Kwaggas kan vandag amok saai teen Oakdale in George
Hoërskool Outeniqua hervat hul seisoen die naweek in een van die grootste bepalings op hul jaarlikse kalendar teen Oakdale Landbou in George.
Hierdie wedstryd word Saterdag om 13:00 regstreeks op SuperSport Schools uitgesaai – Registreer nou
Sedert 2007 was dit nog elke jaar die span wat die tuisveldvoordeel geniet wat op die ou end die wedstryd wen, maar dit beteken glad nie dat dit ‘n gegewe is nie.
Sedert 2000 het hierdie twee spanne mekaar al 21 keer aangepak, en daar was nog slegs nege geleenthede waarop die wedstryd geeindig het met meer as sewe punte wat hulle skei.
Die bepaling lewe dus byna elke jaar op na die hoë verwagtings wat skolerugbyliefhebbers vir dit het, en 2023 beloof om nog ‘n opwindende hoofstuk by te voeg aan wat al reeds ‘n merkwaardige geskiedenis is.
Die Kwaggas lyk uiters gevaarlik, en hul spelers wat almal gekies is vir die SWD Cravenweek span sal uitsien om hul spiere ‘n laaste keur in hul skooltruie te bult voor hulle dit inruil gedurende die Junie-vakansie waneer die Cravenweek deur Outeniqua in George aangebied word.
JT Strydom (heelagter), JJ Daters (vleuel), Ashwen Damons (senter), Andrew Stopforth (losskakel), Ellie Meyer (skrumskakel), Jeffwin Wesso (agtsteman), Dewald Gerber (flank), Jayden Potgieter (slot), Michael Cronje (slot), Juan Kleinhans (stut) en Nathan Smith (haker) is almal gekies vir die Cravenweek-span terwyl Brandon Gouws, Wihann Cloete, Jude Frans en Keenan Jantjies ook deel is van die groep en plekke op die reserwebank inneem.
Hul teenstanders die naweek maak dan die meerderheid van die oorblywende posisies in die SWD-span vol, en daar sal ‘n paar manne wees wat hierdie naweek sal wil bewys dat hulle dalk misgekyk was deur die keurders.
Vir Oakdale is Kurt Coetzee (senter), Therlow Prins (vleuel), Hanno Louw (flank), en Devon Windvogel (stut) opgeroep om die streek te verteenwoordig, en Karlo Truter (stut), Erick Steyn (no. 8) en Shaydon Fradie (losskakel) is ook in die groep as plaasvervangers.
Die besoekers is sonder die dienste van Coetzee vir hierdie wedstryd en Michael Fourie, wie se pa ook ‘n trotse oud Oakdale skolier is, neem sy posisie in op senter vir die groot kragmeting.
Voordat hierdie seuns almal binnekort op dieselfde veld uitdraf as ‘n span is daar egter nog eers ‘n ernstige kwessie van die spogregte vir die jaar om af te handel, en daar’s absoluut geen twyfel dat albei spanne honderd persent op hierdie wedstryd gefokus is nie.
Verlede jaar het Oakdale in Riversdal met 10-0 gewen, maar dit lyk asof dit weereens die tuisspan gaan wees wat die voordeel het, met Outeniqua wat ‘n uitstekende seisoen tot dusver beleef.
Die Kwaggas het nog net teen Grey College (19-17) en Garsfontein (19-8) verloor en het indrukwekkende vertonings in hul ander wedstryde gelewer om ‘n paar groot seges in te samel deur die loop van die seisoen.
Hulle het al reeds met EG Jansen (19-7), Hoërskool Durbanville (36-0), Monument (32-27), Menlopark (71-11), Noordheuwel (18-14) en Parel Vallei (59-6) afgereken die jaar, en sal op die momentum wil bou om hul hondersdste bestaansjaar te beklink met ‘n goeie rugbyseisoen.
Oakdale het verlede naweek laat in die wedstryd die deur oopgemaak vir Stellenberg om ‘n gelykop telling te red toe hul wedstryd 13-elk geeindig het.
Hulle het al vroeër in die jaar gewys waartoe hulle in staat is toe hulle ‘n baie sterk Paarl Boys’ High span 20-17 op die plaas kon klop, dit sal nog so ‘n vertoning vat om die tuisspan hierdie naweek te ontstel.
In Malmesbury is daar ook ‘n vurige kragmeting wat wag waneer Hoërskool Piketberg vir Schoonspruit aanpak in hul FNB Classic Clash.
Die tuisspan sal moet wakker wees om die Ysters se lostrio in toom te hou. Xander Jordaan (flank), Jacques Loubser (flank) en MJ Strydom (agtsteman) speel tot dusver die seisoen ‘n kernrol vir Piketberg en Redowan Booys (senter) en Dondaldo Mdabuli (heelagter) is ook twee opwindende spelers om dop te hou.
Hierdie wedstryd sal ook regstreeks beskikbaar wees op SuperSport Schools.
Die spanne is:
Outeniqua Hoërskool t. Oakdale Lanbou om 13:00
Outeniqua Hoërskool: 15 JT Strydom, 14 JJ Daters, 13 Luca Potgieter, 12 Estiaan Cronje, 11 Ashwin Damons, 10 Andrew Stopforth, 9 Jamil Pretorius, 8 Jeffwin Wesso, 7 Dewald Gerber, 6 Brendon Gouws, 5 Jayden Potgieter, 4 Michael Cronje, 3 Juan Kleinhans, 2 Nathan Smith, 1 Ruan Swart.
Oakdale Landbou: 15 Waylon Kortjie, 14 Rayleen Alberts, 13 Louis Fourie, 12 Michael Fourie, 11 Therlow Prins, 10 Shaydon Fradie, 9 Tian Ferreira, 8 Erick Steyn, 7 Migail Barnard, 6 Hanno Louw, 5 Roy Viljoen, 4 Gerhard Ehlert, 3 Karlo Truter, 2 JC van Wyk, 1 Marco Steyn.
Schoonspruit (Malmesbury) t. Hoërskool Piketberg om 13:20
Schoonspruit: TBC
Hoërskool Piketberg: 15 Donaldo Mdabuli, 14 De Wet Carstens, 13 Gelermore Baron, 12 Redowan Boois, 11 Andre Visagie, 10 Altino Pedro, 9 Wesley Jantjies, 8 MJ Strydom, 7 Jacques Loubser, 6 Xander Jordaan, 5 Janco Botha, 4 MJ Visser, 3 Stephanus Brits, 2 Abraham Mouton, 1 Lee Michael Smith.
Melkbosstrand t. HTS Bellville om 11:45
Melkbosstrand: 15 Cyle Theys, 14 Warrick Kotze, 13 Jason Watkins, 12 Ashton Januarie, 11 Jaden October, 10 Nathan Julies, 9 Matayo Lambert, 8 Dian Cloete, 7 Christiaan de Beer, 6 Mikal Lessing, 5 Michael Janse van Rensburg, 4 Jayden Pietersen, 3 Christopher Palmer, 2 Caleb Jacobs, 1 Ryan Ockerse.
HTS Bellville: 15 Matthew Hendricks, 14 Eldrewcin Charles, 13 Ethan van Ster, 12 Clayton Wolfe, 11 Storm Frieslaar, 10 Connor Smith, 9 Bradwin Azer, 8 Jaden Muller, 7 Kongolo Ngindu, 6 Liam Mitchell, 5 Gregan Fritz, 4 Tumelo Papane, 3 Chulumanco Ndayi, 2 Roberto Oppel, 1 Langa Masana.
Ander bepalings:
12:10 – Strand t. Worcester Gimnasium; 12:00 – Hermanus t. Robertson; 11:10 – Swartland t. Langenhoven Gimnasium; 12:00 – Augsburg Gimnasium t. Hoërskool Vredendal; 11:15 – Scottsdene t. Kasselsvlei; 11:30 – Lutzville t. Calvinia.




