Kovsie-kampioene, Welkom Gimnasium, gereed om hul titel te verdedig in 2024

Welkom Gimnasium is slaggereed vir ‘n aksie-belaaide en uitdagende seisoen in 2024 met wedstryde teen van die groot name in Suid Afrikaanse skolerugby, soos Grey-kollege, Monument, EG Jansen en Glenwood mik die Gimmies.
Dan is daar ook nog hul plaaslike ligas waar hulle week na week in klipharde wedstryde teen van die top-sentrale skole meeding om hul Griffons- en Kovsie-ligatitels te verdedig.
Beleef al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou
“Elke naweek is vir my en die seuns ‘n uitdaging, juis omdat enigiets op ‘n Saterdag kan gebeur. Ons probeer om teen ‘n paar van die groot skole in SA speel om ervaring op te tel en dat die seuns besef dat proffesionele rugby nie speletjies is na skool nie” vertel Roean Bezuidenhout, hoofafrigter van Welkom Gimnasium se eerstespan.
Bezuidenhout is in Oktober verlede jaar aangewys as ‘n SA Skole rugbykeurder na hy al groot sukses by Welkom Gimnasium, die Griffons Cravenweek-span en die SA Skole-span as afrigter en mede-afrigter kon behaal.
Hy word ondersteun deur Jonick Schoeman wat sal sorg vir die spelers se fiksheid en Oelof Stander, die spanbestuurder.
Met sewe van verlede jaar se Kovsie-kampioenspan wat hierdie seisoen weer die swart trui gaan dra lyk die Gimmies goed ingerig om hul sukses te herhaal.
Buhle Mpaka (stut), Jayden Auld (slot), Revaun van Niekerk (flank), Ethan Jones (agsteman) en Renaldo Kiewiet (losskakel) het verlede jaar ook vir die Griffons by die Cravenweek uitgedraf, waar Kiewiet die voorste driedrukker van die toernooi was.
Raylen Kirsten (flank) was ook in die Akademieweek-span en Jayden Weideman (senter) het in 2023 al ervaring as deel van die eerstespan begin bou.
Die groep seuns het verlede jaar al vir van die vermaaklikste wedstryde gesorg met hul skitterende hardloop-rugby, bollemakiesie drieë en passievolle reaksies.
Boonop die ervare groep wat die kern van die span sal vorm is daar van die jonger seuns soos Bokamosa Gabuse (stut) en Emile Mahlebele (agsteman) wat op beweeg in die ouderdomsgroepe nadat hulle laas jaar by die Grant Khomo-week uitgestaan het.
Hul skrumskakel, Ruan Theron, sou ook deel wees van die o.16 streekspan voordat hy sy sleutelbeen gebreek het. Sy pa, Marius Theron, en broer, Jaco Theron, het albei ook vir Welkom Gimnasium goed verteenwoordig op die rugbyveld.
Marius was in 1994 deel van die Noord Vrystaat Cravenweekspan en in 1996 het hy as deel van die SA o.19-span in Roemenië uitgedraf. Ruan se ouer broer, Jaco, het ook sy rugbyloopbaan verder gevat. Eers het hy ook in Roemenië gaan speel by CS Dinamo voordat hy die skuif na die Franse klub UMS Montélimar toe gemaak het.
Die seuns het vir hulself ‘n doelwit gestel om teen die einde van die seisoen onder die top 50 eerstespanne in die land getel te word, maar Bezuidenhout sê hy fokus op die spelers se persoonlike vordering eerder as titels en ranglyste.
“Ligas tel, maar dit is ‘n vreeslike lekker bysaak” vertel hy oor wat hulle as ‘n span in 2024 wil bereik. “Solank ek ‘n verbetering in elke speler in ons groep kan sien deur die loop van die seisoen en elkeen bereik wat hy vir homself neergepen het dan is ek gelukkig”.
Die bepalings vir 2024
# | nt_header_2 | nt_header_3 | nt_header_4 | nt_header_5 | nt_header_6 | nt_header_7 |
---|