SuperSport Schools Plus

Klerksdorp en Oos-Moot sal sake om Skild-titel uitbaklei

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2022-08-24 Tags: , , , ,

Die Hoërskool Klerksdorp se puik losskakel, MJ Mostert, het sy span met ‘n persoonlike bydra van 20 punte tot in die eindstryd van die Noordvaaltrofee se Skild-afdeling geskop.

Mostert het ses strafdoele asook ‘n doelskop tussen deur die pale in sy span se klinkende sege van 30-5 oor Ligbron Akademie van Ermelo gejaag.

Die wenspan sse vaskopstut, Keagan Wallace, asook die binnesenter, Jayden Fredericks, het blink vertonings afgerond toe hul elk ‘n draai agter die doellyn gaan maak het.

Dit sou ‘n bittersoet terugkeer vir Ligbron se hoof, Gerhard Brand, gewees het. Brand was voor sy aanstelling in Ermelo die skoolhoof van die Hoërskool Klerksdorp.

Klerksdorp se flank Divan Pieters het ook die veld vol gespeel en verdien vermelding.

Die Hoërskool Klerksdorp sal volgende jaar opskuif na die Plaat-kompetisie van Afdeling 1 met al vier sy spanne wat in die halfeindronde van vanjaar se reeks in aksie was.

Oos-Moot sal in die eindstryd teen Klerksdorp te staan kom op laasgenoemde se tuisveld. Die span van Pretoria het nie te veel probleme ondervind om Hugenote van Springs met 41-12 in die ander halfeindstryd uit te skakel nie.

Puntemakers: 

Hoërskool Klerksdorp 30 (22) – Drieë: Keagan Wallace, Jayden Fredericks. Doelskop: MJ Mostert. Strafdoele: Mostert (6). Ligbron 5 (0) – Drie: Peet Marx.

Oos-Moot 41 – Drieë: Regardt Jordaan (2), Jacques Benadie, Duvan du Plessis, Braam Bezuidenhout, Ricardo Visser, Ryan Scott. Doelskoppe: Charl van der Sluys (4). Hugenote (Springs) 12.

Ander spanne: 

o.16: Jeugland 12, Klerksdorp 8; Oos-Moot 11, Eldoraigne 6.

o.15: Lichtenburg 26, Klerksdorp 19; Heidelberg Volkskool 8, Eldoraigne 5.

o.14: Heidelberg Volkskool 54, Klerksdorp 5; Jeugland 15, Hugenote 12.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.