SuperSport Schools News

Ligbloues stuur die Blikore met stert tussen die bene terug Rosestad toe

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2019-06-16

NewsGBlouBulleDie Cravenweek word nie reeds op die Noordvaal Bondedag gewen nie. 

Almal weet sukses op die Cravenweek word nie reeds op die Noordvaal Bondedag verseker nie, maar die Blou Bulle sal heelwat selfvertroue uit hul sege van 40-38 oor die Vrystaat gister op Hoërskool Bekker net buite Magaliesburg put.  

Die Vrystaters het teen rustyd ‘n voorsprong van 26-14 opgebou. Dit is veral die gemak waarmee die span van Bloemfontein daarin geslaag het om drieë met indrukwekkende aanvalpogings te druk wat die span se afrigters, Adolf Swiegers en Bobby Joubert, nie te veel slapelose nagte oor die uitslag sal gee nie. 

Die Ligbloues se grondslag is voorlangs gelê met veral die vaskopstut, Gerhard van der Merwe, wat my sy skrumwerk teenoor Jan-Hendrik Wessels beïndruk het. Wessels behoort ‘n sterk aanspraakmaker op ‘n plek in die SA Skole-span te wees, terwyl Van der Merwe sy kanse meer as ‘n hupstoot met die vertoning gegee het. NewsGApollo

Van der Merwe se pa, Munnik van der Merwe, was op sy dag een van die voorste gewigstoters in Suid-Afrika met ‘n beste afstand van 18.18m. Sy oupa, Gert Snyman, aan sy ma se kant het in tien wedstryde tussen 1967-68 vir die Vrystaatse rugbyspan uitgedraf en ook naam gemaak as die stoeier Apollo

Die Vrystaters se senterpaar, Lesley Botha en Ian Small-Smith, het daarin geslaag om genoeg ruimte op die punte te skep sodat die vleuels, Paschal Ekeji en Katleho Chabanyane, kon baljaar. Veral Ekeji was moeilik om te stuit en het twee keer die Ligbloues se doellyn oorgesteek.  

Niemand was egter beter vir die verloorspan as sy agtsteman, George Cronjé, nie. Sy besluitneming was van hoogstaande gehalte en met die bal in die hand het hy ‘n hele paar keer probleme vir die Blou Bulle besorg. Hy is voorlangs gored deur André-Hugo Venter (haker) en Tiaan Jonker (slot) bygestaan. Jonker en Cronjé was ook hul span se belangrikste rankers in die lynstane. 

Die Ligbloues se flank MJ Janse van Rensburg het die veld vol gespeel en het ook welverdiend die wendrie gedruk. Agterlangs het die SA Skole-skrumskakel, Jurich Claassens, goeie spel vir die Ligbloues gelewer. Hy het later na losskakel geskuif en hier ook goed vertoon. Claassens het twee van die Ligbloues se drieë gedruk. 

Die Blou Bulle se heelagter, Zeilinga Strydom, kan ook tevrede met sy vertoning voel, terwyl die agtsteman, Adolf Visser, voorlangs niks op die veld agter gelaat het nie. . 

Puntemakers: 

Blou Bulle 40 (14) – Drieë: Jurich Claassens (2), Nsuku Baloyi, Lincooln Adams, AJ Johnson, MJ Janse van Rensburg. Doelskoppe: Wikus Basson (4), Rowan Cloete. Vrystaat 38 (26) – Drieë: Paschal Ekeji (2), Lesley Botha, Jan-Hendrik Wessels, Nabo Sokoyi, Elmar Lintnaar. Doelskoppe: Juan-Dee Olivier (3), FC du Plessis.

[powr-comments id=”2da1b783_1560678435386″]

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.