JF troef Sentraal op tuisveld
DIE rugbyspan van Hoërskool Jim Fouché het Saterdag vir die eerste keer daarin geslaag om Sentraal op sy tuisveld sedert 2008 te verslaan. JF het die FNB Classic Clash tussen die twee spanne met 26-21 gewen.
) Grey-kollege het sy onoorwonne status behou deur Selborne-kollege in die Rosestad met 34-16 te troef. Die span se skrumskakel, Dian Badenhorst en die kantman De Wet Bezuidenhout het goed vertoon. Grey het ook vroeër in die week vir Sentraal met slegs die slot Jurie Burger as gereelde eerstespan speler in sy geledere met 34-0 verslaan.
) Louis Botha het Fichardtpark 54-14 met die kous oor die kop huis toe gestuur. Dié sege maak Louis Botha die vroeë gunsteling om as kampioen van die Vrystaatse A1-liga gekroon te word. Die wenspan se skakelpaar Shirwin Cupido (skrumskakel) en Ewan Adams (losskakel) het uitmuntende vertonings gelewer. Die senter Ali Mgijima, flank Victor Maruping en slot Gopolang Molefe was ook uitstaande.
) In die B1-liga gaan dit keer kos om President Steyn te stuit. Die Steyners het Brandfort 36-10 verslaan. Die vleuel Lee-hane Ontong en heelagter Abraham Nkuku is van die gevaarlikste spelers op die aanval in die liga.
Zastron het Hoërskool Bloemfontein met 52-0 geboelie. Die wedstryd is met nog 25 minute se speeltyd oor gestop. Zastron se vleuel, Molefe Kente het ’n driekuns aan drieë behaal. Die heelagter, Stefan Nel het self ’n persoonlike bydrae 22 punte tot die sege gelewer.
) Die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg se losskakel, Danie Muller het 24 punte in sy span se oorwinning van 54-0 oor NJ Heyns behaal.
Puntemakers:
Jim Fouché 26 (11) – Drieë: Brenden Peyper, Marco Coetzer, Danneel Stone. Doelskop: Tiaan Schutte. Strafdoele: Schutte (2). Skepdoel: Schutte. Sentraal 21 (13) – Drieë: Zirk Kok, DP de Lange. Doelskop: De Lange. Strafdoele: De Lange (3).
Grey-kollege 34 (20) – Drieë: Henry Slabbert (2), Janu Botha, Niell Stannard, Dian Badenhorst. Doelskoppe: Tokkie Kasselman (3). Strafdoel: Kasselman. Selborne-kollege 16 (10).
Grey-kollege 34 (22) – Drieë: Schalk Lombard (2), Glenn Erickson, Jacques Grobler, AJ Barkhuizen, Werner Roberts. Doelskoppe: Dawid Snyman, Tokkie Kasselman. Sentraal 0.
Louis Botha 54 (33) – Drieë: Ewan Adams (2), Greydon Wenn (2), Victor Maruping (2), Shirwin Cupido, Joseph Dweba. Doelskoppe: Jeandré Christiaan (6), Adams. Fichardtpark 14 (0) – Drieë: Jaco Potgieter, Emile Cloete. Doelskoppe: Stefan Klopper, Francois van Rooyen.
President Steyn 36 – Drieë: Lee-hane Ontong (2), Chris de Jager (2), Abraham Nkuku, Anthony Senekal. Doelskoppe: Fanie Griesel (3). Brandfort 10 – Drie: Stefan Wait. Doelskop: Henco de Wet. Strafdoel: De Wet.
Zastron 52 – Drieë: Molefe Kente (3), Stefan Nel (2), Jason Scorgie. Kghoto Potsane, Tsepo Kente. Doelskoppe: Stefan Nel (6). Hoërskool Bloemfontein 0.
St. Andrew 10 – Drie: Gau Aaron. Doelskop: Kevin Pretorius. Strafdoel: Pretorius. St. Alban-kollege 29.
Hendrik Potgieter 54 – Drieë: Danie Muller (2), PJ Thiart, Danie Hattingh, Charl Coetzee, Ganga Ndamase, William Casselman, Lukas Muller. Doelskoppe: Danie Muller (7). NJ Heyns 0.
Koffiefontein 46 – Drieë: Johan Meyer (2), Delano Jacobs (2), Enzo Nortjé (2), Ishmael Charlie (2). Doelskoppe: Kenneth Marsh (2), Meyer. Boshof 5.
- School Rugby Results – 17 May 2025 - 2025-05-17
- SDC Noordvaal Cup Results – 17 Mei 2025 - 2025-05-17
- Affies soek eerste sege in tien jaar teen gewonde Grey Kollege - 2025-05-16