SuperSport Schools News

Jansies oorgehaal om NWU Sportreeks-eindstryd te haal

By Franco Oberholzer , in Rugby | News , at 2024-04-11

Hoërskool Waterkloof het Saterdag ‘n groot taak op hande wanneer hulle tuis teen die onoorwonne Arende van Hoërskool Dr EG Jansen in die NWU Sportreeks te staan kom.

Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools. (www.supersportschools.com).

Die Jansies het verlede week hul aanslag in die reeks voortgesit met ‘n oortuigende sege van 49-28 teen die Rooibulle van HTS Middelburg.

Voor dit het die span van Boksburg ook al hul vorige teenstanders uit die pad gevee, grootliks danksy die feit dat hulle al hope rugby in die huidige seisoen saam gespeel het.

Die Klofies sal verál op hul hoede moet wees vir Storm Labuschagne, die Jansies se blitsige agtsteman. Labuschangne het verlede naweek se “Storm”-loop teen die Rooibulle met twee drieë van sy eie gelei.

Agterlangs kan uitgesien word na ‘n skouspelagtige tweestryd tussen die twee spanne se spelskeppers op losskakel. Matthew Bergman het tot dusver die seisoen nie ‘n voet verkeerd gesit nie, maar sal sy hande vol hê met Klofies se Franco Cronje, wat sy tande vir die uitdaging stryd slyp. Die Klofies se Cravenweek binnesenter, Happy Makate, maak ook sy terugkeer.

Marko Kok, Waterkloof se woelwater-agsteman, is dalk net wat nodig is om Labuschagne in toom te hou, terwyl Kok ook die Jansie-middelveld met sy wafferse barslopies sal besig hou.

In Middelburg wag HTS Middelburg se Rooibulle op Hoërskool Kempton Park. Die Kempies sal gretig wees om weer litte los te maak na ‘n langer breek, met die dat hulle in die vorige rondte ‘n loslootjie geniet het.

Kempies loop egter reguit in die leeukuil in, met die Rooibulle wat verlede naweek indrukwekkende momentum opgebou het teen EG Jansen. Dit was verál hul vertoning in die tweede skof wat die span se ondersteuners laat regop sit het.

In ‘n interessante ontwikkeling het die Rooibulle se breier, Jano Venter, besluit om Anthoni Smuts, wat verlede jaar gewoontlik op steelkantflank diens gedoen het, na binnesenter toe te skuif. Dit beteken dat die gevaarman, Johnny dos Santos, sy verskyning in die nr. 13-trui sal maak. Kayden Wessels vervang Smuts aan die kant van die skrum.

Darius Buytendach sal in plek van die beseerde Sphesihle Skosana, op regtervleuel, diens doen.

Die spanne: 

Hoërskool Dr EG Jansen t. Hoërskool Waterkloof om 12:45 in Pretoria

EG Jansen: 15 R-Jay Pieterson, 14 Jean-dre Claasen, 13 Jeandre Jacobs, 12 Steven Williams, 11 Keanu van Loggerenberg, 10 Matthew Berman, 9 Riekus van der Merwe, 8 Storm Labuschagne, 7 Divan Francis, 6 Zade-Leigh Rippenaar, 5 Zandre Naude, 4 Gerhard van Aswegen, 3 Duwan Potgieter, 2 Danre Pike, 1 Zian Marais.

Waterkloof: 15 Ronan Bastiaanse, 14 Malcolm George, 13 Riwan van Aswegen, 12 Happy Makate, 11 Dennis Obi, 10 Franco Cronje, 9 Migael Prinsloo, 8 Marko Kok, 7 Lendrey Janse van Vuuren, 6 Divan Botha, 5 Alrich Uys, 4 Stephan de Beer, 3 Jedri Swart, 2 Ruan Jacobs, 1 Juan Gouws.

Hoër Tegniese Skool Middelburg t. Hoërskool Kempton Park om 13:40 in Middelburg

HTS Middelburg: 15 Jaque Stassen, 14 Darius Buytendach, 13 Johnny dos Santos, 12 Anthoni Smuts, 11 CJ Muller, 10 WJ Enslin, 9 Reece Botha, 8 Tertius Bezuidenhout, 7 Kayden Wessels, 6 Toy Engelbrecht, 5 Sam Ndwandwe, 4 Janco Aucamp, 3 Kagiso Gumbi, 2 Hanro Terblanche, 1 Dirk du Plooy.

Kempton Park (moontlik): 15 Joshua Meyer, 14 Ettiene Stroebel, 13 Wian Rieckert, 12 Tiaan Delport, 11 Vaughn Fouche, 10 Marko Opperman, 9 Ryan Smith, 8 Preston Smith, 7 JP Barnard, 6 JP Roos, 5 Luann Schreuder, 4 Louis Mouton, 3 Zander Luckay, 2 Deon Mulligan, 1 Aiden Nepgen.

Franco Oberholzer
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.