SuperSport Schools Plus

Is die Cravenweek vir hoërskole nog relevant?

By Hannes Nienaber , in Rugby | News , at 2022-07-03 Tags:

NewsGKwaggaSmithKAAPSTAD. – Is die Cravenweek vir hoërskole nog relevant?

Die vraag sal vandeesweek op die velde van Rondebosch Boys’ High beantwoord word, na die gesogte toernooi vir twee jaar weens die Koronavirus-pandemie nie kon plaasvind nie.

Die Cravenweek het sedert sy ontstaan in 1964 ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van môre se sterre gespeel, maar die skolerugby-landskap het heelwat verander sedert 2019.

Meeste skolewedstryde word deesdae op verskeie platforms gebeeldsend. Die voorste skolespanne in die land is jaarliks op spogtoernooie soos die Wildeklawer-, Noord/Suid- en die onderskeie Paas-toernooie in aksie.

Talentwerwers vir SA Rugby asook die onderskeie unies en universiteite sien dus die meeste talent reeds raak voordat die spelers aantree om hul talente op die Cravenweek ten toon te stel.

Slegs 13 van die Springbokke wat in 2019 die Wêreldbeker verower het se skole tel vanjaar onder die voorste 20 skole in die land. So dit is belangrik vir spelers vanuit die ander skole om hul hand tydens vanjaar se Cravenweek op te steek.

‘n Goeie voorbeeld van so speler is Wêreldrugby se Speler van die Jaar vir 2019, Pieter-Steph du Toit, wat aan die Cravenweek vir Boland in 2010 vanuit die Hoërskool Swartland in Malmesbury deelgeneem het.

Elrich Louw wat gister sy buiging vir die Springbokke teen Wallis op Loftus Versfeld gemaak het vanuit Transvalia in Vanderbiljpark sy pad via die Cravenweek vir die Valke in 2017 oopgeveg.

‘n Speler wat vanjaar vir homself ‘n naam op die toernooi kan maak is die Pumas se flank Njabulo Shabangu wat ‘n leerling van Lowveld High is.

Die Pumas het in die nabye verlede oopkantflanke soos Kwagga Smith (Springbokke) en JC Pretorius (Blitsbokke) wat albei produkte van HTS Middelburg is opgelewer.

Die laaste keer wat die Cravenweek in Kaapstad aangebied was, was in 1967 toe Nuweland die gasheer was.

Die gasheer, die Westelike Provinsie, sal vanjaar ongetwyfeld die gunsteling wees om as nie-amptelike kampioen gekroon te word. Die feit dat daar vir die hele week boonop nog reën voorspel word sal nie tot voordeel van enige van die besoekende spanne wees nie.

Die antwoord op die aanvanklike vraag sal waarskynlik oor ‘n paar jaar eers beantwoord word, wanneer ons weet hoeveel toekomstige Springbokke vir die eerste keer op dié toernooi op die radar verskyn het.

Die Vrystaat is Donderdag as die nie-amptelike kampioen van die Grant Khomo-week (vir o.16-spanne) in Kimberley gekroon. Hy het die Sharks met 39-18 in die hoofwedstryd verslaan. Die Vrystaters was laas in 2018 die nie-amptelike kampioen.

Die Goue Leeus se o.13-rugbyspan het die Boland met 24-7 in die hoofwedstryde van die Cravenweek vir laerskole in Krugerdorp geklop.

Die jong Leeus het vroeër in die week die Westelike Provinsie slegs hul tweede nederlaag sedert 2013 op die week toegedien. Dit was ook dan die slegs die tweede keer sedert 2010 wat die Streeptruie nie in die hoofwedstryd in aksie was nie.

Die bepalings is:

Maandag, 4 Julie: 10:00 – Oostelike Provinsie t. Griekwas; 11:30 – Haaie t. Valke; 13:00 – Westelike Provinsie XV-tal t. Boland; 15:20 – Westelike Provinsie t. Grens.

Dinsdag, 5 Julie: 10:30 – Pumas t. Limpopo Blou Bulle; 12:00 – Griffons t. Luiperds; 13:30 – Suidwestelike Distrikte t. Vrystaat; 15:00 – Blou Bulle t. Goue Leeus.

Hannes Nienaber
error: Sorry ol' chap, those shenanigans are not permissible.