Lewis ploeg met Oakdale in Riversdal

Hoër Landbouskool Boland, met Lyle Lewis aan die spits, het Saterdag op die Plaas in Riversdal geploeg met Hoër Landbouskool Oakdale om ‘n klinkende sege in die eerstespankragmeting te behaal.
Beleef die aksie weer op SuperSport Schools – Registreer nou
Albei spanne se boulers het floreer in die toestande en Stefan Conradie moes sweet om sy 47 lopies vir Boland aan te teken.
Hy en sy broer, Kobus Conradie, het ‘n aanvangsvennootkap van 31 lopies saamgestel, voordat Jannes Snyman eerste bloed vir Oakdale kon trek met laasgenoemde se paaltjie. Na daardie deurbraak het Reinard Viljoen verwoesting gesaai onder die besoekers se kolwers en vyf Boland-kolwers se paaltjies laat kantel.
Stefan Conradie het egter deurgedruk om sy span se totaal tot 97 op te stoot, voordat Adriaan van der Merwe van dié gevaarman kon ontslae raak.
Van der Merwe het met die volgende bal nog ‘n paaltjie opgetel, maar ‘n paar laaste bydraes, deur Henré Swart (23) en Tiaan Ryke (10*), het vir die tuisspan ‘n uitdagende doelwit van 144 lopies daargestel.
Die Riversdal-span was ook nie opgewasse vir wat Lyle Lewis sou bring nie. Die opwindende jong ster van Boland Landbou het in sy eerste vyf beurte vyf paaltjies vir slegs twee lopies laat spat, en die tuisspan erg laat wankel op 25/5.
Rico Ferreira (24) het nietemin waardevolle weerstand gebied en 60 balle weerstaan, maar verdere paaltjies deur Tiaan Ryke (2/15) en Marius du Plessis (2/15) het beteken dat Oakdale slegs 70 lopies kon aanteken voordat hul beurt kortgeknip is.
Boland sluit hul seisoen op ‘n skitterende wyse af, nadat hulle ‘n paar groot kanonne laat bontstaan. Met spelers soos die Konradie-broers, Francois Prins, Marius du Plessis, Tiaan Ryke en Lyle Lewis, wat almal uitgeblink het regdeur die kwartaal, kan die “boere” terugkyk op ‘n uiterse suksesvolle veldtog.
Beknopte telkaart:
Hoër Landbouskool Boland: 143 (Stefan Conradie 47, Henré Swart 23, Ekstras 23; Reinard Viljoen 5/23, Adriaan van der Merwe 3/15). Hoër Landbouskool Oakdale: 70 (Rico Ferreira 24; Lyle Lewis 5/13, Tiaan Ryke 2/15, Marius du Plessis 2/15). Boland Landbou wen met 73 lopies.




