradley Stonehouse. Strafdoele: Carlo de Jager (3), Bradley Stonehouse (2). Hoërskool Lichtenburg 25 (15) – Drieë: Darius Lombaard (2), Aidan Stimie. Doelskoppe: Luan Snyman (2). Strafdoele: Snyman (2).

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.