
CSA to host SA U19 Women Camps to launch journey towards 2027 World Cup
TSHWANE: Cricket South Africa (CSA) is gearing up to host two national training camps for the South Africa Under-19 Women’s team
Vir die tweede agtereenvolgende jaar sal ‘n leerling van St Stithians College in die Goudstad, Wandile Makwetu, die Suid-Afrikaanse skole-krieketspan aanvoer.
Die nasionale span sal die SA Colts Vrydag in ‘n T20-wedstryd van 09:30 in die Wanderers-stadion pak. Makwetu se pa is die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu.
Makwetu volg in die voetspore van Wiaan Mulder (2016), Philip Hearle (1996), CJ Benadie (1981) en Roy Pienaar (1978) van Saints wat die nasionale skolespan sedert 1940 aangevoer het.
Die twee skole wat mekaar vroeër vanjaar in die eindstryd van die nasionale T20-reeks gepak het, St Stithians College en Hudson Park, het elk drie spelers in die SA Skole-span. Saints het buiten vir Makwetu ook vir Curtis Campher en Joshua Richards wat die span gehaal het. Hudson Park se Sinethemba Qeshile, Akhona Mnyaka en Jason Niemand sal ook hul staal teen die Colts toon.
OP se draaibouler Keenan Smith het verlede jaar die nasionale skolespan verteenwoordig, maar kon nie vanjaar een van die verteenwoordigende spanne haal nie.
David Rushmere volg ook in sy pa se voetspore. Sy pa, Mark Rushmere, het die SA Skole-span in 1982 en 1983 aangevoer. Rushmere jr. sal die nasionale span se beurt more open.
Die nasionale skolespanne is:
SA Skole: Wandile Makwetu (St Stithians College – kaptein), Curtis Campher (St Stithians College), Achille Cloete (Hoër Jongenskool Paarl), Jade de Klerk (Woodridge College), Mondli Khumalo (Maritzburg College), Sinethemba Qeshile (Hudson Park), Jacob Miltz (St David’s Marist), Akhona Mnyaka (Hudson Park), Kgaudise Molefe (Jeppe High School for Boys), Jason Niemand (Hudson Park), Joshua Richards (St Stithians College), David Rushmere (St Andrew’s College).
SA Colts: Louis van Schalkwyk (Potchefstroom Volkskool – kaptein), Christopher Britz (Pretoria Boys’ High), Khanya Cotani (Paul Roos Gimnasium), Khwezi Gumede (Glenwood), Michael Mahlaba (St Martins), Sisonke Mazele (Western Cape Sport School), Pheko Moletsane (St Andrews, Bloemfontein), Matthew Montgomery (Clifton), Emmanuel Motswiri (Maragon), Gideon Peters (Waterkloof), Jason Raubenheimer (Selborne College), Nico van Zyl (Waterkloof).