Klein Nederburg jag eerste oorwinning teen New Orleans sedert 2016 in groot Paarl-derby
Vir die tweede agtereenvolgende naweek word die Paarl in twee gedeel waneer die plaaslike Klein Nederburg en New Orleans kragte meet in ‘n wedstryd wat sedert 1994 al jaarliks groot aksie bied.
Dit is ‘n week vol aksie met die twee skole wat meeding met al hul sportkodes, maar die hoogtepunt elke jaar is definitief die kragmeting tussen die twee eerste-rugbyspanne in die Faure Straat Stadion op Saterdagmiddag.
Hierdie FNB Classic Clash is regstreeks op SuperSport Schools beskikbaar – Registreer nou
Alhoewel New Orleans nog die meerderheid oorwinnings het in hierdie derby, sorg albei spanne elke jaar vir ‘n uiters mededingende wedstryd.
Verlede jaar het New Orleans met 26-17 gewen.
Sedert 2007, toe Klein Nederburg ‘n streep van vier agtereenvolgende oorwinnings kon begin, is daar selfs nog minder om die spanne te skei.
New Orleans het sedert 2007 sewe wedstryde gewen, Klein Nederburg het in daardie selfde tydperk ses oorwinnings behaal, en een wedstryd, in 2015, het gelykop geeindig op 10-elk.
Klein Nederburg kon egter laas in 2016 vir New Orleans mak maak, en hulle sal moet waak om te keer dat hul bure weer onder hulle uittrek. New Orleans het reeds vier agtereenvolgende oorwinnings in hierdie jaarlikse bepaling. Vyf onoorwonne jare na mekaar sal die rekord wees indien New Orleans Saterdag weer suksevol is.
Hul losvoorspelers, Fayaaz Hendricks (flank), Gillmano van der Berg (flank) en Gamzah Moerat (agsteman) sal ‘n groot rol speel indien hulle hierdie jaar weer die spogregte kan behou.
Vir Klein Nederburg is hul slot, Adneizle Allies, en die groot stut, Curstin Ben, twee spelers om dop te hou in hierdie wedstryd.
Ondanks die feit dat van die oudskoliere-wedstryd gedurende die week moes afgestel word as gevolg van die taxi-proteste sal die skare weer in hul massas by die stadion wees om die twee spanne te ondersteun in wat elke jaar ‘n hoogtepunt op die skolerugby-kalendar is.
Die spanne vir Saterdag is:
Klein Nederburg t. New Orleans om 16:00:
Klein Nederburg: 15 Abre Klein, 14 Hugan Joseph, 13 Daylon Kamfer, 12 Thorston Morkel, 11 Zainul Matjan, 10 Shaunton Fransman, 9 Eldo Draghoender, 8 Levaan Jacobs, 7 Cernal Newing, 6 Duwayne Smith, 5 Adneizle Allies, 4 Maahir Slamdien, 3 Curstin Ben, 2 Deano Horn, 1 Mickyle Cloete.
New Orleans: 15 John Carl Adams, 14 Jayden Solomons, 13 Wade Bergstedt, 12 Caine Adonis, 11 Rozario Davids, 10 Je-Leo Philander, 9 Beyon Moses, 8 Ghamzah Moerat, 7 Gillmano van der Berg, 6 Fayaaz Hendricks, 5 Ashiq Adams, 4 JA Tamson van der Berg, 3 Alkino Adams, 2 Gillroy Lambrechts, 1 Devano Demas.
Program vir Saterdag by Faure Straat Stadion:
10:00 – o.14 A
11:00 – o.15 A
12:00 – o.16 A
13:10 – Vroue-rugby
13:50 – Trompoppies
14:00 – o.19 B
15:15 – Openingseremonie
16:00 – Klein Nederburg o.19 A t. New Orleans o.19 A.
Oor die jare:
| nt_header_0 | nt_header_1 | nt_header_2 | nt_header_3 | nt_header_4 |
|---|---|---|---|---|
| 2022 | New Orleans | 26 | Klein Nederburg | 17 |
| 2019 | New Orleans | 18 | Klein Nederburg | 0 |
| 2018 | New Orleans | 21 | Klein Nederburg | 16 |
| 2017 | New Orleans | 18 | Klein Nederburg | 15 |
| 2016 | Klein Nederburg | 10 | New Orleans | 7 |
| 2015 | Klein Nederburg | 10 | New Orleans | 10 |
| 2014 | Klein Nederburg | 22 | New Orleans | 13 |
| 2013 | New Orleans | 17 | Klein Nederburg | 13 |
| 2012 | New Orleans | 25 | Klein Nederburg | 8 |
| 2011 | New Orleans | 15 | Klein Nederburg | 9 |
| 2010 | Klein Nederburg | 19 | New Orleans | 17 |
| 2009 | Klein Nederburg | 16 | New Orleans | 3 |
| 2008 | Klein Nederburg | 24 | New Orleans | 23 |
| 2007 | Klein Nederburg | 13 | New Orleans | 10 |
| 2006 | New Orleans | 7 | Klein Nederburg | 5 |
| 2005 | New Orleans | 12 | Klein Nederburg | 3 |
| 2004 | New Orleans | 8 | Klein Nederburg | 0 |
| 2003 | New Orleans | 15 | Klein Nederburg | 9 |
| 2002 | Klein Nederburg | 14 | New Orleans | 12 |
| 2001 | New Orleans | 17 | Klein Nederburg | 0 |
| 2000 | New Orleans | 32 | Klein Nederburg | 3 |
| 1999 | New Orleans | 9 | Klein Nederburg | 5 |
| 1998 | New Orleans | 17 | Klein Nederburg | 8 |
| 1997 | Klein Nederburg | 11 | New Orleans | 5 |
| 1996 | New Orleans | 19 | Klein Nederburg | 12 |
| 1995 | New Orleans | 32 | Klein Nederburg | 0 |
| 1994 | New Orleans | 33 | Klein Nederburg | 3 |
New Orleans 18 | Klein Nederburg 8 | Gelyk 1




