SuperSport Schools Plus

Kitshini lei die Suid-Afrikaanse Skole-krieketspan van 2025

By Hannes Nienaber , in Cricket | Featured Cricket | News Featured | Main , at 2025-12-20 Tags: , , ,

Enathi Kitshini (Garden Route Badgers) of SA Schools during the Khaya Majola Week match between SA U19 Schools and SA Colts at Newlands Cricket Ground on December 21, 2024 in Cape Town, South Africa. (Photo by Ashley Vlotman/Gallo Images)

BLOEMFONTEIN. – Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Skole-span, sal die span deur ‘n speler van die Garden Route Badgers (voorheen Suidwestelike Distrikte aangevoer word.

Die Suid-Afrikaanse o.19-draaibouler Enathi Kitshini van Thembalethu High sal die span Sondag teen die SA Colt-span op die Mangaung-ovaal in die Rosestad aanvoer. Hy het verlede jaar ook die nasionale skolespan gehaal.

Hy was vanjaar weer een van die voorste boulers op die toernooi en het 12 paaltjies teen ‘n gemiddeld van 23.5 lopies laat kantel. Hy is boonop ook die eerste speler vanuit Krieket Suid-Afrika se Hub-sisteem wat die SA Skole-span sal aanvoer.

Die enigste ander speler wat vanjaar weer die span kon haal is Gauteng se Armaan Manack. Sy skoolmaat van St David’s Marist Jason Rowles wat verlede jaar in die uitsoekspan was, kon nie vanjaar die span haal nie.

Die twee SA o.19-spelers het wel op die laaste dag met ‘n onoorwonne vennootskap van 114 lopies vir Gauteng gehelp om as kampioen gekroon te word.

Die keurders kon ook nie vir Rowles ‘n plek in die SA Colt-span vind nie.

Die voorste kolwer van die toernooi, Reuben van Zyl van die Titans, is ook as die Speler van die Toernooi aangewys. Van Zyl is met sy insluiting ook die eerste speler van die Hoërskool Garsfontein om die nasionale skolespan te haal.

Die voormalige Protea Stiaan van Zyl (Westelike Provinsie) en Itumeleng Mjoli (Noord-Kaap) sal die skeidsregters wees vir die vertoonwedstryd tussen die SA Skole- en SA Colt-spanne op die Mangaung-ovaal wat om 09:30 sal begin.

Die spanne is:

SA Skole: Enathi Kitshini – kaptein (Thembalethu High, Garden Route Badgers), Taywin Adams (Klein Nederberg, Boland), JJ Basson (Noordheuwel, Gauteng), Daniel Bosman (Rondebosch Boys’ High, Western Provinsie), Dayalan Boyce (Westville Boys’ High, Dolphins), Ben Hockley (Hilton College, Tuskers), Paul James (Wynberg Boys’ High, Western Provinsie), Bayanda Majola (Durban High School, Dolphins), Armaan Manack (St David’s Marist, Gauteng), Ombesa Matsha (St Stithians College, Gauteng), Francois Prins (Boland Landbou, Boland), Reuben van Zyl (Garsfontein, Titans).

SA Colts: Riley Muller – kaptein (Waterkloof, Titans), Corné Botha (Noordheuwel, Gauteng), Xavier Coetzee (Hans Moore, Oostelikes), Sulaymaan Gangat (Pearson, OP), Tahseen Hanslo (St Stithians College, Gauteng), Kamogelo Matlala (Elandspark, Oostelikes), Bandile Mbatha (Glenwood, Dolphins), Wade McQuinn (King Edward VII, Gauteng), Seth Simpson (Westville Boys’ High, Dolphins), Randy Syce (Woodridge College, OP), Corbin Tidbury (Graeme College, CSA Uitnodigingspan), Thandolwethu Zama (St Charles College, Tuskers).

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.