Klofies, Parkies kan weer rillerstryd afgee in Pretoria


Slegs 36 dae nadat hul vir die eerste keer vanjaar swaarde gekruis het, kom Hoërskool Waterkloof en Die Hoërskool Menlopark vir ‘n tweede keer in 2025 teen mekaar te staan by Klofies.
Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Die vorige kragmeting tussen die Klofies en Parkies op die tuiste van Hoërskool Dr EG Jansen in April, het ‘n wipplankstryd afgegee wat uiteindelik met 23-23 gelykop geëindig het.
Dit was óók die naaste wat die Parkies vanjaar aan ‘n nederlaag gekom het. As een van die gunstelinge in die Beker-afdeling van die SDC Noordvaal Cup, is die gevestigde span van Menlopark steeds onoorwonne in 2025 en betree hy Saterdag se stryd weer met ‘n onveranderde span.
Die Klofies, daarenteen, is tot groot verbasing steeds segeloos in vanjaar se reeks, na nederlae teen Hoërskool Nelspruit (24-31) en Hoërskool Garsfontein (19-53). Dit maak hulle egter uiters gevaarlik, vernaam terug op hul tuisveld.
Die Klofies se afrigtingspan het slegs een verandering aan die span aangebring, met Meyer Pretorius wat op buitesenter uitdraf in die plek van Danré Tustin. Meyer se insluiting is waarskynlik vanweë sy soliede verdediging en is straks presies wat nodig is om Parkies se gevaarlike Leskin Samuels te neutraliseer.
In Mbombela wag ‘n gekweste Hoërskool Nelspruit op Helpmekaar Kollege. Die Rhinos het met 7-40 die onderspit gedelf teen die Parkies ‘n week vantevore, terwyl die Helpies verras het met ‘n sege van 36-0 oor Hoërskool Noordheuwel .
Helpmekaar besef nietemin dat die besoek aan Mpumalanga geensins maklik sal wees nie. Dit is welbekend dat die Nellies ‘n gedaanteverwisseling ondergaan in hul agterplaas is.
Daar kan uitgesien word na vuurwerke tussen die opponerende vleuels, Tinyiko Silubane, en Xander van Niekerk, wat albei uitstekend op dreef is. Voorlangs behoort die agstemanne, Lewelyn Vermaak (Helpmekaar) en Vaughn van Zyl (Nelspruit), mekaar goed op te keil.
Hoërskool Transvalia sal op sy uitstekende begin as nuweling in die afdeling wil voortbou wanneer hy vir Hoërskool Dr EG Jansen in Vanderbijlpark verwelkom. Valia het sy reeks met ‘n naelbytsege van 20-13 oor Hoërskool Rustenburg afgeskop. Die Arende vlieg egter self hoog ná hulle vir ‘n derde agtereenvolgende keer met Hoërskool Monument (39-31) afgereken het.
Die spanne:
Waterkloof t. Menlopark om 12:30 in Pretoria:
Waterkloof: 15 Tiaan Posthumus, 14 Gustav Mienie, 13 Meyer Pretorius, 12 Dylan Botha, Jaiden Badenhorst, 10 Ronan Bastiaanse, 9 Zack Jordaan, 8 Marko Kok, 7 Dawid Prinsloo, 6 Divan Botha, 5 Heinrich Naude, 4 Leander van der Westhuizen, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Alexander Elliott.
Menlopark: 15 Reinhardt Hebrst, 14 Bladen Peterson, 13 Leskin Samuels, 12 Dylan Stumke, 11 Juan Joubert, 10 Andru Keun, 9 Gustav Scäffner, 8 JN van Wyk, 7 Tiaan Boshoff, 6 Nathen du Plessis, 5 Keagen Pretorius, 4 Xander Roets, 3 Ruvan van Aardt, 2 Declan Pelser, 1 Mattheus Prinsloo.
Hoërskool Nelspruit t. Helpmekaar Kollege om 12:20 in Mbombela:
Nelspruit (moontlik): 15 Jean Erasmus, 14 Jordan Pretorius, 13 Ruben Greeff, 12 Rian Botha, 11 Tinyiko Silubane, 10 John Duncan, 9 Liam Pringle, 8 Vaughn van Zyl, 7 Vian Louw, 6 Werno Heyns, 5 André Smit, 4 Ethan Esterhuizen, 3 Gert Cloete, 2 D’Angelo Roberts, 1 Lindani Ndlela.
Helpmekaar Kollege: 15 Ty Ax, 14 Xander van Niekerk, 13 Clinton Cloete, 12 Ethan Lourens, 11 Francois Tonkin, 10 Wian Storm, 9 Shaye Lourens, 8 Lewelyn Vermaak, 7 Zaiden Krige, 6 Sydney Nicholson, 5 Eugen de Lange, 4 Diandro Botha, 3 Dylan Engelbrecht, 2 Keanan Combrink, 1 Liam Devenier.
Transvalia t. EG Jansen om 12:30 in Vanderbijlpark:
Transvalia: 15 Lorenzo Flynn, 14 Dihan Crause, 13 Danté Oosthuizen, 12 Declan Hattingh, 11 Tumi Moloi, 10 Jay-Dee Maree, 9 Johan Smit, 8 Wynand Stolz, 7 Daniel Kazambo, 6 Juan Bischoff, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Kyle Maartens, 3 Damian van Heerden, 2 Wihandré Kruger, 1 Vusi Morathi.
EG Jansen: 15 Deshean Pietersen, 14 Otlatleng Zulu, 13 Christopher Combrink, 12 Nathan Delport, 11 Jordan van der Westhuizen, 10 Juan van Aswegen, 9 Joseph Diesel, 8 Slade Mowbray, 7 Dian Botha, 6 Craig Lightfoot, 5 Breyton Kruger, 4 Jacques van Tonder, 3 Deveraux Wideman, 2 Marco ventura, 1 Ruan Rossouw.

Click here for everything you need to know about the SDC Noordvaal Cup




