KES skok byna Boishaai, Grey en Kwaggas vanjaar se uitskieters

JOHANNESBURG. – King Edward VII het gister amper vir ‘n groot opskudding gesorg in die hoofwedstryd van die tweeded ag van sy Paastoernooi teen die Hoër Jongenskool Paarl.
Boishaai het uiteindelik naelskraaps met 10-8 ‘n oorwinning deurgetrek na ‘n drie deur sy haker, HB Odendaal. KES het egter vir die grootste gedeelte van die wedstryd ‘n voorsprong van 8-0 geniet.
Vroeër in die dag by KES sou Nico Malan se Jaco Nepgen ook ‘n tikkie soet by die suur van sy span se nederlaag van 21-37 teen Diamantveld ervaar het.
Nepgen was voor hy na Humansdorp verhuis het, die kondisioneerder van Diamonds se rugbyspan. Boonop word die span van Kimberley deur sy voormalige Griekwa-spanmaat Leon Karremaker afgerig.
Noordheuwel se afrigter Stefan “Botter” Lourens sal na sy span se laaste vier wedstryde die afgelope tien dae voel dat hy sy hare uit sy kop kan trek.
Dit was ‘n geval van naby maar tog so ver in drie van sy wedstryde. Die span het naelskraaps teen Maritzburg College (45-47), Hilton College (30-32) asook Boland Landbou (19-24) verloor. In al drie kragmetings was die Nories enkele meters en minute van seges af.
Worcester Gimnasium het met sy buiging by die Kearsney College Paastoernooi in Durban vir ‘n opskudding gesorg deur Durban High School met 36-31 te verslaan.
Na die jaarlikse Noord/Suid-toernooi in Pretoria is dit waarskynlik dat die land se voorste span reeds op 15 April in George gekroon kan word.
Dit is wanneer die Hoërskool Outeniqua se Kwaggas teen Grey-kollege van Bloemfontein te staan kom. Verlede jaar het Grey die kragmeting in die Rosestad met 21-3 gewen na spel vroeg weens weerlig gestaak moes word.
Die Kwaggas vier boonop vanjaar hul 100ste bestaansjaar, so hierdie kragmeting beloof om een vir die boeke te wees.
Outeniqua het op die laaste dag in Pretoria ‘n agterstand van 3-20 teen rustyd uitgewis om Monument van Krugersdorp met 34-27 te klop. Die span van George se plaasvervanger-skrumskakel, Ellie Meyer, het die wendrie in die doodsnikke gedruk.
Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het in die hoofwedstryd van die laaste dag weereens die knie met 19-26 teen Paarl Boishaai gebuig. Affies kon laas in 2012 daarin slaag om die span van die Paarl om te dop.
Affies pak eerskomende Saterdag vir Garsfontein op hul tuisveld. Garsies het ‘n klinkende sege van 59-7 oor Oakdale Landbou behaal om die bordjies teen die span van Riversdal te verhang.
Die Turkoois Bere se skrumskakel, Zian Cilliers, asook die binnesenter, Heinrich Cloete, het blink vertonings in die sege opgedis.
Die Hoërskool Middelburg het met hul speelstyl die toeskouers gaande gehad tydens die jaarlikse Oakdale Rugbyweek net buite Riversdal. Die Middies is na afloop van die prysuitdeling aangewys as die span wat die mees aanskoulike rugby tydens die week opgedis het.
Drie spelers vanuit die span van Mpumalanga – Fumani Chauke (haker), Tebogo Nkosi (vaskopstut) en Tjaart Joubert (agtsteman) het boonop die span van die week gehaal. Joubert is ook vir sy skitterende spel as die voorspeler van die week aangewys.
Die Hoërskool Upington se regtervleuel, Khayalenkosi Maganga, was volgens die keurder die beste agterspeler te sien in Riversdal.
Al die uitslae:
ST JOHN’S COLLEGE PAASTOERNOOI
Dag 2: Pretoria Boys’ High 26, Grey High School 19; Jeppe 24, Hilton College 20; Boland Landbou 24, Noordheuwel 19; Maritzburg College 43, Hoërskool Nelspruit 19; Graeme College 20, St John’s College 20; St Charles College 31, St Benedict’s College 9; Welkom Gimnasium 19, Goue Leeus XV-tal 17.
Dag 1: Welkom Gimnasium 28, St John’s College 12; Hilton College 32, Noordheuwel 30; Boland Landbou 22, Grey High School 12; Jeppe 27, Graeme College 17; Hoërskool Nelspruit 12, St Benedict’s College 8; Pretoria Boys’ High 41, St Charles College 5; Maritzburg College 50, Goue Leeus XV-tal 5.
KEARSNEY COLLEGE PAASTOERNOOI
Dag 2: Monument 50, Noord-Kaap 5; Durban High School 31, Framesby 10; Kearsney College 17, EG Jansen 12; Glenwood 19, Dale College 7; Marlow Landbou 30, Worcester Gimnasium 15; Westville Boys’ High 14, Hartpury College 9.
Dag 1: EG Jansen 28, Hartpury College 28; Dale College 23, Kearsney College 20; Worcester Gimnasium 36, Durban High School 31; Monument 28, Framesby 7; Westville Boys’ High 31, Noord-Kaap 19; Glenwood 22, Marlow Landbou 10.
ST STITHIANS PAASTOERNOOI
Dag 2: Kingswood College 36, St Stithians College 17; Bishops 31, Helpmekaar 30; Michaelhouse 37, Clifton 21; St Andrew’s College 43, St John’s College (Harare) 21; Wynberg Boys’ High 56, St Alban’s College 0.
Dag 1: Wynberg Boys’ High 20, Helpmekaar 12; Michaelhouse 29, St Andrew’s College 22; St John’s College (Harare) 29, St Alban’s College 26; Kingswood College 45, Clifton 12; Bishops 66, St Stithians College 3.
KING EDWARD VII PAASTOERNOOI
Dag 2: Hoër Jongenskool Paarl 10, King Edward VII 8; Selborne College 23, Parktown Boys’ High 17; Queen’s College 32, Ben Vorster 10; Northwood 31, Hudson Park 13; Eldoraigne 36, St David’s Marist 20; Diamantveld 37, Nico Malan 21; Durbanville 61, Kempton Park 21.
Dag 1: King Edward VII 55, Hudson Park 12; Hoër Jongenskool Paarl 48, Selborne College 5; Queen’s College 40, Diamantveld 21; Nico Malan 46, St David’s Marist 11; Eldoraigne 38, Parktown Boys’ High 0; Northwood 31, Ben Vorster 15.
OAKDALE RUGBYWEEK
Dag 3: Pearson 20, Hoërskool Middelburg 20; Die Brandwag (Uitenhage) 25, Kempton Park 23; Langenhoven Gimnasium 31, Vryburg 10; Jim Fouché 31, Oakdale XV-tal 0; Duineveld 15, Transvalia 12; Hugenote (Wellington) 22, Hoërskool Rustenburg 17; Swartland 26, Hoërskool Upington 10; Die Anker 38, Brackenfell 18; Oos-Moot 12; Robertson 5; Montagu 34, Sentraal (Bloemfontein) 26; Westering 17, Augsburg Gimnasium 15; Potchefstroom Gimnasium 26, Hermanus 0; Merensky 28, Parel Vallei 10; Bredasdorp 30, Graaff-Reinet Volkskool 24; Oosterlig 25, HTS Port Rex 0; Overberg 17, Labori 12; Strand 22, Lichtenburg 17.
Dag 2: Hoërskool Middelburg 31, Die Brandwag (Uitenhage) 10; Kempton Park 38, Lichtenburg 12; Pearson 27, Die Anker 14; Hoërskool Rustenburg 31, Hoërskool Upington 24; Vryburg 24, Sentraal (Bloemfontein) 10; Transvalia 25, Strand 7; Langenhoven Gimnasium 39, Jim Fouché 26; Bredasdorp 34, HTS Port Rex 14; Graaff-Reinet Volkskool 25, Montagu 13; Duineveld 26, Hugenote 19; Merensky 19, Swartland 7; Robertson 31, Potchefstroom Gimnasium 12; Oakdale XV-tal 28, Overberg 8; Oos-Moot 15, Brackenfell 12; Parel Vallei 23, Oosterlig 21; Hermanus 17, Augsburg Gimnasium 7; Westering 26, Labori 20.
NOORD/SUID-TOERNOOI
Dag 4: Hoër Jongenskool Paarl 26, Affies 19; Outeniqua 34, Monument 27; Welkom Gimnasium 62, Menlopark 17; Paul Roos Gimnasium 29, Pretoria Boys’ High 10; Stellenberg 22, Helpmekaar 20; Noordheuwel 41, Durbanville 32; Garsfontein 59, Oakdale Landbou 7.
Dag 3: Grey-kollege 37, Maritzburg College 24; Paarl Gimnasium 49, King Edward VII 19; Durban High School 35, Hoërskool Nelspruit 7; Waterkloof 32, Glenwood 28; EG Jansen 23, HTS Drostdy 22.




