Hulle pak mekaar vanjaar in Virseker Beeldtrofee vir Grootskole
Die Virseker Beeldtrofee vir Grootskole gaan vanjaar een van die felste afdelings in die reeks wees. Nie minder as 48 skole van die ses rugbyprovinsies noord van die Vaalrivier sal aan die kompetisie deelneem.
Verlede jaar se kampioen, Helpmekaar-kollege, sal weer vanjaar onder die gunstelinge tel. Helpies sal die Virseker Beeldtrofee vanjaar as die Goue Leeus se kampioen betree. Die kampioen van die Goue Leeus se liga sal die uitspeelrondes van die streekkompetisie as die naaswenner betree.
Veral in die Luiperds se liga gaan die vonke behoorlik spat. Potchefstroom Gimnasium het reeds in sy eerste wedstryd vir Lichtenburg met 31-30 verras. Die Liggies is die Pukke se Prestige-reeks se kampioen en ook een van die vroee gunstelinge in die Virseker Beeldtrofee. Klerksdorp en Potchefstroom Volkskool het ook nie spanne wat ligtelik opgeneem kan word nie.
In Limpopo het Ben Vorster en die Hoerskool Pietersburg reeds hul spiere gebult en sal hulle ook sterk aanspraakmakers op die titel wees. In die Valke het Transvalia, Vereeniging Gimnasium, Heidelberg Volkskool en Benoni High almal sterk spanne wat hulle vanjaar in die veld stoot.
Gerrit Maritz van Pretoria neem vanjaar aan die Blou Bulle se Mediumskole-liga deel, maar tel steeds in die Virseker Beeldtrofee as ‘n Grootskool. So neem Midstream College vanjaar in die Blou Bulle se Grootskole-afdeling deel, maar sal in die Virseker Beeldtrofee in die Mediumskole-afdeling deelneem.
Die Blou Bulle se gunstelinge om deur te dring tot die uitspeelrondes is Oos-Moot en die Hoerskool Tuine.
Die uitspeelmodel:

Grootskole vir vanjaar se Virseker Beeldtrofee:
| Blou Bulle | Goue Leeus | Limpopo | Luiperds | Pumas | Valke |
| Tuine | Helpmekaar | Ben Vorster | Lichtenburg | Standerton | Heidelberg Volkskool |
| Pretoria-Noord | Linden | Pietersburg | Potch Gimmies | Piet Retief | Hans Moore |
| Midstream College | Randburg | HTS Tom Naude | Potch Volkies | Secunda | Hugenote (Springs) |
| HTS Tuine | Hoërskool Alberton | Frikkie Meyer | Wesvalia | Ermelo | Transvalia |
| Oos-Moot | Riebeeckrand | Klerksdorp | Volksrust | Vereeniging Gimnasium | |
| Die Wilgers | Jan Viljoen | Hoogenhout | Oosterlig | ||
| Overkruin | Dinamika | Ligbron | Benoni High | ||
| Wagpos | Rob Ferreira | Dr. Malan | |||
| Gerrit Maritz | Bergvlam | Springs Boys’ High | |||
| HTS Witbank | Birchleigh | ||||
| Lydenburg | Driehoek | ||||
| Generaal Hertzog |




