Liggies begin aanslag tuis om Puk Prestige titel te behou
Die verdedigende kampioen van die NWU-Pukke Prestige-reeks, die Hoërskool Lichtenburg, sal sy aanslag op vanjaar se titel op sy tuisveld tteen Hugenote van Springs afskop. Lichtenburg se eerstespan is verlede jaar as kampioen gekroon na hy die Hoërskool Middelburg in die eindstryd met 20-17 verslaan het. Dit het Middies se partytjie tydens hul honderdste bestaansjaar bederf.
Lichtenburg is saam met Hugenote, Driehoek en Marais Viljoen in Groep C geloot. Liggies word deur Michael Bondesio Darius Venter afgerig. Bondesio het op sy dag vir die Goue Leeus en die Luiperds die oond skoon gemaak.
Die Hoërskool Middelburg sal sy reeks op sy tuisveld teen Wesvalia van Klerskdorp afskop. Middies sal in sy ander twee Groep A-wedstryde teen Zwartkop en Randburg te staan kom.
In Groep B sal Noordheuwel, HTS Witbank, Oosterlig en Potchefstroom Volkskool sake uitspook. Nories en Potch Volkies behoort die gunstelinge te wees om tot die uitkloprondes deur te dring. In Groep D sal Potchefstroom Gimnasium, Die Anker, Jeugland en Montana mekaar die stryd aansê.
Die bepalings is:
2 Maart 2019
Hoërskool Middelburg vs Wesvalia
Oosterlig vs HTS Witbank
Lichtenburg vs Hugenote
Driehoek vs Marais Viljoen
9 Maart 2019
Wesvalia vs Zwartkop
Randburg vs Hoërskool Middelburg
Oosterlig vs Noordheuwel
HTS Witbank vs Potchefstroom Volkskool
Marais Viljoen vs Lichtenburg
Hugenote vs Driehoek
Jeugland vs Montana
Potchefstroom Gimnasium vs Die Anker
13 Maart 2019
Zwartkop vs Randburg
Noordheuwel vs Potchefstroom Volkskool
Jeugland vs Potchefstroom Gimnasium
Die Anker vs Montana
6 April 2019
Hoërskool Middelburg vs Zwartkop
Wesvalia vs Randburg
HTS Witbank vs Noordheuwel
Potchefstroom Volkskool vs Oosterlig
Hugenote vs Marais Viljoen
Driehoek vs Lichtenburg
Montana vs Potchefstroom Gimnasium
Die Anker vs Jeugland




