Kempies wil tuis terugkeer na die wenpad teen Klerksdorp


Hoërskool Kempton Park keer terug na sy tuisveld om vir Hoërskool Klerksdorp Saterdag te verwelkom in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling.
Volg al die Plaat aksie regstreeks op SuperSport Schools – (www.supersportschools.com)
Die Kempies het in hul laaste twee wedstryde vasgeval en is vasberade om weer oorwinning te smaak. Ten spyte van hul onlangse nederlae het die Kempies steeds tekens van ‘n goeie span getoon, met vernaam buitesenter, Wian Rieckert, wat ‘n doring is in die middeveld.
Die Klerksdorpers, daarenteen, het bo uitgekom in hul vorige twee uitstappies, waarvan die mees onlangse uitslag ‘n naelbytsege van 25-24 oor Hoërskool Middelburg. Die veelsydige Brendin Mathyse het ongelukkig weer ‘n besering opgedoen teen die Middies en word weer deur Jayden Turner op heelagter vervang.
Linkervleuel en Luiperds-verteenwoordiger, Elzeno Schalkwyk, sluit hom by Mathyse aan op die krukkelys en laat ‘n taamlike leemte wat die Klerksdorpers se aanvalbetref. Schalkwyk word deur Marco Symmington vervang.
Hoërskool Oos-Moot het vir Jaydon Pretorius van heelagter na buitesenter geskuif vir Saterdag se stryd in die Moot teen die onoorwonne Hoërskool Zwartkop. Brian Jacobs draf in Pretorius se plek op heelagter uit.
Vir die Zwarries maak die driedruk-duo, Zulu Mona (linkervleuel) en Justin Julies (heelagter), hul terugkeer tot die beginspan. Die indrukwekkende Mika Allers kry geleentheid om aan die kant van die skrum te sak na ‘n rits uithaler-vertonings vir die Zwarries se tweede span.
Hoërskool Wesvalia se Fafa Calitz en Wian du Preez vorm ‘n gedugte kombinasie in die middeveld vir HTS Middelburg se besoek aan Klerksdorp. Jeandré Snyman, wat op buitesenter teen die Oosies uitgedraf het, behou sy plek maar skuif na linkervleuel. Voorlangs mis haker, Fanie Linde, uit weens ‘n besering, met loskopstut, Ulrigh du Preez, wat oorskuif van stut na haker en die ervare Deacon Kath wat langs hom in die voorry sak.
Na ‘n welkome loslootjie, keer Tercius Bezuidenhout terug na die Rooi Bulle sepak nadat hy in die vorige wedstryd op binnesenter moes diens doen. Nathan Jansen van Vuuren neem weer sy plek in die nr. 12-trui in, met Danté Lubbe wat die toutjies as losskakel sal trek.
‘n Gekweste Hoërskool Middelburg verwelkom vir Marais Viljoen in Middelburg. Die besoekers van Alberton se selfvertroue behoort oor te loop na hulle ook twee seges in hul laaste twee wedstryde kon behaal, waarvan een weg teen die Kempies. Middies is egter slaggereed om hul Plaat-veldtog weer op koers te kry, wat vir ‘n liplekker-stryd behoort te sorg.
Die spanne:
Hoërskool Kempton Park t. Hoërskool Klerksdorp om 12:30 in Kempton Park:
Kempton Park: 15 Ben Steyn, 14 Ethan Botha, 13 Wian Riekert, 12 Jethro Williams, 11 Ettienne Stroebel, 10 Stian de Villiers, 9 Ferdi Smith, 8 Ruan Mostert, 7 Marco van der Walt, 6 Matthew Vermaak, 5 Luca du Plooy, 4 Louis Mouton, 3 Dihan Keeve, 2 Matthew Swannevelder, 1 Piet van den Heever.
Klerksdorp: 15 Jayden Turner, 14 Tyrand Masango, 13 Winton Abrahams, 12 Jarred van Staden, 11 Marco Symmington, 10 Dorian Isaacs, 9 Rellston Wilson, 8 Tiaan Koen, 7 Marnus van der Merwe, 6 D-Jee Treurnich, 5 Juan Hills, 4 SG de Klerk, 3 Hanro Nel, 2 Brandon Botha, 1 De Wet le Roux.
Oos-Moot t. Zwartkop om 12:30 in Pretoria:
Oos-Moot: 15 Brian Jacobs, 14 Drew Williams, 13 Jayden Pretorius, 12 Jeandré Venter, 11 LJ Vaughn, 10 Dewron Aford, 9 David Joubert, 8 Jaydon Botha, 7 Riyaan Wilson, 6 Clayton du Bruyn, 5 MC van Tonder, 4 Stian de Vente, 3 Jandré de Beer, 2 Thando Telelo, 1 Divan du Preez.
Zwartkop: 15 Shayden Botha, 14 André Marx, 13 Luan Williams, 12 David van Jaarsveld, 11 Stiaan Botha, 10 Tilon Baron, 9 Luan Janse van Rensburg, 8 Wihan Roux, 7 Luan Wepener, 6 Brian Smith, 5 Jethro le Roux, 4 Ettienne van Niekerk, 3 AJ Hendriks, 2 Regan Blignaut, 1 Christiaan de Vries.
Wesvalia t. HTS Middelburg om 13:30 in Klerksdorp:
Wesvalia: 15 Henco Greyling, 14 Martin Bierman, 13 Fafa Calitz, 12 Wian du Preez, 11 Jeandré Snyman, 10 Eduard Dreyer, 9 Barry Niemand, 8 Franco Dumond, 7 Christiaan Swanepoel, 6 Quewen Fourie, 5 Tiaan de Kock, 4 Joshua Pieterse, 3 Ignus Nel, 2 Ulrigh du Preez, 1 Deacon Kath.
HTS Middelburg: 15 WJ Enslin, 14 Kwanele Mkhize, 13 Jacques Greyling, 12 Nathan Jansen van Vuuren, 11 CJ Muller, 10 Danté Lubbe, 9 Reece Botha, 8 Kayden Wessels, 7 Regard Blake, 6 Dewan Coetzee, 5 Janco Aucamp, 4 Ethan Kock, 3 Marinus Oberholzer, 2 Hanru Terblanche, 1 Janco Botha.
Hoërskool Middelburg t. Marais Viljoen in Middelburg:
Hoërskool Middelburg: 15 Katlego Baloyi, 14 Kefilwe Phamotse, 13 Jaco Truter, 12 Lungelo Maseko, 11 Lesego Rakale, 10 Matthew Abbey, 9 Keabetswe Nkgadima, 8 Hencoe Jane van Rensburg, 7 Wihan Jordaan, 6 CW Hanekom, 5 Jabu Mathebula, 4 Khensani Buthelezi, 3 Dewald du Toit, 2 Roux Grobler, 1 Carlo Joubert.
Marais Viljoen: 15 Raynhardt Kruger, 14 Cayden Scheepers, 13 Juan van den Heever, 12 Jonno Morkol, 11 Kabelo Tlhoaele, 10 Claude do Cotto, 9 Ethan Wiedeman, 8 Rio Tshimbalanga, 7 Munga Mwengehya, 6 Lloyd Shoko-Schenck, 5 Dean Scheepers, 4 Jermaine Crause, 3 Sifiso Shongwe, 2 Ondisa Njili, 1 Juan Cooper.

Click here for everything you need to know about the SDC Noordvaal Cup




