Luiperds trek sege deur teen Griekwas in sopnat Paarl
Die Luiperds het met hul prooi gespeel en toe in doodsnikke danksy ‘n drie deur hulle skrumskakel, Max Williamson, die noodlottige byt toegedien. Die Luiperds het sy kragmeting teen Griekwaland-Wes op ‘n sopnat en koue Brugstraat in die Paarl met 17-6 gewen.
Die wenspan het teen rustyd ‘n voorsprong van 10-6 geniet wat hy slegs met desperate lakwerk en stukkies geluk in die tweede helfte verdedig het. Griekwas het deurgans druk op die Luiperds in die tweede helfte geplaas. En voor Williamson se drie die uitslag in die Luiperds se guns beklink het, was daar slegs een span op die veld in die tweede helfte en dit was Griekwas.
Hoewel die Poubloues kamp in die Luiperds se gebied in die tweede helfte opgeslaan het, kon hy net nie deurkomkans vind nie. Veral die buitesenter, Cole Arnoldus, het ‘n hele paar keer daarin geslaag om in die moeilike omstandighede oor die voordeellyn te kom. Die slot Marco van der Merwe het ook vir die verloorspan voorlangs ingeklim.
Die Luiperds se flank Gustav van Staden het met sy spel by die afbreekpunte op gereelde grondslag gesorg dat belowende bewegings van Griekwas in die kiem gesmoor word. Dit het telkens die druk op die Luiperds verlig.
Puntemakers:
Luiperds 17 (10) – Drieë: André Rossouw, Max Williamson. Doelskoppe: Frank-Lee Jackson (2). Strafdoele: Jackson. Griekwaland-Wes 6 (6) – Strafdoele: SJ Oberholzer, Handré Bruwer.
- Ntini the Chief Destroyer of Samoa at the ICC u19 Women’s World Cup - 2025-01-20
- DBE Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-16
- IEB Matric Results | Per School 2024 - 2025-01-15