SuperSport Schools Plus

Klofies sal die Blou Tornado se knormoer moet draai vir sege in Mbombela

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2023-05-13 Tags: , , , , , , ,

HAPPY MOKATE, buitesenter van die Hoërskool Waterkloof. FOTO: Marius Nortjé

Die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling in nou in volle swang.

Al die spanne in die reeks sal die naweek in aksie wees, behalwe natuurlik die verdedigende kampioen, Monument van Krugersdorp, wat ‘n loslooitjie geniet.

Hoërskool Waterkloof sal sy nederlaag van 21-50 van verlede week teen Garsfontein agter hom moet sit indien hy van Mbombela met ‘n sege na die Jakarandastad wil terugkeer.

Klofies kom Saterdag teen die Hoërskool Nelspruit op laasgenoemde se tuisveld te staan. Die span van Pretoria het ook ‘n besoek van die beseringspook gehad, maar voorlangs behoort die kaptein en agtsteman, Dale Arlow, asook die flank Jean Jooste die pap behoorlik dik aan te maak.

Agterlangs sal Nelspruit se Rhinos die senterpaar van die besoekers, Reuven Ferreira en Happy Mokate, fyn moet dophou.

Hierdie kragmeting is die Rhinos se eerste wedstryd terug in die Beker-kompetisie na hy aan die einde van die 2018-seisoen na die Plaat-kompetisie gerelegeer is. Die Rhinos weet dus hoe moeilik dit is om weer tussen die groot honde te kan blaf, so daar kan verwag word dat hul vanjaar met hand en tand sal baklei om hul status te behou.

Die tuissspan se skakelpaar, Theuns Meyer (losskakel) en Andeon Pringle (skrumskakel), kan die sleutel tot sukses teen Klofies hou.

Noordheuwel van Krugersdorp skop sy aanslag in vanjaar se reeks teen Helpmekaar-kollege in Johannesburg af. Die Nories het verlede week sy titel as kampioen van die NWU Prestige-reeks suksesvol verdedig deur vir Oos-Moot met 27-17 in die eindstryd te troef.

Helpies het verlede week al sy Noordvaal-aanslag afgeskop met ‘n klinkende sege van 73-15 oor Menlopark.

Die Nories het vanjaar nog net drie keer die knie gebuig teen Outeniqua (14-18), Boland Landbou (19-24) en Hilton College (30-32).

Helpies het vanjaar sover warm en koud geblaas, maar tydens die Absa Wildeklawer-toernooi teen onderskeidelik Paarl Gimnasium (14-25) en die Hoër Jongenskool Paarl (10-15) gewys dat hy dalk ‘n span sal wees om mee rekening te hou in die Noordvaal Cup.

Helpies sal die besoekers se gevaarlike agterhoede met die losskakel, JT Kapank, aan die spits hok moet slaan. Buiten Kapank is die heelagter, Cheswill Jooste, asook die buitesenter, Marshall de Vos, van die mees opwindende aanvallende spelers in die reeks.

Buiten dit het die Nories ‘n paar vuurvreters voorlangs in Juan Fourie en Ludie Schutte (flanke) asook die haker, Juandré Schoeman.

Saterdag kan dalk ‘n donker dag vir die Hoërskool Menlopark se eerstespan wees. Sy teenstanders die Garsie Bere sal geen meer tekens van enige Wildeklawer-babelas hê nie en boonop is die span in Turkoois vanjaar gereken as die tweede beste skolespan in Suid-Afrika op die oomblik.

Die Parkies se span gaan gebuk onder beserings buiten die feit dat hul seisoen nog nie vanjaar volgens plan verloop het nie. Die span het wel ‘n oortuigende sege van 64-0 oor Hoërskool Nelspruit vroeër vanjaar behaal.

Indien die Garsies op alle silinders vuur sal die span behoorlik wraak neem vir sy nederlaag van 40-72 teen die Parkies in die halfeindstryd van die Virsekerbeker, soos die reeks destyds bekend gestaan het, in 2019. Die Parkies het daarna die titel as kampioen verower.

Kragmetings tussen Marais Viljoen van Alberton en Dr. EG Jansen van Boksburg is altyd interresant en vol opwinding. EG het verlede jaar se wedtryd in Boksburg met 43-15 gewen, maar dit was ‘n taaier kragmeting as gewoonlik.

Die spanne is: 

Menlopark vs Garsfontein in Pretoria om 12:30: 

Menlopark: 15 Naylan Albertus, 14 Ruben Fourie, 13 Xander Loubser, 12 Handré Joubert, 11 Xander Haasbroek, 10 Jadon Fortuin, 9 Christian Herbst, 8 Steyn Landman, 7 Rocco Myburgh, 6 Ian Coetzer, 5 Xander Roets, 4 Stefan van der Bijl, 3 Owen Herbst, 2 Mocke Balt, 1 Ruan Wolmarans.

Garsfontein: 15 Jason Hugo, 14 Ruan Enslin, 13 Dimitre Erasmus, 12 Heinrich Cloete, 11 Cassie Prinsloo, 10 Nicallen Gabrielsen, 9 Zian Cilliers, 8 Abri van der Westhuizen (kaptein), 7 Thinus Oosthuizen, 6 Luan Olivier, 5 James Schnetler, 4 Jacques Swarts, 3 Leighton Cloete, 2 De Wet Lottering, 1 DA Swart.

Marais Viljoen vs EG Jansen in Alberton om 12:20: 

Marais Viljoen: 15 Giacchino Gerber, 14 Brandon Els, 13 Tyron Bouw, 12 Juandré Theron, 11 Tyler Woodruff, 10 Franco Horn, 9 Caydinn Fredericks, 8 Henrico Germishuizen, 7 Cephas van Biljon (kaptein), 6 Stephan van Deventer, 5 Phillip Jonker, 4 Bjorn Pieterse, 3 Dylan Alberts, 2 Lohan van Schalkwyk, 1 Calum Botha.

EG Jansen: 15 David Twala, 14 R-Jay Pietersen, 13 Jeandre Jacobs, 12 Cameron van Wyk, 11 Juandré Claassens, 10 Ruan van Heerden, 9 Gordon Smith, 8 Nathan Matthee, 7 Reon Pretorius, 6 Zaide-Leigh Rippenaar, 5 Michael Devy, 4 Gerhard van Aswegen, 3 Marnus Swarts, 2 Danre Pike, 1 Shawn Simpson.

Hoërskool Nelspruit vs Waterkloof in Mbombela om 13:30: 

Hoërskool Nelspruit: 15 Le Riche Aithison, 14 Owen Steyn, 13 Ian Wood, 12 Heino Meiring, 11 Karl Erichsen, 10 Theuns Meyer, 9 Andeon Pringle, 8 Braam Basson, 7 Bradley Claassen, 6 Banele Ngwenya, 5 Juan Bezant, 4 Luke Poison, 3 Andeon Swart, 2 Regard Vermaak, 1 Hugwin Heyman.

Waterkloof: 15 Khumo Tlhoaela, 14 Waldimar Griesel, 13 Happy Mokate, 12 Reuven Ferreira, 11 Sjaan Steyn, 10 Franco Cronjé, 9 Migael Prinsloo, 8 Dale Arlow (kaptein), 7 Jean Jooste, 6 Kevin van Staden, 5 Edan de Bruyn, 4 Daylen Knoetze, 3 Luan Brown, 2 Stephan Jacobsz, 1 Marnus Maritz.

Helpmekaar vs Noordheuwel in Johannesburg om 12:30: 

Helpmekaar: 15 Junayden Seffier, 14 Ruan Nel, 13 Reynard van der Linde, 12 Michael Benzien, 11 Pieter Moller, 10 Juan Storm, 9 Tristan van Niekerk, 8 Christiaan Steyn, 7 Ulrich Swart, 6 Darius Haasbroek, 5 Christian Tonkin, 4 Jandré Labuschagne, 3 Ulrich van der Merwe, 2 Ruan Welman, 1 Petri de Wet.

Noordheuwel: 15 Cheswill Jooste, 14 Keaton van Deventer, 13 Marshall de Vos, 12 Jarred Coetzee, 11 Divan Cruywagen, 10 JT Kapank, 9 Coun-Lee Koekman, 8 Marco Maree, 7  Ludie Schutte, 6 Juan Fourie, 5 Donavan Breedt, 4 Rudolph Coetzee, 3 Martin Nel, 2 Juandré Schoeman, 1 Meyer Opperman.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.