SuperSport Schools Plus

Lombaard gaffel Affies op Wildeklawer


NewsG BoishaaiDie grootste skolerugbywedstryd op skolevlak tot dusver vanjaar het gister aan Gianni Lombaard, heelagter van die Hoër Jongenskool Paarl, behoort.

Lombaard het al 29 van sy span se punte in sy oorwinning van 29-25 oor die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria in die hoofwedstryd van die laaste dag van die Wildeklawer-toernooi hier aangeteken.

Dit was toevallig ook Boishaai se 29ste agtereenvolgende sege op die rugbyveld. Affies was tot voor die wedstryd nog onoorwonne en as die voorste skolespan in die land gereken. Boishaai het verlede jaar as Suid-Afrika se voorste skolespan afgesluit.

Dit was ’n titaniese stryd waarvan die uitslag nog tot op die einde in die weegskaal was. Affies se skrumskakel, Jack Hart, behoort vanjaar baie naby aan die nasionale skolespan te kom, terwyl die vaskopstut, Arno van Wyk, ook ’n yster was.

Buiten Lombaard het sy kaptein en slot, Salmaan Moerat, ook fisiek onder Affies ingeklim.

Die Kwaggas van die Hoërskool Outeniqua het vir Monument van Krugersdorp ’n rugbyles van 40-25 geleer.

Dit was ’n les dat vaart en vernuf meer werd as fisiekheid op die rugbyveld is. Die Kwaggas het teen rustyd met die telling op 34-5 vir Monnas reeds van die veld afgespeel. Veral die binnesenter, JP Duvenage, en die heelagter,Tristan Fourie, het te veel vrae aan Monnas se verdediging agterlangs gevra.

Monnas het wel in die tweede helfte sterk teruggeveg na Fourie tyd in die koelkas deurgebring het.

Grey-kollege het Oakdale Landbou se onoorwonne status vanjaar met ’n sege van 48-23 tot ’n einde gebring. Die span van die Rosestad was met ’n agterstand van 16-7 teen rustyd in die moeilikheid, maar het op die ou einde oor te veel skietgoed vir Oakdale beskik.

Grey se agtsteman, Dian Schoonees, en die stut, Naudé Naudé (stet), het meter veld gewen wanneer hulle die bal onder die arm vasgeknyp het. Die buitesenter, Janco van Heyningen, se vaart was ook te veel vir Oakdale om hom in te perk.

Paarl Gimnasium was in ’n opwindende wedstryd met 38-22 teen EG Jansen van Boksburg baas. Die twee spanne het met die telling op 31-17 in Paarl Gimnasium se guns gaan rus.

Paarl Gimnasium het ook gesien hoekom Jansies se losskakel, Ruben Beytell, nie vir ’n enkele oomblik alleen gelos kan word nie. Beytell het drie keer Gimmies se doellyn oorgesteek. Die losskakel van Boksburg het vanjaar al 16 drieë in sy span se tien wedstryde tot dusver gedruk.

Diamantveld moes aan sy voorsprong van 22-17 klou om uiteindelik as oorwinnaars van die veld teen HTS Middelburg se Rooi Bulle te stap. Diamonds se senter Etdeon Greyvenstein en die agtsteman, Jacques Ackerman, het die grootste bydraes met hul vertonings tot die sege gelewer.

Die Rooi Bulle se kaptein en flank, JC Pretorius, was sy skitterende self. Die blondekop kantman het die veld vol gespeel.

Paul Roos Gimnasium se SA Skole-losskakel, Damian Willemse, was weer op sy stukke teen Menlopark. Hy is vir sy vertoning met die toekenning as Speler van die Wedstryd in die sege van 32-5 beloon.

Noord-Kaap het die bordjies in ’n wipplankstryd op die tweede dag van die Wildeklawer-toernooi in Kimberley teen Welkom Gimnasium met 34-32 verhang. Gimmies het die kragmeting tussen die twee spanne vroeër vanjaar oortuigend met 32-5 gewen. Northerns se heelagter, Cameron Hufke, het ’n strafdoel na speeltyd reeds verstreke was vir die sege oorgeklits. Hufke het 19 punte tot sy span se totaal bygedra.

Puntemakers: 

Hoër Jongenskool Paarl 29 (19): Drieë: Gianni Lombaard (2). Doelskoppe: Lombaard (2). Strafdoele: Lombaard (5). Affies 25 (11): Drieë: Marnus Potgieter, Schalk Erasmus, Cabous Eloff. Doelskoppe: Ruan de Swardt (2). Strafdoel: De Swardt. Skepdoel: De Swardt (2).  

Outeniqua 40 (34): Drieë: JP Duvenage (2), Lance Lamprecht, Bradley Kiewietz, Wilco du Preez. Doelskoppe: James-Henry Mollentze (3). Strafdoele: Duvenage (3). Monument 25 (5): Drieë: Luke Rossouw, Cameron Shutzler, Jandré Botha, PJ Botha, PJ Jacobs.

Boland Landbou 30 (17): Drieë: Louis Frylinck, Janlu Steenkamp, Jandré Maree. Doelskoppe: Duren Hoffman (3). Strafdoele: Hoffman (3). Waterkloof 20 (20): Drieë: Renaldo Dorlfing (2), Giovan Syman. Doelskop: Duhann Gunter. Strafdoel: Gunter.

Paarl Gimnasium 38 (31): Drieë: Muller du Plessis (2), Muller Uys, Wian van Zyl, Zak Burger, Jan Jordaan. Doelskoppe: Theo Boshoff (4). EG Jansen 22 (17): Drieë: Ruben Beytell (3). Doelskoppe: Ginter Smuts (2). Strafdoel: Smuts.

Grey-kollege 48 (7): Drieë: Henk Cilliers, Janco van Heyningen, Diaan Schoonees, David Kriel, Juan Venter, Wihan Kloppers, Jaco van Tonder. Doelskoppe: Christopher Schreuder (5). Strafdoel: Schreuder. Oakdale Landbou 23 (16): Drieë: Xavier Swartbooi, Jaco Smit. Doelskoppe: Darren Adonis (2). Strafdoele: Jay-Cee Nel (2), Adonis.

Noord-Kaap 34 (14): Drieë: Gladwin Nieuwenhuyzen, Marc Aitken, Conrad van Aswegen, Cameron Hufke. Doelskoppe: Hufke (4). Strafdoele: Hufke (2). Welkom Gimnasium 32 (15): Drieë: Ronaldo Fortuin, Duke Jantjies, JJ Scheepers, Jason Wagman. Doelskoppe: Andrew Kota (3). Strafdoele: Kota (2).

Paul Roos Gimnasium 32 (8): Drieë: Daneel Steinman, Lyle Hendricks, Joshua Vermeulen, Damian Willemse, Davd-Ley Moses. Doelskoppe: Willemse (2). Strafdoel: Willemse. Menlopark 5 (0): Drie: Ruben Fleischauer.

Diamantveld 22 (22): Drieë: Etdeon Greyvenstein, De-an Ackermann, Timothy Harding. Doelskoppe: Charles Williams (2). Strafdoel: Williams. HTS Middelburg 17 (7): Drieë: Zander Joubert, JC Pretorius, Japie Kleynhans. Doelskop: Riekert Barnard.

Selborne College 60 (27): Drieë: Joshua Armstrong, Miles Norton, Cameron Moodie, André Rust, Darren Lemmer, Afika Ndinisa, Stephan Nieuwenhuizen, Sango Xamlashe. Doelskoppe: Xamlashe (7). Strafdoele: Xamlashe, David Coetzer. Louis Botha 10 (7): Drie: Marvin Ruiters. Doelskop: Rethabile Mzamo. Strafdoel: Mzamo.

Garsfontein 19 (0): Drieë: Embrose Papier, Ryno Pieterse, Lincoln Daniels. Doelskoppe: Abner van Reenen (2). Stellenberg 18 (7): Drieë: Lance Jurgens, Johann van der Merwe. Doelskop: Ruben Scholtz. Strafdoele: Scholtz (2).

Hoër Jongenskool Paarl 29 (19): Drieë: Gianni Lombaard (2). Doelskoppe: Lombaard (2). Strafdoele: Lombaard (5). Affies 25 (11): Drieë: Marnus Potgieter, Schalk Erasmus, Cabous Eloff. Doelskoppe: Ruan de Swardt (2). Strafdoel: De Swardt. Skepdoel: De Swardt (2). 

 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.