SuperSport Schools Plus

Kan Jim Fouché vir Welkom Gimnasium pootjie in die Shimla halfeindstryd?

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-08-19

Die Kovsiestreekkompetisie se halfeindronde vind hierdie naweek in Welkom en Kimberley plaas nadat die Griffons, Griekwas en Vrystaat streke hul kampioene gekroon het.

Welkom Gimnasium is die Griffon-kampioene na ‘n 29-26 oorwinning oor Voortrekker in die eindstryd en sal teen Jim Fouché te staan kom, nadat JF vir die onoorwonne Fichartpark in die Vrystaat Stadsbeker eindstryd kon verras met ‘n 31-25 sege.

Hoërskool Upington verteenwoordig vir Griekwaland, nadat hulle bo Noord-Kaap, Diamantveld, Duineveld en Kalahari op die punteleer kon eindig.

Die Uppies ontmoet dan vir Fichardtpark vir die laaste plek in die eindstryd aangesien die Vrystaat twee verteenwordigers het wat deelneem aan die Kovsie-reeks in elke liga hierdie jaar.

Volg die aksie regstreeks op SuperSport SchoolsRegistreer nou

Welkom Gimnasium lyk soos een van die voorste aanspraakmakers op vanjaar se titel na ‘n baie indrukwekkende seisoen.

Hul losskakel, Renaldo Kiewiet, is onstuitbaar hierdie seisoen en het die meeste punte by vanjaar se Cravenweek in George aangeteken waar hy vir die Griffons uitgedraf het.

Sy agterlyn is nog heel seisoen witwarm, met spelers soos Teschan Meas (senter) en Kamohelo Mokoena (vleuel) wat baie opwindend lyk waneer Welkom Gim op die aanval is.

Jim Fouché het egter al reeds laas naweek bewys dat hulle nie terugstaan vir ‘n uitdaging nie, en sal daardie momentum wil gebruik om ‘n plek in die eindstryd te bespreek.

Sy Cravenweek haker en kaptein, Stefan Venter, speel ‘n sentrale rol tot hul sukses hierdie seisoen. Venter lei sy span van voor en is gereeld ook die een wat die drieë kon druk vir JF deur die jaar.

Hierdie naweek begin Venter egter weer op flank, waar hy aan die begin van die seisoen ook gespeel het.

Dit sal ‘n enorme vertoning deur die span van Bloemfontein vat om vir Welkom Gimnasium te pootjie, veral omdat verlede naweek se stryd ‘n tol geneem het.

JF is sonder hul dinamiese klein skrumskakel, Tristan van der Walt, wat ook hul doelskoppe behartig het. Rechum de Bruyn begin Saterdag in die nommer nege trui.

Hul flank, JW Stone en slot, Stefan van Rooyen, is ook beseer. Stean Marais begin op haker terwyl Venter aan die kant van die skrum sal sak, en Milan Marais neem van Rooyen se plek in die eindstryd.

Die enigste verandering vir Welkom Gimnasium is Kganya Molapo wat in Lawrence Lamiene se plek op flank begin.

Fichardtpark en Hoërskool Upington pak mekaar in Kimberley.

Elke jaar kry een van die streke twee verteenwoordigers in die reeks, dus het Fichardtpark nog ‘n kans om ‘n streep onder hul droomseisoen te trek deur om ‘n trofee te wen.

Tot verlede naweek het die Fichie-leeus soos een van die gunsteling spanne gelyk om die reeks te verower, maar ‘n begeesterde Jim Fouché het vir hulle hul eerste nederlaag van die seisoen gegee.

Die Fichies het hul ster-slot, die eerste SA Skole speler ooit wat uit Fichardtpark opgelewer is, Jaco Grobbelaar gemis in daardie wedstryd.

Grobbelaar is hierdie naweek nogsteeds afwesig aangesien hy deel is van die SA o.18 groep wat Saterdag teen Engeland meeding en Ruan Lindeque vervang hom in die Fichardtpark span

Die Uppies beleef meer van ‘n gemengde seisoen, hulle het onlangs die Groot Interjol teen Duineveld in ‘n riller met 29-26 verloor, maar het vroeër in die jaar gewys waartoe hulle in staat is met goeie oorwinnings oor Kalahari (34-19) en Diamantveld (43-31). Hulle kon ook teen ‘n sterk Noord-Kaap span 26-elk gelykop speel.

In die agterlyn is dit die gevaarmanne soos Ruwin Isaks, die heelagter, wat vir Uppies uitgestaan het deur die seisoen, maar dit is hul pak voorspelers wat die jaar uitblink. PA Karstens (stut) is onmisbaar vir die span van Upington, en hy en sy makkers in die voorry sal moet sterk staan om die Bloemfonteiners Saterdag in te perk.

Vir die Fichies is dit hul losskakel, Dailen Geldenhuys, wat die pas stel, en hul twee spoedvraat vleuels, Edward Mpinga en Janco Mollentze, sal ook ‘n groot impak op hierdie wedstryd wil maak.

Die spanne is:

Welkom Gimnasium t. Jim Fouché om 12:40 in Welkom:

Welkom Gimnasium: 15 Naylan Goeda, 14 Navan Goeda, 13 Teschan Meas, 12 Mojalefa Matoka, 11 Khamohelo Mokoena, 10 Renaldo Kiewiet, 9 Julian Samuels, 8 Ethan Jones, 7 Raylin Kirsten, 6 Kganya Molapo, 5 Jayden Auld, 4 Tristan Appollis, 3 Keanan August, 2 Dante Smith, 1 Buhle Mxabayi.

Jim Fouché: 15 Christiaan Strydom, 14 Altus du Plessis, 13 Justin Groenewald, 12 Heinrich Hattingh, 11 Dillon Calitz, 10 Hanko Botha, 9 Rechum de Bruyn, 8 Calvin Bolt, 7 Stefan Venter, 6 Nathan van Breda, 5 SW van der Merwe, 4 Milan Marais, 3 Wianru van der Berg, 2 Stean Marais, 1 Bernard Labuschagne.

Hoërskool Upington t. Fichardtpark 0m 15:35 in Kimberley:

Hoërskool Upington: 15 Ruwin Isaks, 14 Khayalenkosi Maganga, 13 Sylvester Hoffman, 12 Siphe Msebenzi, 11 Louwan Harper, 10 Emlyhn Jacobs, 9 Neil Petro, 8 Jaco Fourie, 7 Sipho Livingi, 6 Roedolf Duraan, 5 Johan Louw, 4 Ruan Janse van Rensburg, 3 Niel Visser, 2 Roelof Slabbert, 1 PA Karsten.

Fichardtpark: 15 Martin Kalp, 14 Edward Mpinga, 13 Duan Viviers, 12 Dandré van der Merwe, 11 Janco Mollentze, 10 Dailen Geldenhuys, 9 Devanté Claassen, 8 Erick Klopper, 7 Wouter Jonker, 6 Jan-Nel du Plessis, 5 Nathan Dodd, 4 Ruan Lindeque, 3 Nathan Swanepoel, 2 Jaco Janse van Rensburg. 1 Zaine van Zyl.

Ander bepalings:

o.15: 09:00 – Voortrekker t. Jim Fouché

0.14: 11:05 – Hoërskool Trio t. Jim Fouché

 

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.