SuperSport Schools Plus

Limpopo Blou Bulle se spanne bekend vir nasionale weke


Die Limpopo Blou Bulle het hul voorlopige span vir die 60ste jaarlikse Cravenweek later vanjaar in Middelburg, Mpumalanga bekend gemaak.

Die toernooi vind vanjaar vanaf 7 tot 12 Julie op Hoërskool Middelburg se velde plaas.

Die span vanuit die noorde van Suid-Afrika kon verlede jaar slegs een van sy drie kragmetings tydens die toernooi in Krugersdorp wen. Dit was ‘n sege van 27-24 oor die Luiperds op die laaste dag.

Die Limpopo Blou Bulle kon sedert 2022 nog net twee keer in nege wedstryde ‘n oorwinning op die gesogte week behaal. Die ander sege was ook teen die Luiperds in 2022 toe hulle met 24-17 baas was.

Die span sal vanjaar in die eerste wedstryd van die Cravenweek teen die gasheer, die Pumas, te staan kom. Die Pumas het verlede jaar se toernooi onoorwonne afgesluit en behoort vanjaar weer ‘n gedugte span in die veld te stoot.

Old School

Slegs twee spelers wat verlede jaar vir die Limpopo Blou Bulle op die Cravenweek in aksie was – Juan Janse van Vuuren (Hoërskool Pietersburg) en Maritz Meintjies (Merensky) sal weer vanjaar vir die span uitdraf. Janse van Vuuren het verlede jaar op slot diens gedoen, maar sal vanjaar aan die kant van die skrum sak.

Die unie se Akademie-span het verlede jaar ietwat beter as die Cravenweek-span gevaar. Die span het sy toernooi in Johannesburg met ‘n sege van 106-7 oor die Suid-Afrikaanse LSOB-span (vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes) afgesluit.

Hy het ook ‘n sege van 28-21 oor Namibié behaal. Die span se Gehan Hendricks (binnesenter) en Thabang Nkuna (loskopstut) is die enigste twee spelers vanuit die Akademie-span wat vanjaar op die Cravenweek in aksie sal wees.

Die Cravenweek-span sal in ‘n opwarmingswedstryd teen die Blou Bulle se B-span (Akademie-span) eerskomende Dinsdag op Loftus Versfeld se B-veld te staan kom.

Die span se hoofafrigter is Corstiaan Vermaak (Hoërskool Pietersburg) met Pierre Coetzee (Ellisras) en Juan Vos (Curro Heuwelkruin) as hulpafrigters. Die spanbestuurder is Colin Fouché.

Die spanne is: 

Cravenweek: 15 Tshenello Nkwana (HTS Tom Naudé), 14 Phenyo Pula (Ben Vorster), 13 Gehan Hendricks (Ben Vorster), 12 Siya Mahlangu (Hoërskool Pietersburg), 11 Fortune Sehlebane (HTS Tom Naudé), 10 Anzio Swartbooi (Ellisras), 9 Celliers van der Merwe (Hoërskool Pietersburg), 8 Tumi Ramo (Ben Vorster), 7 Juan Janse van Vuuren (Hoërskool Pietersburg), 6 Andru de Beer (Hoërskool Pietersburg), 5 Ludke Pienaar (Hoërskool Pietersburg), 4 Daniel Leahy (Ellisras), 3 Stephan Janse van Rensburg (Hoërskool Pietersburg), 2 Zihan Lombard (Hoërskool Pietersburg), 1 Thabang Nkuna (Ben Vorster). Plaasvervangers: 16 Ruben Pohl (Ben Vorster), 17 Krissie Swanepoel (Hoërskool Pietersburg), 18 Rhandzu Malatje (Ellisras), 19 Lumni-Lu Heswick (Ben Viljoen), 20 Thapelo Monyane (Frikkie Meyer), 21 Maritz Meintjies (Merensky), 22 Ryno Mienie (Hoërskool Pietersburg), 23 Elvis Manokoane (HTS Tom Naudé).

9 Hoërskool Pietersburg | 5 Ben Vorster | 3 Ellisras | 3 HTS Tom Naudé | 1 Frikkie Meyer | 1 Merensky | 1 Ben Viljoen

Akademie-week: 15 HP van Heerden (Frikkie Meyer), 14 Lebogang Aphane (HTS Tom Naudé), 13 Tebogo Mapologelo (Hans Strijdom), 12 Mahlatse Kekana (HTS Tom Naudé), 11 Itu Magaba (Curro Heuwelkruin), 10 Juan Randall (Hoërskool Pietersburg), 9 Jayden Enslin (Hans Strijdom), 8 Kian du Plessis (Hans Strijdom), 7 Keanu Visser (Frikkie Meyer), 6 FC Smith (Hoërskool Pietersburg), 5 Henco Venter (Hoërskool Pietersburg), 4 Puki Mpiti (Merensky), 3 Lourens Pieterse (Frikkie Meyer), 2 Khatu Sikhwethu (HTS Tom Naudé), 1 Hendro Moulder (Hoërskool Pietersburg). Plaasvervangers: 16 Dewan Windell (Hoërskool Pietersburg), 17 Matthew Okwushi (Louis Trichardt), 18 Damien Coetzee (Frans du Toit), 19 Blessing Matebula (Merensky), 20 Mukhetwa Musundwa (Merensky), 21 Rome Pieterse (Ben Viljoen), 22 Mokibelo Mathlabaseletsi (HTS Tom Naudé), 23 Rea Senyolo (Ellisras).

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.