SuperSport Schools Plus

Jim Fouché sluit Wesgrow reeks af teen Trio in Kroonstad

By Willem Louw , in Rugby | News , at 2023-07-28

Die finale rondte van die 2023 Wesgrow Sentrale Sportsreeks speel hierdie naweek af, met nog net Diamantveld en Goudveld wat volgende naweek eers hul laaste bepaling afhandel.

Volg al die aksie op SuperSport Schools Registreer nou

Verlede jaar het Hoërskool Trio vir Jim Fouché in die Kovsie-liga eindstryd met 22-19 getroef in hul debuutseisoen.

Hierdie jaar is die egter die Bloemfonteiners wat meer sukses ervaar.

Jim Fouché beleef ‘n merkwaardige seisoen en het nog net die een Wesgrow bepaling teen die onoorwonne Fichardtpark verloor met 39-33 na ‘n riller van ‘n wedstryd op hul tuisveld vroeër die jaar.

Hul kaptein en Cravenweek haker, Stefan Theron, speel ‘n sentrale rol in hul sukses hierdie jaar en hy sal weer ‘n speler wees om dop te hou Saterdag.

Die span van Bloemfontein word ook aangesterk deur Phillip Noëth op flank wie meeste van die seisoen weens ‘n besering gemis het. Saam met Venter en hul staatmaker agsteman, Calvin Bolt, kan die besoekers vir Hoërskool Trio probleme rondom die afbreukpunte veroorsaak.

Die Green Machine het verlede naweek vir Witteberg met 45-24 geklop in Bethlehem en hulle sal Saterdag hul Wesgrow-veldtog op ‘n hoë noot wil afsluit.

Hoërskool Trio het ‘n moeilike seisoen tot dusver, maar met sewe Cravenweek spelers en ‘n generaal soos Byron Biennas (losskakel) wat by die Akademieweek in Johannesburg vir die Griffons uitgestaan het is dit altyd gevaarlik om die span van Kroonstad af te skryf.

Charlten Basson (senter), Thuto Kekane (vleuel), JD Kirstein (slot), Tapiwa Mundeta (agsteman) en CJ Taljaard (skrumskakel) is die Griffons Cravenweek spelers wat Saterdag vir Trio in aksie sal wees.

Hul Cravenweek haker, Heinrich Loubsher, is nie beskikbaar vir die wedstyd nie en Dandre Bloem, die Griffons stut, begin op die plaasvervangerbank.

Fichardtpark kan hul Wesgrow-veldtog onoorwonne eindig indien hulle nog ‘n sege teen Witteberg kan behaal.

Die Fichie-leeus beleef ‘n droomjaar, en is beloon vir hul harde werk deur hul groot slot, Jaco Grobbelaar, se insluiting in die SA Skole span na hy vir die Vrystaat by die Cravenweek in George uitgestaan het.

Die Bloemfonteinse skool is al vir 16 agtereenvolgende wedstryde hierdie seisoen onoorwonne, met slegs die twee wedstryde teen Hoërskool Trio (17-elk) en Hoërskool Pietersburg (31-elk) wat hulle nie kon wen nie.

Hul vleuels, Janco Mollentze en Edward Mpinga, is twee spelers om dop te hou die naweek, en die Cravenweek skakelpaar van Dailen Geldenhuis (loskakel) en Devanté Claassen (skrumskakel) sal die speltempo wil beheer soos hulle al menigde kere die seisoen kon doen.

Witteberg se ster-skrumskakel, Dries Stemmet, wat saam met sy agsteman, Daniel Meintjies, by die VKB Platteland-week in Reitz uitgestaan het, begin Saterdag op losskakel.

Hul heelagter, Curtley Smith, het ‘n beseering opgedoen en die tuisspan moes noodgedwonge hul agterlyn rondskuif.

Sydwell Sethi beweeg van losskakel na heelagter terwyl Kirsten Fourie die skrumskakel-rol sal behartig.

Sentraal kon nog nie ‘n oorwinning in hierdie jaar se Wesgrow-reeks behaal nie, en om dit reg te kry teen Voortrekker in Bethlehem sal hul beste vertoning van die seisoen verg.

Die Trekkers is sonder hul uitblinker Cravenweek heelagter, Tumi Khoza en hul Akademieweek haker, Arnold Ras, vir die wedstryd.

Hul agsteman, Fano Linde, is ook nie beskikbaar Saterdag nie. Linde is as deel van die SA o.18 Sewes-groep na Trinidad and Tobago waar hy aan die Statebond Jeugspele gaan deelneem.

Daar is egter steeds vele gevaarpunte in die Voortrekker span en hul vleuels, Kamohelo Moses en Kaneng Komane, het al gewys hoe blitsvinnig hulle in bietjie spasie is.

Die tuisspan se groot stut, Cecil Parsons, speel ook ‘n barshou hierdie jaar, saam met sy twee flanke, Alberto Argentino en Jayden de Jesus, kan hy groot moeilikheid veroorsaak vir die besoekers.

Sentraal se Blokke sal moet bontstaan om Voortrekker in toom te hou.

Die spanne is:

Hoërskool Trio t. Jim Fouché om 13:30:

Hoërskool Trio: 15 Jaco Steyn, 14 Haaron Kabeyam 13 BJ Pelser, 12 Charlten Basson, 11 Thuto Kekane, 10 Byron Biennas, 9 CJ Taljaard, 8 Tapiwa Mundeta, 7 Ewald Tolmay, 6 JP Botha, 5 Hencoe Kriek, 4 JD Kirstein, 3 Jesse Jordaan, 2 Justino Matteus, 1 Anrhu Mulder.

Jim Fouché: 15 Christiaan Strydom, 14 Altus du Plessis, 13 Wiandro Wiese, 12 Heinrich Hattingh, 11 Dillon Calitz, 10 Hanko Botha, 9 Tristan van der Walt, 8 Calvin Bolt, 7 CJ Raath, 6 Phillip Noëth, 5 SW van der Merwe, 4 Stefan van Rooyen, 3 Stean Marais, 2 Stefan Venter, 1 Bernard Labuschagne.

Witteberg t. Fichardtpark om 13:30:

Witteberg: 15 Sydwell Sethi, 14 Ashton Diedericks, 13 Kenyon Morat, 12 Nico van Rensburg, 11 Xavier Lotter, 10 Dries Stemmett, 9 Kirsten Fourie, 8 Daniel Meintjies, 7 Lesego Mosikidi, 6 Marco Grobler, 5 Gerard de Boer, 4 Pieter Nel, 3 Bongi Mbambo, 2 Jacques van der Merwe, 1 Zethu Mokhosi.

Fichardtpark: 15 Rubin Visagie, 14 Edward Mpinga, 13 Duan Viviers, 12 Dandré van der Merwe, 11 Janco Mollentze, 10 Dailen Geldenhuys, 9 Devanté Claassen, 8 Tumelo Leputla, 7 Wian Pienaar, 6 Jan-Nel du Plessis, 5 Nathan Dodd, 4 Jaco Grobbelaar, 3 Luhan du Plessis, 2 Jaco Janse van Rensburg, 1 Zaine van Zyl.

Voortrekker t. Sentraal om 13:30:

Voortrekker: 15 Tiaan van Rooyen, 14 Kamohelo Moses, 13 Hein Smith, 12 Craig Mann, 11 Kaneng Komane, 10 Johan Whithead, 9 Alexander Maree, 8 Dawid Fourie, 7 Alberto Argentino, 6 Jayden de Jesus, 5 Harry Kymdell, 4 Luttig Roux, 3 Cecil Parsons, 2 Hendrik Matthee, 1 Francois Maree.

Sentraal: 15 Pat Cloete, 14 Lee-Yagin Arendse, 13 Zander Brits, 12 Sarel Taljaard, 11 Jayden Betty, 10 Hendrik Jonker, 9 Schalk Linde, 8 Hanco du Rand, 7 Stephan de Lange, 6 Chris Kachelhoffer, 5 Steven Smith, 4 Damian van Zyl, 3 AJ Senekal, 2 Marnus Earle, 1 Van Zyl Hetzel.

 

Willem Louw
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.