SuperSport Schools Plus

Kruger sink ses Gimmie-kolwers vir Fichardtpark

By Willem Louw , in Cricket | News , at 2024-01-28 Tags: , , ,

Stian Kruger draaibalbouler van Fichardtpark word skouer omhoog van die veld gedra na sy 6 paaltjies (Foto verskaf)

Stian Kruger het Saterdag ‘n onvergeetlike wedstryd in die Rosestad beleef om vir Fichardtpark tot oorwinning teen Welkom Gimnasium te dryf.

Beleef elke oomblik van die aksie op SuperSport Schools – Registreer nou Skakel na die wedstryd

Eben Botha het die eerste Gimmie-paaltjies geneem voordat Kruger in slegs 7.1 beurte van ‘n halfdosyn Welkom-kolwers ontslae kon raak vir slegs 11 lopies.

Die besoekers kon geen antwoorde vind vir die twee Fichie-boulers nie, en na 27.3 beurte was almal reeds terug in die kleedkamer.

Bryan Haywood kon twee van die tuisspan se kolwers se paaltjies neem, maar MJ Herbst se blitsige 38 het vir Fichardtpark die oorhand gegee.

Kruger het toe weer die kollig gesteel om met ‘n onoorwonne 45 lopies vir Fichardtpark tot ‘n indrukwekkende sege te dryf.

Davyd Oosthuizen het vyf grenshoue geslaan om ‘n verdere 26 lopies by te dra.

Fichardtpark se volgende ligawedstryd is op 3 Februarie teen Hoërskool Trio, terwyl Welkom Gim dadelik weer sal wil probeer momentum herwin wanneer hulle vir Voortrekker die stryd aansê.

Hoërskool Sasolburg het weer hul spiere gebult die naweek deur vir St Dominic’s vir ‘n skrale 77 lopies uit te boul.

Daardie wedstryd is ook beskikbaar op SuperSport Schools – Skakel na die wedstryd

Jandré Grobler en Meyer Pretorius kon met die eerste bal van die 11de boulbeurt die oorwininning aan hul span besorg.

Volgende naweek pak die manne van Sasolburg vir Sentraal in Bloemfontein.

Juan Theunnissen het 119 lopies vir Voortrekker aangeteken in hul wedstryd teen Sentraal, maar die Tralies het nooit die geleentheid gekry om te antwoord nie. Die wedstryd is kortgeknip na Voortrekker se beurt en eindig dus onbeslis.

Beknopte telkaarte:

Welkom Gimnasium: 137 (Donovan Mouton 36, Kayden Barrows 27, Jedwin Booysen 22, Ekstras 20; Stian Kruger 6/11, Eben Botha 3/39). Fichardtpark: 139/3 (Stian Kruger 45*, MJ Herbst 38, Davyd Oosthuysen 26; Dean Katzin 2/29). Fichardtpark wen met sewe paaltjies.

St Dominic’s: 77 (Ekstras 28, Lathi Tole 14; Liam Singleton 4/13, Nathan Swanepoel 2/9, Nathan Bower 2/18). Hoërskool Sasolburg: 83/1 (Jandré Grobler 34*, Wiandré Singleton 26; Sihle Nziyana 1/17). Hoërskool Sasolburg wen met nege paaltjies.

Jim Fouché: 142 (RG Vorster 46, Ekstras 21; Dumisani Johnsen 3/19, Mila Oerson 2/25, Stefan Geldenhuys 2/27, Lesego Mosikidi 2/35); Witteberg: 144/6 (Stefan Geldenhuys 39, Zander Fourie 33, Ekstras 28; Lian Theron 3/30). Witteberg wen met vier paaltjies.

Voortrekker: 265 (Juan Theunissen 119, Extras 44, Craig Mann 22; Liam Pretorius 4/65, Reshe Wales 3/36, Johan van den Heever 2/38); Sentraal: kolf nie. Wedstryd onbeslis.

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.