SuperSport Schools Plus

Lanties, Northerns dek tafel vir Griekwas-Cheetahs in Jacobsdal

By Willem Louw , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2024-03-08 Tags: ,

NewsGLandboudalJacobsdal word hierdie naweek bederf met groot rugby by die Lantiefees te Landboudal.

Die hoofwedstryd van die dag is ‘n opwarmingstryd tussen die Suzuki Griekwas en Toyota Cheetahs, ter voorbereiding vir die splinternuwe SA Beker-kompetisie wat op Menseregtedag afskop.

Vooraf is daar ook hope opwindende skolerugby te sien, met Hoërskool Noord-Kaap wat kragte meet met Landboudal se spanne.

Die eerstespanne sal net voor die hoofwedstryd mekaar die stryd aansê.

Wianco Ludike (stut) Franke Fourie (slot) Jan-Louis Nel (vleuel) en Marius Etzebeth (heelagter) het verlede jaar reeds ondervinding opgedoen in die Landboudal-eerstespan en hul ervaring behoort ‘n sleutelrol te speel in Saterdag se stryd.

Die Northerns het verlede seisoen die platteland aan die brand gespeel om ‘n paar skitterende uitslae te behaal, en kon reeds vanjaar hul seisoen met ‘n sege van 28-22 oor Hoërskool Sentraal afskop by Hoërskool Fichardtpark se Sportdag in Bloemfontein.

Tyron China (flank) het uitgetroon daardie dag en is ongetwyfeld ‘n speler om dop te hou vanjaar.

Hy was ook verlede jaar reeds deel van die eerstespan, en is een van sewe spelers uit daardie groep wat weer in 2024 beskikbaar is. Die voorry, bestaande uit Tebogo Motswenyane, JP Alexander en Alonzo Johnson, is verál gedug en sal hul ervaring optimaal aanwend om voorlangs die oorhand oor die Jacobsdal-boere te bewerkstellig.

Die tuisspan het egter ook reeds twee indrukwekkende seges onder die belt, nadat hulle vir Aliwal-Noord (39-0) en HTS Louis Botha (47-0) afgeransel het – sonder om ‘n enkele punt af te staan.

Saterdag se interskole beloof inderdaad ‘n dag propvol opwindende rugby.

Die spanne:

Landboudal t. Noord-Kaap om 13:00:

Landboudal: 15 Marius Etzebeth, 14 Jan-Louis Nel, 13 Divan Vorster, 12 Simeon de Klerk, 11 Jannie de Waal, 10 Henko Truter, 9 Craven Crause, 8 Juhan van der Westhuizen, 7 Jaco Venter, 6 Brink Bruwer, 5 Gustav Nel, 4 Franke Fourie, 3 Ruan van Bosch, 2 Regard Scheepers, 1 Wianco Ludike.

Hoërskool Noord-Kaap: 15 Jonaden Links, 14 Aphiwe Sinyona, 13 Jayden Potgieter, 12 Abdul Fischer, 11 Bjorn Olifinger, 10 Lwandle Maseko, 9 Dihan Janse van Rensburg, 8 Shaw Lourens, 7 Ambijorn Vraagom, 6 Tyron China, 5 Prince Bhila, 4 Bonsanio Fiks, 3 Tebogo Motswenyane, 2 JP Alexander, 1 Alonzo Johnson.

Die bepalings:

09:00 – Landboudal o. 14 t. Noord-Kaap o. 14
09:55 – Landboudal o. 15 t. Noord-Kaap o. 15
10:50 – Landboudal II t. Noord-Kaap II
11:50 – Landboudal o. 16 t. Noord-Kaap o. 16
13:00 – Landboudal t. Noord-Kaap (Eerstespanne)
15:00 – Suzuki Griekwas t. Toyota Cheetahs

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.