Hulle pak mekaar vanjaar in Virseker Beeldtrofee vir Makroskole
Die Virseker Beeldtrofee is die oudste skolerugby kompetisie in Suid-Afrika en vir buitestaanders soms ook een van die moeilikstes om te verstaan. School of Rugby het besluit om die onderskeie afdelings van die kompetisie uit te lê.
In die Makroskole-afdeling sal daar vanjaar 21 skole om die titel meeding. Die Blou Bulle het nege skole wat aan die Makroskole-afdeling deelneem. Die verdedigende kampioen, die Hoërskool Garsfontein, speel teen Menlopark en Waterkloof in die A-afdeling sake teen mekaar vir ‘n plek in die uitspeelwedstryde uit.
Zwartkop, Eldoraigne, Montana, Centurion, Wonderboom en HTS John Vorster speel teen mekaar in die B-afdeling. Die kampioen van die Blou Bulle se A-afdeling sal direk tot die Virseker Beeldtrofee se kwarteindronde.
Sedert verlede jaar neem die Goue Leeus, Valke en die Luiperds se Makroskole teen mekaar in ‘n liga deel wat ook twee afdelings het. In die A-afdeling pak Monument van Krugersdorp, EG Jansen van Boksburg, die Hoërskool Rustenburg, Kemptonpark en Marais Viljoen van Alberton mekaar.
Die voorste twee spanne van die A-afdeling dring ook direk tot die kwarteindronde van die Virseker Beeldtrofee deur. In die B-afdeling pak Florida, Noordheuwel van Krugersdorp, Jeugland van Kempton Park en Die Anker van Brakpan mekaar. Die twee voorste spanne van die afdeling sal dan eers teen die skole in die derde en vierde posisie in die A-afdeling uitspook om ‘n plek in die Virseker Beeldtrofee se uitspeelrondes.
In die Puma-streek speel die Hoërskool Nelspruit se Rhinos, HTS Middelburg se Rooi Bulle en die Hoërskool Middelburg teen mekaar sake uit om die twee plekke van die Pumas in die Virseker Beeldtrofee met die kampioen van wat direk toegang tot die kwarteindronde verkry.
Die Goue Leeus is vanjaar bo-aan die kompetisie se prioriteitslys wat beteken dat enige skool van die provinsie tuis teen die ander unies se skole in die uitspeelwedstryd van die Virseker Beeldtrofee sal speel. Die Luiperds, Blou Bulle, Valke en Pumas volg in die volgorde die Leeus op die prioriteitslys.
Makroskole vir vanjaar se Virseker Beeldtrofee:
| Blou Bulle | Goue Leeus | Luiperds | Pumas | Valke |
| Garsfontein | Monument | Rustenburg | HTS Middelburg | EG Jansen |
| Menlopark | Florida | Nelspruit | Kempton Park | |
| Waterkloof | Marais Viljoen | Middelburg | Jeugland | |
| Zwartkop | Noordheuwel | Die Anker | ||
| Eldoraigne | ||||
| Centurion | ||||
| Montana | ||||
| Wonderboom | ||||
| HTS John Vorster |




