Klerksdorp pak Liggies in “Monster”-stryd
Saterdag sal die pawiljoen stamp-vol wees wanneer die Hoerskool Klerksdorp en Lichtenburg se eerstespanne kragte meet in hulle jaarlikse FNB Classic Clash.
Lichtenburg is deur die jare bekend vir hulle groot pak voorspelers, fantastiese spelskeppers en spoedvrate in die agterse driehoek en die seisoen blyk dit of daar geen verandering in hierdie patroon is nie.
Die Liggies speel kook-water rugby hierdie seisoen en beloof om aan te hou op hierdie noot wanneer die fluitjie die wedstryd aankondig om 13:00 uur Saterdag middag.
Renier Rall is aan die voortou, nie net as kaptein nie maar ook as ‘n sleutel speler in die nr-5 trui.
Die losskakel, Albert Joubert, sal ook weer op sy stukke wil wees wanneer hy as generaal sy plek inneem met sy goeie vissie en vermoe om situasies te deligeer in gebroke spel.
By gese, sal Klerksdorp nie n oog knip teenoor die gevaar wat Lichtenburg tafel toe bring nie. KHS het deur die begin van die seisoen gewys dat hulle nie terug staan in strawwe wedstryde nie en Saterdag gaan nie n ander deuntjie wees nie.
Die manne van KHS sal staatmaak op hulle oopkant-flank, Kobus de Waal, om op n gereelde basis die bal te ontwrig om te verhoed dat Liggies se agterlyn nie op die voor voet kom nie.
Dit verander wel nie die feit dat KHS self n witwarm agterlyn en n baie goed afgerigte pak voorspelers het, wat wedstryd na wedstryd hulle pond vleis tafel toe bring nie.
Met die geskiedenis tussen hierdie twee skole en die naelbyt wedstryde wat die afgelope paar jaar plaagevind het beloof Saterdag om weer skouspelagtig te wees.
Opwindende hardloop rugby en duikslae wat jy op die paviljoen sal hoor klap is op die spyskaart en die die twee reuse van Noord-Wes lek al heel week hulle lippe af.
Die spanne is:
Hoerskool Klerksdorp: 15 Brink von Wielligh, 14 Decon Loots, 13 Enricqu Classen, 12 Divan Labuschangne, 11 Papino Maluleke, 10 Leonard Bevan, 9 Izak Nienaber, 8 HJ Erasmus, 7 Pedri Snyman, 6 Kobus de Waal, 5 Heinrich Hovener, 4 Pieter Kriel, 3 Liam Pretorius, 2 Janu de Wet, 1 Juan-dre Botha.
Lichtenburg: 15 Collen Peraira, 14 Johandre de Waal, 13 Dundre Dempers, 12 Antonio Vajsel, 11 Lukie Bensons, 10 Albert Joubert, 9 Nicholas van Staden, 8 Dries Scheepers, 7 Tiaan Booysen, 6 DG Jacobs, 5 Renier Rall, 4 GJ Malan, 3 Tommie Scot, 2 Eddie du Preez, 1 Donovan Rosato.
- Player Profile – Gavin Genis (Hoërskool Middelburg) - 2024-12-03
- Maphaka earns maiden test call-up - 2024-12-01
- Fixtures for the 2024 CSA u16 Boys Week - 2024-11-29