SuperSport Schools Plus

Klerksdorp lus vir tweede hap van die kersiekoek

By Franco Oberholzer , in Rugby | Featured Rugby | News , at 2025-05-09 Tags: , , , , , , , , , , ,

FOTO: Marius Nortjé.

Dit sal ‘n dapper dobbelaar verg om vanjaar se wenner in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling te probeer voorspel.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com) 

Ál nege spanne in vanjaar se reeks weeg uitstekend op teen mekaar.

Die reeks skop Saterdag af met een van die opwindendste kragmetings op vanjaar se kalender – die Klerksdorp-derby tussen vanjaar se gasheer, Hoërskool Klerksdorp, en verlede jaar se Skild-kampioen, Hoërskool Wesvalia.

Met die vrystelling van die Noordvaal-bepalings is dié kragmeting reeds met rooi omkring. Klerksdorp het vroeër ‘n voorsmakie gekry van wat wag,  toe hulle in die NWU Prestige-reeks met 12-16 die knie moes buig teen hul bure in ‘n uiters fisieke stryd voorlangs en in nat toestande.

Old School

Hierdie slag hoop die Klerksdorpers vir droër toestande sodat albei agterlyne behoorlik aan die gang kan kom.

KHS se heelagter, Dorian Isaacs, is beslis ‘n gevaarman en kan vir die Wessies heelwat hoofbrekens besorg wanneer hy besluit om van agter op loop te sit. Die gesoute Winton Abrahams is ewe gevaarlik in die middeveld en behoort die Wessies se buitesenter, Jeandré Snyman, se rotsvaste verdediging deeglik te beproef.

Die kragmeting voorlangs behoort oudergewoonte fel te wees, met die tweestryd tussen die agstemanne, Tiaan Koen en Franco Dumond, wat ‘n woelige affêre kan afgee nie. Albei is sterk aanspraakmakers om later vanjaar vir die Luiperds by die Cravenweek in Middelburg uit te draf.

Hoërskool Oos-Moot en Hoërskool Kempton Park sorg vir verdere opwinding in die Moot. Albei spanne het vanjaar beïnduk in die NWU Sportreeks, terwyl die Oosies voor die skoolvakansie hul Plaat-veldtog met ‘n sege van 23-21 oor HTS Middelburg van stapel gestuur het.

Royston Arendse keer terug op losskakel, met Dewron Aford wat na sy gunstelingposisie op binnesenter terugskuif en in ‘n klipharde stryd met die Kempies se gevaarman, Jethro Williams, gewikkel sal wees.

Die verdedigende kampioen, HTS Middelburg reis na Alberton waar ‘n taamlike uitdaging teen Hoërskool Marais Viljoen wag. Die Rooi Bulle sal wil vergoed vir die nederlaag teen die Oosies, maar om die span wat van die Beker-afdeling afgeskuif het op tuisbodem te troef is makliker gesê as gedaan.

Raynhardt Kruger, Marais Viljoen se heelagter, is netjies op dreef en sy skopstewel kan straks die deurslag vir die tuisspan bied.

Ligbron Akademie verwelkom een van vanjaar se vroeë gunstelinge, Hoërskool Zwartkop, in Ermelo. Die Liggies het vanjaar redelik ongesiens te werk gegaan, maar reeds hul merk gemaak met ‘n soet sege oor Hoërskool Secunda in die doodsnikke van ‘n vriendskaplike stryd vroeër vanjaar.

Die Zwarries beskik waarskynlik egter oor die gevaarlikste agterlyn in die reeks en die kragmeting behoort ‘n goeie maatstaf vir die span van Ermelo vroeg in die kompetisie te bied.

Die spanne:  

Hoërskool Klerksdorp t. Wesvalia om 13:45 in Klerksdorp:

Klerksdorp (moontlik): 15 Dorian Isaacs, 14 Tyran Masango, 13 Marco Symington, 12 Winton Abrahams, 11 Jayden Turner, 10 Brendin Mathyse, 9 Jarred van Staden, 8 Tiaan Koen, 7 Marnus van der Merwe, 6 Stiaan Zopick, 5 Juan Hills, 4 Hanro Nel, 3 Zander Nienaber, 2 Brandon Botha, 1 De Wet le Roux.

Wesvalia: 15 Henco Greyling, 14 Martin Bierman, 13 Jeandré Snyman, 12 Wian du Preez, 11 Wilson Letholi, 10 Eduard Dreyer, 9 Barry Niemand, 8 Franco Dumond, 7 Tiaan de Kock, 6 Quewen Fourie, 5 JP Hatting, 4 Joshua Pieterse, 3 Ignus Nel, 2 Fanie Linde, 1 Ulrigh du Preez.

Oos-Moot t. Hoërskool Kempton Park om 12:30 in Pretoria:

Oos-Moot: 15 Jayden Pretorius, 14 Brian Jacobs, 13 Drew Williams, 12 Dewron Aford, 11 LJ Vaughan, 10 Royston Arendse, 9 David Joubert, 8 Jaydon Botha, 7 Riyaan Wilson, 6 Clayton du Bruyn, 5 MC van Tonder, 4 Stian de Vente, 3 Jandré de Beer, 2 Thando Telelo, 1 Divan du Preez.

Kempton Park: 15 Ben Steyn, 14 Ethan Botha, 13 Wian Riekert, 12 Jethro Williams, 11 Ettienne Stroebel, 10 Stian de Villiers, 9 Ferdi Smith, 8 Luca du Plooy, 7 Marko van der Walt, 6 Matthew Vermaak, 5 Ruan Mostert, 4 Louis Mouton, 3 Juan Olivier, 2 Damian Slabbert, 1 Piet van den Heever.

Marais Viljoen t. HTS Middelburg om 12:30 in Alberton: 

Marais Viljoen: 15 Raynhardt Kruger, 14 Cayden Scheepers, 13 Juan van den Heever, 12 Jonno Morkol, 11 Kabelo Thloaele, 10 Claude do Couto, 9 Ethan Weideman, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Tiaan van Huysteen, 6  Munga Mwengehya, 5 Clayton Gagiano, 4 Jermaine Crause, 3 Sifiso Shongwe, 2 Ondisa Njili, 1 Juan Cooper.

HTS Middelburg (moontlik): 15 WJ Enslin, 14 Kwanele Mkhize, 13 Jacques Greyling, 12 Anthoni Smuts, 11 CJ Muller, 10 Nathan Jansen van Vuuren, 9 Reece Botha, 8 Tiaan Bezuidenhout, 7 Ethan de kock, 6 Dewan Coetzee, 5 Griffin Devonish, 4 Janco Aucamp, 3 Marinus Oberholzer, 2 Hanro Terblanche, 1 Janco Botha.

Ligbron Akademie t. Zwartkop om 12:20 in Ermelo: 

Ligbron Akademie: 15 Bandile Thanjekwayo, 14 Neo Zwane, 13 Siyanda Dennison, 12 Lethi Ngwenya, 11 Ndumiso Dlamini, 10 Eben Degenaar, 9 Renier van Staden, 8 Janco Claasen, 7 Jurgens Bezuidenhout, 6 Tiaan Botha, 5 Ian Booysen, 4 Henco Scheepers, 3 Devan Scheepers, 2 Regard Janse van Rensburg, 1 WP Human.

Zwartkop: 15 Shayden Botha, 14 André Marx, 13 Luan Williams, 12 David van Jaarsveld, 11 Stiaan Botha, 10 Tilon Baron, 9 Luan Janse van Rensburg, 8 Wihan Roux, 7 Luan Wepener, 6 Brian Smith, 5 Jethro le Roux, 4 Ettienne van Niekerk, 3 AJ Hendriks, 2 Reagan Blignaut, 1 Matthew Smith.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.