Kimberley verwag krieket-skouspel by Diamantveld Fees hierdie naweek
Agt van die top-krieketskole in die land kom hierdie naweek in Kimberley bymekaar om deel te neem aan die eerste Diamantveld T20 Krieketfees.
Vang elke bal regstreeks op SuperSport Schools – Registreer nou – Skakel na die toernooi
Die aksie skop Vrydagaand op die Kimberley Diamond Oval af na Northern Cape Heat en Easterns hul CSA eendagreeks bepaling afgehandel het en Diamantveld vir Grey-kollege van Bloemfontein om 19:00 aanpak.
Carlton van Heerden is die derde span in Poel A, en begin hul naweek Saterdagoggend waneer hulle die tuisspan aandurf.
In Poel B is die St Andrews van Bloemfontein, Potchefstroom Volkskool en die Noord-Kaap HUB wat sake sal uitspook en Hoër Jongenskool Paarl, Noord-Kaap en Kalahari is saam in Poel C.
Luhan de la Rey, die Diamonds se kaptein, en sy span sal hul lippe aflek vir die geleentheid om hul staal te wys op die Kimberley Oval, maar hulle sal hul ritme vinnig moet vind teen Grey in die openingswedstryd.
Die span van Bloemfontein het verlede naweek teen Potchefstroom Gimnasium uitgedraf vir ‘n 50 beurt wedstryd, maar moes die knie buig danksy ‘n skitterende vertoning deur die Gimmies se laer-orde kolwers.
Juan Viljoen het goed vertoon met sy boulwerk vir Grey in daardie wedstryd en hy sal weer op sy stukke moet wees om Vrydag die Diamantveld kolfaanval in te perk.
Die Diamonds sal veral staatmaak op Simon Liversage. Liversage was heel jaar al ‘n uitblinker vir die eerste-rugbyspan, maar hy is net so bevoeg met ‘n kolf in die hand en lyk soos ‘n speler om dop te hou die naweek.
Die res van die bepalings begin almal Saterdag oggend. Die Noord-Kaap Hub en Potch Volkies speel die eerste wedstryd op die Oval en daar sal tot laat aksie wees waneer Boishaai en Noord-Kaap hul stryd klaarmaak.
Die uitspeelrondes vind op Sondag en Maandag plaas, so daar sal vier volle dae van topgehalte skolekrieket wees om te geniet in Kimberley die naweek. Toeskouers staan boonop nog ‘n kans om ‘n deel van die R10 000 prysgeld te wen indien hulle ‘n bal wat vir ‘n ses geslaan is met een hand uit die lug kan pluk.
Die groepe
Poel A: Grey-kollege, Diamantveld, Carlton van Heerden.
Poel B: St Andrews, Potchefstroom Volkskool, Noord-Kaap HUB.
Poel C: Hoër Jongenskool Paarl, Noord-Kaap, Kalahari.
Die bepalings
o.17
Vrydag
Kimberley Diamond Oval: 10:00 – Northern Cape Heat t. Limpopo Impalas; 19:00 – Diamantveld t. Grey-kollege.
Saterdag
Kimberley Diamond Oval: 08:00 – Noord-Kaap HUB t. Potchefstroom Volkskool; 11:30 – Diamantveld t. Carlton van Heerden; 15:00 – St Andrews t. Potchefstroom Volkskool; 19:00 – Hoër Jongenskool Paarl t. Noord-Kaap.
Country Club B: 08:00 – Hoër Jongenskool Paarl t. Kalahari; 11:30 – St Andrews t. Noord-Kaap HUB; 15:00 – Grey-kollege t. Carlton van Heerden.
Sondag
Kimberley Diamond Oval: 08:00 – Noord-Kaap t. Kalahari.
o.15
Saterdag
Diamantveld: 08:00 – Diamantveld t. Grey-kollege; 11:30 – Hoër Jongenskool Paarl t. Kalahari; 15:00 – Diamantveld t. Carlton van Heerden.
Kimberley Boys’ High: 08:00 – St Andrews t. Potchefstroom Volkskool; 11:30 – Pothefstroom Volkskool t. Noord-Kaap HUB; 15:00 – Hoër Jongenskool Paarl t. Noord-Kaap.
Sondag
Diamantveld (o.15): 08:00 – St Andrews t. Noord-Kaap HUB.
Kimberley Boys’ High (o.15): 08:00 – Grey-kollege t. Carlton van Heerden.
Keely-Park (o.15): 08:00 – Noord-Kaap t. Kalahari.