Ligbloues en Vrystaat Arende pak mekaar in Pukke-eindstryd
Die Blou Bulle sal Donderdag in Potchefstroom eers die Vrystaat Arende tydens die 12de jaarlikse Pukke-week (vir o.19-spanne) in Potchefstroom moet hokslaan indien die Ligbloues vir die derde agtereenvolgende jaar as kampioen van die toernooi gekroon wil word. Die Blou Bulle het die Pumas met 29-18 op die tweede dag van die toernooi verslaan om sy plek in die eindstryd te bespreek.
Die Vrystaat Arende het danksy twee strafdoele deur Franco Smith met 6-elk gelykop teen die Goue Leeus gespeel. Die Arende het tot die eindstryd dansky beter ‘n beter punteverskil tot die eindstryd deurgedring. Die Leeus het in verlede jaar se eindstryd met 9-18 teen die Ligbloues vasgeval. Smith is die seun van die voormalige Springbok-speler en huidige Bok-hulpafrigter Franco Smith.
Die Luiperds het ‘n naelskraapse sege van 10-9 oor die Limpopo Blou Bulle behaal. Die span van die Verre Noord se punte is via deur drie strafdoele deur sy heelagter, Martin Austen, aangeteken.
Puntemakers:
Blou Bulle 29 – Driee: PJ Krugell (2), Eduan Swart, Wicus Janse van Rensburg, Allen Kelbrick. Doelskoppe: Cornell Korf (2). Pumas 18.
Vrystaat Arende 6 – Strafdoele: Franco Smith (2). Goue Leeus 6 – Strafdoele: Kaughan Lailvaux (2).
Luiperds 10 – Driee: Ruan van den Heever, Herman van Staden. Limpopo Blou Bulle 9 – Strafdoele: Martin Austen (3).
Vrystaat Arende XV 25 – Driee: Luyolo Kumane, Rethabile Mzamo, Conrad Kuhn. Doelskoppe: John-Douglas Havenga (2). Strafdoele: AJ Bezuidenhout, Havenga. Griekwas 21 – Driee: De-an Ackerman (2), Ockert de Jager. Doelskoppe: Edrich Mulke (2), Connie Conradie.
Noord-Natal 12 – Driee: Hardus van der Merwe, Marno Crawthorne. Doelskop: Andre Lategan. Puma-platteland 12 – Driee: Kyle Coetzee, Renaldo Alberts. Doelskop: Boeta Botha.




