Junior Blitsbokke gekies vir toernooi in Namibië
Die Suid-Afrikaanse o.18-sewesspan wat op 3 en 4 Maart op die Capricorn Group-toernooi (vir o.19-spanne) in Namibië in aksie wees. Die Junior Blitsbokke sal die gunstelinge wees om met die kroon op die nuwe kunsmatige veld van Windhoek Gimnasium met die louere weg te stap.
Namibië, Zambië, SA All Stars, Botswana en Duitsland sal ook op die toernooi in aksie wees. Grey-kollege van Bloemfontein het met drie spelers Janco van Heyningen, Rikus Pretorius en Henk Cilliers die grootste verteenwoordiging in die span. Pretorius het verlede jaar die SA Skole-span verteenwoordig, terwyl Van Heyningen in die A-span was.
Helpies se Mark Snyman en Senele Nohamba (Durban HS) was ook na afloop van verlede jaar se Cravenweek in Durban in die twee nasionale skolespanne opgeneem.
Die Capricorn Group-toernooi word deur die bekende promotor Willem Strauss georganiseer. Die toernooi sal op die eerste rugbyveld van kunsmatige gras in Afrika speel. Wat die toernooi ook absoluut uniek maak is die feit dat dit die inhuldiging sal wees van die eerste kunsmatige rugbyveld in Afrika. Die veld is soortgelyk aan die Engelse rugbyklub Saracens se kunsmatige oppervlak van hul tuisveld Allianz-park.
“Die toernooi sal vir junior sewes spelers in Afrika ‘n baan skep na hul nasionale sewes spanne en wie weet, dalk kan dit die begin wees van ‘n aantal toekomstige Olimpiese spelers se loopbane,” het Strauss gese.WindhoekGim pitch
Strauss het ook bygevoeg dat die toernooi beplan word om jaarliks plaas te vind en dat daar meer internasionale spanne in die toekoms genooi sal word.
Die SA o.18-sewesspan is:
Phedulani Buthelezi, Senele Nohamba (albei Durban High School), Janco van Heyningen, Rikus Pretorius, Henk Cilliers (almal Grey-kollege), Mark Snyman (Helpmekaar), Andrew Kota (Welkom Gimnasium), Muzi Nyakane (Ben Vorster), Angelo Davids (Stellenberg), Ruben Beytell (EG Jansen), Henco Martins (Paarl Gimnasium), Marnus Potgieter (Affies), Sebastiaan Jobb (Duineveld),




