SuperSport Schools Plus

Ligbloues kies groep vir Cravenweek in Durban

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2016-06-02 Tags:

Die Blou Bulle behoort ‘n gedugte span op die 53ste Coca-Cola Cravenweek vir hoërskole in Durban te wees. Die gesogte toernooi vind vanjaar van 11 tot 16 Julie in die Hawestad plaas.

Die Ligbloues het 11 spelers in sy span gekies wat verlede jaar ook vir hom op dié toernooi in Stellenbosch in aksie was. In die Blou Bulle se agttal is dit slegs Eldoraigne se vaskopstut, Mornay Smit, en Garsfontein se agtsteman, Luke Fortuin, wat nie verlede jaar vir die Ligbloues in die Eikestad in aksie was nie.

Van dei agttal het die losskopstut, Cabous Eloff, die Suid-Afrikaanse Skole-span gehaal, terwyl die slot PJ Steenkamp en die flank Phillip Krause die SA Skole se naasbestes verteenwoordig het. Krause is die seun van die voormalige Blou Bul- en Griekwa-kantman, Phillip Krause.

Krause sr. het in 1991 die SA Skole-span gehaal vanuit die HTS Sasolburg en die Vaaldriehoek. Die Ligbloues se heelagter, Abner van Reenen, het ook verlede jaar die SA Skole se naasbestes verteenwoordig. Dit was egter verlede jaar as ‘n senter.

Die losskakel, Ruan de Swardt, was verlede jaar met 57 punte die voorste puntemaker op die nasionale Akademie-week. Die Blou Bulle se Akademie-span het in die hoofwedstryd van dié toernooi teen die Westelike Provinsie met 24-36 in Vanderbijlpark vasgeval.

Die veelsydige Ryno Pieterse is die halfbroer van die Afrikaanse sangers Bobby en Karlien van Jaarsveld. Pieterse is ewe gemaklik om op slot of langs die kant van die skrum te sak. 

Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria en die Hoërskool Garsfontein het elk nege spelers tot die Cravenweek-span bygedra. Die Blou Bulle kom in sy eerste wedstryd van die Cravenweek op die tweede dag van die toernooi teen Grens te staan.  

Die Ligbloues het sy eweknie van die Goue Leeus (23-20) en die Pumas (17-14) in sy twee oefenwedstryde tot dusver verslaan. 

Die spanne is: 

Cravenweek (o.18): 15 Abner van Reenen (Garsfontein), 14 Emillio Adonis (Garsfontein), 13 Marnus Potgieter (Affies), 12 Louritz van der Schyff (Affies), 11 Snowy Zondani (Southdowns College), 10 Ruan de Swardt (Affies), 9 Shaun Williams (Garsfontein), 8 Luke Fortuin (Garsfontein), 7 Phillip Krause (Affies), 6 Regardt du Plessis (Affies), 5 Henk Pretorius (Affies), 4 PJ Steenkamp (Garsfontein), 3 Mornay Smit (Eldoraigne), 2 Schalk Erasmus (Affies), 1 Cabous Eloff (Affies). Plaasvervangers: 16 Carl Wijburg (Centurion), 17 Wernich Barnard (Waterkloof), 18 Arno van Wyk (Affies), 19 Ryno Pieterse (Garsfontein), 20 Junior Nonyukala (Southdowns College), 21 Calderen Levens (Garsfontein), 22 Lincoln Daniels (Garsfontein), 23 Austin Davids (Garsfontein). 

Akademie-week (o.18): 15 Themba Mandlati (Southdowns College), 14 Ndu Nkosi (Southdowns College), 13 Christiaan Strydom (Affies), 12 Bjorgan Hendriks (Garsfontein), 11 Sean Tshungu (Affies), 10 Ulrich Maritz (Waterkloof), 9 Jack Hart (Affies), 8 Jaco Labuschagne (Affies), 7 Gerald Louw (Menlopark), 6 Katlego Mushi (Southdowns College), 5 Ruan Nortjé (Wonderboom), 4 Areteng Koukayging (St. Alban’s College), 3 Thando Kambule (St. Alban’s College), 2 Xhabiso Mtumtum (Pretoria THS), 1 Hendré Eloff (Garsfontein). Plaasvervangers: 16 Danie Rossouw (Menlopark), 17 Goalaona Mokane (Pretoria THS), 18 Gerhard Visser (Waterkloof), 19 Xlolo Mlodi (Pretoria THS), 20 Ruan Straeuli (Menlopark), 21 Duhan Gunther (Waterkloof), 22 Stephan Ndaya (Overkruin), 23 Phineas Zitha (Zwartkop). 

Grant Khomo-week (o.16): 15 Juandré Scheepers (Garsfontein), 14 Juandré Sabbat (Garsfontein), 13 Julian Bogner (Waterkloof), 12 Diego Apollis (Garsfontein), 11 Adam Mayo (Waterkloof), 10 Regard Roets (Affies), 9 Jurich Claassens (Garsfontein), 8 Wikus Lindeque (Waterkloof), 7 Marcell Momberg (Menlopark), 6 Landi Mashanglu (Affies), 5 Aldo Landsberg (Garsfontein, kaptein), 4 Kgala Mothomogolo (Pretoria Boys’ High), 3 Tapiwanahe Katete (St. Alban’s College), 2 Warren Nkobane (Cornwall Hill College), 1 Dewald Donald (Affies). Plaasvervangers: 16 Janco Uys (Affies), 17 Tafadzwa Kumbirai (St. Alban’s College), 18 Ruan Struwig (Menlopark), 19 Divan Venter (Menlopark), 20 Kahanda Jada (Pretoria Boys’ High), 21 Steyn van der Spuy (Affies), 22 Alberto Maarman (Zwartkop), 23 Mihlali Bam (Southdowns College). 

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.