SuperSport Schools Plus

Lanties gasheer op Landboupark vir Uppies

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-07-21 Tags: , , , ,

NewsGLandboudalJacobsdal gaan hierdie naweek bedrywig wees met besoekers van Hoërskool Upington en Laerskool Futurum wat kom om Saterdag by die Landboudal/Jakkies Sportdag mee te ding.

In die hoofwedstryd van die dag hervat Landboudal en Hoërskool Upington hul jaarlikse stryd om spogregte.

Volg die aksie regstreeks op SuperSport Schools Registreer nou

Die besoekers sal wil voortsit aan hul momentum van voor die skoolvakansie. Hoërskool Upington het reeds ‘n indrukwekkende 43-31 sege oor Diamantveld vroeër in die seisoen behaal, en het in hul laaste wedstryd voor die vakansie ook goed vertoon om 26-elk teen ‘n sterk Noord-Kaap span in Kimberley gelykop te speel.

Landboudal het vroeg in die seisoen juis teen daardie Noord-Kaap span met 26-5 verloor, maar kon in hul volgende wedstryd meer van hul potensiaal ten toon stel met ‘n 43-22 sege oor Sentraal.

Net voor die vakansie het hulle goed gedoen om ‘n baie sterk Fichardtpark tot die eindfluitjie te laat werk voor Landboudal uiteindelik die knie moes buig met 21-19 en in hul laaste wedstryd van die kwartaal het hulle met 27-12 teen Jim Fouché verloor.

Die interskole is ‘n geleentheid vir hulle om die kwartaal op ‘n positiewe noot te begin en ‘n stelling te maak.

Vujani Moore (losskakel), Jan Louis Nel (senter) en Bielie Davel (haker) het gedurende die vakansie by die VKB Rugbyweek in Reitz as deel van die Vrystaat Arende span uitgeblink en is aangewys as die beste spelers in hul onderskeie posisies by die toernooi.

Upington se groot stut, PA Karsten, is ‘n speler om dop te hou in hierdie wedstryd. As hy en sy pak voorrye die kontakpunte kan beheer soos hulle al in vorige wedstryde het kan hulle moeilikheid veroorsaak vir die tuisspan.

Noord-Kaap gaan kuier in Kuruman by Hoërskool Kalahari.

Die Northerns geniet ‘n sterk seisoen sover en spog met groot seges oor Sentraal (43-0), Landboudal (26-5), Milnerton (38-24) en in die groot Kimberley-derby teen Diamantveld (18-17).

Hul kaptein, Eldridge Jack, speel ‘n kernrol in hul sukses. Jack begin Saterdag op binnesenter terwyl Abdul Fischer met hom plekke ruil en op losskakel uitdraf.

Kalahari sal moet bontstaan om die besoekers se agterlyn in toom te hou hierdie naweek.

Met slegs ‘n paar wedstryde oor in die seisoen kan die kragmeting tussen Hopetown en Hartswater ‘n bepalende wedstryd wees waneer die liga-leiers, Hartswater, in Hopetown teen hul naaste meededingers te staan kom.

Hopetown is op die oomblik tweede in die liga, en sal hul tuisveldvoordeel wil benut om die voorlopers te pootjie.

Hul losskakel, Junaid Jood, is ‘n opwindende speler om dop te hou. Hul lynstane is ook ‘n gevaarpunt vir opponente en hul haker, Thomas Bisset, het al menigde drieë vir sy span aangeteken hierdie seisoen.

Die spanne is:

Landboudal t. Hoërskool Upington om 13:20:

Landboudal: 15 Marius Etzebeth, 14 Barry Pretorius, 13 Jan Louis Nel, 12 Franz Homsek, 11 Robin van der Walt, 10 Vuyani Moore, 9 Coenraad Pretorius, 8 Peru van der Merwe, 7 AJ Burger, 6 Juhan Swanepoel, 5 Dylan Janse van Rensburg, 4 Franke Fourie, 3 Stefan Opperman, 2 Bielie Davel, 1 Wianco Ludicke.

Hoërskool Upington: 15 Ruwin Isaks, 14 Khayalenkosi Maganga, 13 Sylvester Hoffman, 12 Siphe Msebenzi, 11 Louwan Harper, 10 Emlyhn Jacobs, 9 Neil Petro, 8 Jaco Fourie, 7 Sipho Livingi, 6 Roedolf Duraan, 5 Johan Louw, 4 Ruan Janse van Rensburg, 3 Niel Visser, 2 Roelof Slabbert, 1 PA Karsten.

Kalahari t. Noord-Kaap om 13:25

Kalahari: 15 Tikane Tstollo, 14 Philanso Phillips, 13 Thlompo Matilo, 12 Janco Reinecke, 11 Nathaniel Mbane, 10 Tshepo Matonkonjane, 9 Nico Thomatos, 8 SW van Heerden, 7 Molema Machaba, 6 Juandre Beeby, 5 Pieter Swanepoel, 4 Wian Taljaard, 3 Duan Roodt, 2 Lesego Thebeeagae, 1 Robert Blaauw.

Noord-Kaap: 15 Jonaden Links, 14 Junior Kettledas, 13 Kim van den Horst, 12 Eldridge Jack, 11 Keante Pienaar, 10 Abdul Fischer, 9 Lwandlwe Maseko, 8 Shaw Lourens, 7 Ambijorn Vraagom, 6 Melvin Diedericks, 5 Thaylin Rose, 4 Wentzel Hibbert, 3 Moeketsi Lang, 2 Liam Harmse, 1 Eveton Hamat.

Hopetown vs Hartswater om 12:55:

Hopetown: 15 Rewaldo Olyn, 14 Gino Jood, 13 Chesyn Jonas, 12 Tyrese Human, 11 Dewaan Makaleni, 10 Junaid Jood, 9 Driean Wiid, 8 Gerard Wiid, 7 Lucien Bosman, 6 Tshulu Ntlama, 5 JF Prins, 4 Hennie du Plessis, 3 Maxwell Mhlokwa, 2 Thomas Bissett, 1 Richard Smith.

Hartswater: 15 Lyle Thompson, 14 MJ Blaauw, 13 Mi-Chaelle Moeng, 12 Jerome Davids, 11 Takunda Chivenga, 10 Willem Jantjies, 9 Kesley Kock, 8 Ji-Andre Visser, 7 Kamogelo Tshaka, 6 Layton van der Westhuizen, 5 Nielen Moses, 4 Nico van der Westhuizen, 3 Donaldtri Moshageng, 2 Henre Kruger, 1 Eduardt Erasmus.

St Andrews t. Zastron om 11:15:

St Andrews: 15 Connor Nel, 14 Retshedisitswe Mokoena, 13 Mlungi Lepesa, 12 Elia Mokuoane, 11 Koena Nrsamai, 10 CM Geel, 9 Schalk Liebenberg, 8 Mandela Sipiyo, 7 Thato Kalake, 6 Dakalo Leketa, 5 Marco de Sousa, 4 Lesedi Sipiyo, 3 Marrhew Simon, 2 Alonso Hancke, 1 Brett Barnes.

Zastron: 15 Khule Mdladlamba, 14 Jay-Cee Knoetze, 13 Mawethu Magudela, 12 Kamo Masiloane, 11 Asive Diba, 10 Lechabile Leballo, 9 Rheinico Nel, 8 JP van Rooyen, 7 Jean Pierre Steenkamp, 6 GD Bruwer, 5 Kamo Elesia, 4 Markus Allerston, 3 Frans Botha, 2 CJ Bouwer, 1 Christen du Toit.

Ander bepalings:

11:10 – Sand du Plessis t. Brandfort; 11:45 – Curro Kathu t. Namakwaland; 12:45 – Hoërskool Kathu t. Martin Oosthuizen;

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.